5

Waterkaskenade W-week

Wat ‘n wonderlike week was dit nie! Dit het Maandag begin met ‘n wollerige wurm in ons huis en Vrydag vind ek uit was Internationale Wortel Dag! God het verseker ‘n sin van humor! Ek het nog nooit in my lewe so swart brandwurm gesien nie, maar Maandagoggend wikkel daar een in my huis. 🙂

20140405-152424.jpg

Weer
Dit was spesiaal om te hoor dat my kinders weer gretig is om te werk. My oudste sĂȘ die vakansie was lekker maar soms ‘boring’. So ek het twee, (drie wanneer babatjie nie slaap nie) gewillige leerlinge.
Ons het lekker weerkaart en dis toe dat ek besef my kinders ken nogsteeds nie al die dae van die week nie. Lollas was weer gewild met liedjie daaroor en aksies wat saamgaan. (Dis op hul tweede DVD, Dae van die Week.)

20140405-153250.jpgEk het die weerkaart ‘n paar jare terug gekry by Educational Toys in Lynnwood, Pretoria. http://www.edutoys.co.za/pages/about

Woorde
Sigwoorde vir die week is
wat, was, wie, wag

20140406-100658.jpg

Ons Temabord

Ilani moes met wit wol ‘n W plak. En ook met watte. Toe maak sy ‘n wieletjie raam met wit werf.

20140405-160716.jpg

20140406-100635.jpg

Wapenrusting

20140406-100525.jpg

Selfs klein Tenike speel met w voorwerpe en lees woorde boekies.

Wiskunde
Met die begin van die nuwe kwartaal, was dit goed om weer te tel en sommetjies te doen. Soos gewoonlik, soek ek wiskunde wat met ons tema letter te doen het. En daar was heelwat! Slimkoppies se boeke ‘Ek is drie’ asook Graad R en 1 Wiskunde waarborg goeie wiskunde. Ek gebruik ook Kumon Grade 1.

20140405-154209.jpg

Wetenskap
Ek was so bly om Bazoo tydskrif te vind oor water. (Ek het al die uitgawes bestel vanaf hulle webwerf http://www.bazoo.co.za)

20140405-154621.jpg
Daar was baie w-woorde daarin en my 3-jarige het heel week daarin gewerk. Een van die opskrifte is: ‘Wie woon in die water?’ Ek het die stories oor water gelees en daaruit vloei ons water eksperiment. Ons gesels toe oor die 3 vorms van water en ek kook die ketel om die stoom te wys. Ek hou ‘n bord oor die stoom om te wys hoe word dit waterdruppels teen die koue bord. En ons sit toe ys langsaan om al drie vorms bymekaar te hĂȘ. Toe word wolke bespreek en ek besef ek kan hulle nou die waterkringloop wys. Terug in die klaskamer, teken ek dit op ons swartbord muur en JanĂ©y teken haar eie Watersiklus in haar boek. Sy wou toe hĂȘ dat ek video van haar neem waar sy die werk verduidelik. Sy staan met haar boek en gee toe 2min praatjie oor water. 🙂

Dinsdag gebruik ons ons wetenskap boek om te leer oor wind. Dit was ‘n winderige dag wat goed vir ons gewerk het want ons het ‘n windwyser gemaak om die rigting van die wind te lees. Ek moes gou Google hoe lees mens wind en sien toe dat mens sĂȘ vanaf die rigting dit KOM, nie waarheen die wind waai nie. 🙂 Daai dag was toe ‘n sterk Noordelike wind.

Dis maklik om die wind-rigting aanduier te maak. Gebruik ‘n plastiek houer (Ons het ‘n lee feta houer gebruik) en maak ‘n gatjie vir ‘n potlood in die bodem. Die potlood moet ‘n uitveer hĂȘ aan die punt waarin ‘n duimspyker kan pas. Sny gleefie aan beide kante van ‘n strooitjie en maak die strootjie vas met die duimspyker aan die potlood. Sny dan 6 driehoekies uit dik papier. Twee driehoeke word gebruik as pyltjies wat in die gleefies van die strooitjie pas en die ander vier kan vasgeplak word aan die plastiek houer. My dogter het Noord, Oos, Suid en Wes op die driehoekies geksryf.

In ‘n sterk wind draai die stroooitjie taamlik goed maar hy is nogal styf en sal nie sommer in ‘n briesie kan beweeg nie.

20140405-155611.jpg
Natuurlik moes ek toe vir haar die vier rigtings leer en dan werk gee wat dit vaslĂȘ. JanĂ©y hou baie van kaarte, so sy was baie bly toe ek kaart van ons huis teken en die vier rigtings vir haar wys. Toe moes sy ‘n doringboom teken in die Noorde hoek van ons tuin (in haar boek) son in die Ooste, ons boma, Wes. Toe sĂȘ ons sommer die rympie
Noord, Suid, Oos, Wes
Tuis Bes!

4-Rigting Werkies

4-Rigting Werkies

Woensdag oefen JanĂ©y haar handskrif en skryf w weer en weer. Ons kyk in al ons verskillende alfabet boeke, posters en puzzles om die w woorde op te spoor. Ek lees van Wolraad Woltemade. Dis al waarvoor daardie storieboek, ‘Eendag op ‘n ReĂȘndag’, goed is, om die waarheid te sĂȘ. Die ander stories is werklik nie die soort wat ek vir my kinders wil lees nie.

20140405-160905.jpg

Ons het al drie saam geween oor die walvisse wat gestrand was op Kommetjie-strand. Gewaar op You Tube (http://www.youtube.com/watch?v=mc92JI1E684) Ek het nie bedoel om so hartseer video te kyk nie, ons het eers die walvis reddenspogings gekyk en toe was die storie ‘n link daarvan af. Dit was ‘n spesiale oomblik toe ons al drie saam tjank oor die arme walvisse wat hulself elke keer weer strand nadat helpende hande hulle in die see besorg het. Waarom maak die walvisse so?

Weef

My oupa was vir jare ‘n wewer (hoop dis reg?) Hy het in ‘n weef fabriek gewerk met groot weefmasjiene. Ek vind toe oulikke maniere om te weef in ‘n kuns boek en kies toe die boks loom manier van weef. Ons gebruik toe roomys stokkies wat ek voorheen by Jimnettes gekoop het en pas dit maklik in die kant van ‘n boks (wat ek ook nou versamel). Ons maak wit vol vas aan die een stokkie en trek dit styf, draai dit om die oorkantse stokkie tot die hele loom met wit wol strepe geryg is. Ons het eers met pienk wol onder en oor probeer weef maar dit het nie goed gelyk nie. Toe sny ek repe felt en JanĂ©y weef dit maklik deur die wol. Sy sĂȘ dit lyk soos iets vir Kersfees. Ons kan ‘n raam maak daarvoor met stokkies – het nog nie – sodat ons dit van die boks kan afhaal en moontlik teen ons Klaskamer muur hang.

Weef

Weef

Waldo die Walvis

Die Vrydag was die dag waarvoor ons almal uitgesien het! ‘n Wedren met seuns teen meisies en klomp w-aktiwiteite en woes watersport! Ons het eers met die stil aktiwiteit begin in die sitkamer waar ek vir hulle lees uit die boek wat ek geskryf het: Waldo die Walvis. Dis die storie van Jona vertel uit die oogpunt van die walvis. Dis op die oomblik die enigste een van my kinderstories wat gepubliseer is en was vir ‘n paar weke op Gospel Direct se Top Tien verkope. Ek het nog baie ‘Diere van die Bybel stories’. Vertrou dat die Here dit vir my gaan moontlik maak om te publiseer eendag! Ons het nog baie “Waldo die Walvis” boeke in voorraad, so as jy belangstel om een te koop, kontak ons kantore by 086 111 2629. Dit kos R80 posgeld ingesluit.

Waldo die Walvis deur Janet Kieswetter

Waldo die Walvis deur Janet Kieswetter

20140406-100719.jpg

Inkleur prente is deel van die boek

Om dit nog meer interessant te maak het ek vir elke kind ‘n ‘w’ gelamineer en op ‘n stokkie geplak sodat hulle dit kan oplig soos hulle ‘n w-woordjie hoor. So ek lees, lĂȘ bietjie klem om die w woorde en daar gaan die w stokkies op soos hulle dit hoor. Dis ‘n goeie luister tegniek, maar wees gewaarsku, as die storie TE interessant is, vergeet hulle om te luister vir die w woorde.

Waatlemoen, wurms in watte, w-stokke en wortelkoek

Waatlemoen, wurms in watte, w-stokke en wortelkoek

Ons het toe almal gedans op die Lollos liedjie, Dae van die Week en toe kon ons nie meer WAG vir die waterkaskenades nie.

Waterkaskenades

Watergewere was eers aan die beurt en danksy my vriendin was daar genoeg vir elkeen. Ek het met bordkryt groot W’s teen die muur geskryf en seuns en dogters het gekompeteer om dit af te spuit. Gelukkig was daar ‘n emmer water en kraan om die gewere weer vol te maak.

Toe gooi die kinders waterballonne teen ‘wolke’ (papierborde) op die muur. Daai aktiwiteit was vinnig verby.

Ons beweeg aan na die klein wasgoedlyn in ons agterplaas en daar staan twee mandjies gereed met wasgoed. Die kinders moes soek vir slegs die wit klere om op te hang.

Toe moes almal klouter deur die wit wol web. Mammas ook! 🙂

Toe speel die kinders bietjie volley ball met die aardbol (wĂȘreld).

Die laaste toets was die windpomp legkaart wat ek vroer die week gemaak het. Dis basiese vorms wat reggepak moes word deur om die voorbeeld prentjie te volg. Die meisies was eerste oor die wenstreep en kon dus hulle prys kry: om hulle handjies binne in ‘n vaas watte te druk en ‘n sweetie wurm uit te wriemel.

Dankie aan al die mammas en maatjies wat die Water en W-sportdag wonderlik gemaak het!

Amper vergeet ek ‘Wolf Wolf, hoelaat is dit?’ wat die kinders ook gespeel het. Die ‘wolf’ moes ‘n weermag hoed aantrek.

Wat ‘n wenner van ‘n week!

20140406-100502.jpg20140406-100443.jpg

 

 

 

 

 

 

 

 

 

1

Lekker lag L-week

Ek kan voel ek raak moeg. Ons is so halpad deur die kwartaal en ek wil net slaap. Dit help nie dat ek nog omtrent 4 keer ‘n nag opstaan vir liefiekind nie. Maar ek het ontdek wat my energie en lus maak vir homeschooling: ‘n lekker taak of klein projek. So lank ek iets interessants het om aan te werk, is my aandag daar! Ek is maar baie soos ‘n kind in die opsig, lol!

20140215-094439.jpg

Liniaal werk

Maandag het ons klomp liniaal werk gedoen. Ek het lyne in Janéy se boek getrek en en toe moes sy hulle meet met die liniaal. Dan loer watter lyn is die langste.

Die volgende dag moes sy items meet soos die uitveer, die CD en die potlood. Kleinsus Ilani het ook bietjie lyne getrek met ‘n liniaal. En haar naam geoefen.

20140215-095355.jpgAnder wiskunde werk is die nommerlyn wat ek aan my oudste bekendgestel het die week. Sy moes heelwat sommetjies uitwerk met die hulp van die nommerlyn.20140215-094943.jpg20140215-094954.jpg

Vir die lekker, het ons die L en l met litchis en liquorice lekkers uitgepak en toe geweeg watter van hulle is die ligste.

20140215-095013.jpg

Weeg die lekkers

Goeie luister vaardighede is prysloos vir grootmens lewe, so ons oefen gereeld om te luister en onthou. Hiers ‘n lysie luister oefening wat ons die week gedoen het.

Luister oefeninge:
Pak speelgoed wat ‘n geluid maak saam met enige musiek instrumente wat jy het langs mekaar uit. Laat sussie haar oĂ« toemaak of blinddoek haar vir meer opwinden en dan maak drie geluide na mekaar. Kundiges sĂȘ ‘n kind moet soeveel goed kan onthou soos hul ouderdom. Dus 3 geluide as sy drie is en 6 as sy ses jaar oud is. Blinddoek kom af en dan moet sy die drie intsrumente/speelgoed uitsoek en in die regte vilgorde pak van die geluide wat sy gehoor het.

20140215-093638.jpg

Diere geluide Luister speletjie

Dis die lekkerste om met konkrete items te werk maar jy kan ook prentjies gebruik en die geluide maak met jou mond. Byvoorbeeld, ‘n plaas toneel met klomp diere in. Bespreek al die diere en maak die geluide saam terwyl haar ogies oop is. Maak dan ogies toe en jy maak weer drie of so dier geluide. Dan wys sy jou met jou vinger wat sy gehoor het. Die is ouditiewe geheue speletjie en help baie vir toekoms lees vaardigheid. Kinders moet klankies kan hoor en herken met hul oĂ« en onthou om ‘n woord te bou.20140215-095035.jpg

Nog lekker luister en onthou speletjie is die waar jy winkel toe gaan en die inkopie lysie al hoe langer maak. Ons het dit gespeel met ons kos speelgoed. Janéy het haar oë toegemaak en ek het bv pizza, eiers, melk, lemoene en druiwe gekoop. Sy moes dan die kos uitpak in die regte volgorde.

Gebruik ook al die Luister en Lees CD-storieboek kombinasies wat jy jou hande op kan lĂȘ. En Lollos liedjies is altyd lekker! Hulle sing ‘Lief vir Lees’ op DVD 4.

Ons het lekker oor ons lyfies gesels. Ek het besluit om te leer oor die longe (al begin lippe en lewer ook met L). Die Klein Slimkoppies ontdek die Menslike Liggaam het een goeie prent in van die longe, maar die boek wat baie oulik gehelp het om te verduidelik wat die longe doen, was ‘How my body works – Breathing’.

20140215-095156.jpg20140215-095212.jpg20140215-095226.jpg

Daars ‘n goeie prentjie van die bloedselle wat koolstof dioksied kom aflaai in die longe en nuwe suurstof gelaaide bloed weer die bloedhaarvate binne loop. Ek het verduidelik dat daar nie regte sulke ‘mannetjies’ in ons lyfies is nie, maar dit help om ‘n visuele voobeeld daarvan te sien.

Ek het geGoogle om ‘n video te soek om vir die kinders te wys hoe werk ‘n long. Hiers die link. Toe wou ek ‘n eksperiment doen om te kyk hoe werk ‘n long. Dit was ook online. Ons het hierdie eksperiment probeer. Dis ‘n great webwerf! Science Sparks. Lekker loer!

Ons eksperiment het nie presies soos hulle s’n gewerk nie. Ek kon nie die ballon oor die onderste kant van die geknipte Coke bottel trek nie. Toe soek ek ‘n kleiner bottel en ‘n plastiek Energade het beter gewerk. Ons het ook nie ‘n strootjie gehad nie, toe gebruik ons sommer ‘n inspuiting sonder die in-spuit-ding. (Sien die foto.) Die ballon onder aan die bottel verteenwoordig die diafragma en soos mens inasem, rek jou diafragma afwaarts en jou longe word vol lug. Die een ‘long’ balon in die bottel het nie onsettend baie groter geword nie. Nie genoeg dat my kinders kon verbeel hoe die longe ‘expand’ nie. Maar as ons ons hande bo die inspuiting buisie plaas, dan kan ons voel hoe die lug weer uit’asem’ wanneer mens die diafragma-ballon los. So ek twyfel of hulle die hele konsep gesnap het. Hierdie was moontlik ‘n eksperiment meer vir mamma se genot as die liefie s’n.

20140215-133342.jpg20140215-133352.jpg

Ons het al die leeu boekies en stories wat ons het gelees. Ook van Daniel en die Leeukuil! Daar is heelwat programme oor Leeus op National Geographic op die oomblik, so toe ‘tape’ ek almal en sit een middag vir die kinders aan. Letwel, moet nie The Lion’s Game vir jou kinders wys sonder dat jy naby is nie! Dit kan nogal geweldadig raak! Leeus is wild en kan soms tot soos kannibale optree! Gelukkig was daar makker leeu stories. The Lion Whisperer is ons eie Suid-Afrikaner Kevin Richardson wat sommer saam met sy leeus lĂȘ en hulle lywe kielie! Glad nie die werklikheid van wilde leeus nie. Nie regtig my kinders se aandag lank behou nie.

20140215-095246.jpg20140215-095254.jpg

Toe onthou ek lensies! En het ‘n pak rooi lensies in die spens uitgehaal. 20140215-095308.jpg20140215-095324.jpgEn besluit om hartjies van lap te maak en te vul met lensies. So in plaas van boontjiesakke, is hulle harte-gevormde lensiesakke. 🙂

Ek het gesukkel om my oudste van die rekenaar speletjies weg te skeur. Ek en een keer in ‘n Kinderwerf pretpak, Loebie rekenaar speletjies ontvang. Ek is nie mal oor die draak karakter nie, maar hier bou sy lekker rekenaar Loebie en lyfie legkaart. Rekenaar vaardighede verskil natuurlik van ‘touch-screen’ vermoĂ«, met die muis en beheer van die pyltjie. Maar ek moes giggel toe my drie-jarige haar vinger op die laptop skerm plaas en die pyltjie so probeer beheer.

20140215-095337.jpg

Die highlight van die week was verseker die Ligtoring! Een middag (sonder enige vooraf beplanning) het ons begin om te werk aan ‘n lighuis. Ons het al lank hierdie harde karton buise ontvang in die pos toe ek posters bestel by Immergroen Ouerskap. En gelukkig het ons wit en rooi verf gehad. Oupa Roy het foto gestuur van homself langs hulle plaaslike ligtoring daar op hulle Engelse eiland. Na die rooi en wit strepe geverf was, moes ons plan maak vir die lig gedeelte. Daar lĂȘ in die speelkamer al dae lank, ‘n kopflits hier agtergelaat deur my broer. Die liggie het nog gewerk en toe ons dit vasmaak aan Tenike se baba speelding, word dit dadelik ‘n lig wat selfs in die rondte beweeg en liedjie speel! Ons pak als buite saam en gebruik die opblaas skip op die toneel te sluit. Die lid wat na my toe kom wanneer ek saam die kinders die lighuis bou is Elvis Blue se lied: You are my Lighthouse. Luister daarna hier.  20140215-095451.jpg

20140215-095503.jpg

Ek het sticker bestel van Fantastick en op ons spaarkamer muur geplak. Dit lees: “Live well, Love much, Laugh often.”

20140215-095513.jpg

5

Afrikaanse Hulpbronne vir Voorskool en Laerskool

Ek het lank geworstel oor watter taal om my kinders in te onderrig. Ek ken ‘n paar homeschool gesinne wat suksesvol onderwys gee in Engels terwyl hulle huistaal Afrikaans is. Verseker is die aantal beskikbare Engelse kurrikulums en hulpbronne heelwat meer as Afrikaans. Online videos, werkkaarte, blogs en gratis kurrikulums is daar baie! In Engels! (Sal hieronder links post tot die paar wat ek van weet.)

En natuurlik as jy gaan homeschool tot Matriek, is die enigste Afrikaanse opsie, die staat matriek (NSS) . Terwyl goeie Engelse opsies Cambridge, Amerikaanse GED, en die SAT. (Meer hieroor op ‘n ander dag.)

Ek is self tweetalig maar voel akademies sterker in Engels omdat ek in Engelse skole was as kind. Daar is nie twyfel dat dit noodsaaklik is, in vandag se World-Wide-Web wĂȘreld, vir n kind om gemaklik te wees met Engels lees en skryf nie. So, hoe gemaak?

‘n Vriendelike tuisskool mamma  het my goeie raad gegee. Sy sĂȘ Afrikaans is ‘n makliker taal as Engels. So, ons kan begin leer lees en skryf in ons huistaal en dan binnekort, (sy het gesĂȘ ‘laat jou kind jou lei’) Engels in bring. Sy sĂȘ haar kinders het maklik die skuif gemaak na Engels toe.

Die ander ding wat ek moes oorweeg is dat my kind Graad R (0) in Afrikaans gedoen het en so al klaar die letter en klanke van die alfabet in Afrikaans geleer het. Sou ek nou skielik Engelse klankies inbring is daar moontlikheid van verwarring.

Dis waar dat Engels orals om ons is. My kinders leer Engels deur kinder televisie stories, asook boeke wat ek vir hulle lees. Hulle oupa’s is Engels en sommige maats ook! My oudste geniet om nou en dan ‘n Engesle gesprek met my of Timothy te voer, so sy leer dit sommer in die verbygaan. En wanneer ons Afrikaans onder die knie het en sy begin met verlange kyk na Engelse storie boeke, sal ons met die Engelse alfabet begin. Intussen doen ons Engels woordeskat en vertaal klomp woorde sommer terwyl ons in die kar ry.

Jou keuse van watter taal om mee te BEGIN homeschool gaan jou keuse van kurrikulum en boeke aankope beĂŻnvloed. So, as jy nog onseker is, wag nog so rukkie. Maar ek het vir eers die Engelse alfabet plakkate gebĂȘre en al die Afrikaanse alfabet aktiwiteite versamel wat ek my hande op kon kry.

Afrikaanse Hulpbronne vir Voorskool en Grondleggingsfase

Ek het paar goedkoop aankope gemaak by http://www.leerafrikaans123.co.za/ Hulle e-pos vir jou die leesboekies en werkkaarte en mens druk dit eenvoudig uit. Hulle het baie goeie Klankie oefen werkkaarte vir Graad R-3.

Ek is seker julle het Slimkoppe se reeks al ontdek! Ek het dit in Dischem en Exclusive Books en Bargain Books. Wow, dit is pragtig kleurvolle boeke wat voldoen aan die Nasionale Kurrikulum en Assesserings-beleidverklaring (NKABV). Na my mening is dit ‘n MOET koop vir tuisskool mammas. http://www.slimkoppe.co.za Wat ek van hou van hierdie reeks en wat vir my baie belangrik is, dis trots Suid-Afrikaans. Dit lĂȘ klem op ons reenboog nasie en al ons nasies is verteenwoordig in die prentjies en name.

Image

Hulle het nou ook ‘n Lees reeks uit. Ek versamel hulle, maar sal hulle eers na Lees Afrikaans 123 se leesboeke gebruik. Vlak 1 is nog steeds nie vir my eenvoudig genoeg vir beginner leesertjies nie.

Wonderlike Afrikaanse hulpbron is dan ook www.kinderwerf.co.za  Hulle het klomp gratis werkkaarte wat hul ook e-pos en hul pakkette is uitstekend uiteengesit! Ek het so pas hul 10 Weke Skoolgereedheid kursus klaar ontvang. Dit was slegs R120! Elke Maandag het ek e-pos ontvang met gemiddeld 22 bladsye se aktiwiteite en vaardighede wat Graad R kinders moet kan doen. Dit is puik!

Dan het ek pragtige Suid-Afrikaanse tydskrif in Pick ‘n Pay ontdek: Bazoo (die karakter is ‘n Proudly South African skilpad). Dit adverteer as ‘n Afrikaanse Kleutertydskrif met stories en aktiwiteite vir 4-7 jariges. My 3-jarige het die baie geniet! Sy kon al die aktiwiteite maklik doen waar dit nie my 5-jarige se belangstelling behou het nie. (Sy verkies Barbie tydskrifte.) www.bazoo.co.za Ek hou van hoe Bazoo my kind gaan leer van Suid-Afrika. Ons provinsies, ons vlag, ons geld, ons mense! So my kind gaan meer as een vak doen met hierdie tydskrif. Hulle het nou Somerpromosie van al 27 vorige uitgawes met so paar ander great produkte daarby! Gaan loer gerus.

Image

En dan, is my my kleutertjie, soos baie Suid-Afrikaners se kleinspan, ‘n  groot aanhanger van Lollos! Sjoe, Alta en Minki het goed gedoen met die konsep en hulle Facebook blad is druk besig. Ek het onlangse hul kleuter werkboek bestel en was baie opgewonde om dit te ontvang! Ek sien dis maar baie eenvoudige werkies, maar sal jou Lollos aanhanger happy en besig hou! www.lollos.co.za

Image,Image
Soos julle kan sien, is daar heelwat produkte op die mark vir ons Afrikaner kindertjies!

Vriendelike groete

Janet