0

Die Yummy Alfabet

Die idee is om so baie sintuie te betrek by die aanleer van die Alfabet as moontlik. En wat beter manier as soet, sappige eetgoed? Waarin jy jou vinger kan doop en die letter vorm en dan aflek! Dan proe jy die letter en sien dit en ruik dit en hoor dit as mamma dit vir jou sê en voel dit met jou vinger. Die Yummy Alfabet maak gebruik van al 5 die sintuie!

Ek werk al jare aan die alfabet en het dit laas jaar, 2020, voltooi. Ek het in die verlede, hier en daar fotos geneem van letters, maar nog nooit die hele alfabet week na week aan gewerk soos die jaar op my WhatsApp Klub nie. Met die help van ‘n sekere slim seuntjie! Christo Kemp het so ingekoop in die idee van eetbare letters dat hy vir my idees elke week begin stuur het. So kon ek Yummy goed kry vir moeilike letters soos Q en X! Wag en kyk hoe kreatief was Christo.

Baba kossies is ideaal vir die Yummy Alfabet. Dis lekker en loperig en kinders kan hulle letters daarin skryf.

Ek het sopas ‘n beter idee vir die Letter B gekry. Butterscotch geur instant pudding. Daardie vinnige mengsel met melk. Wat is Butterscotch in Afrikaans? Botterskorsie?

Hierdie idee is minder yummy. Watse kind hou van Butternut sop?
Soms mag jy die eetgoed uitpak.
Gonna, hierdie eier hoort ook moontlik nie op die Yummy Alfabet nie. Gebruik eerder die lekkergoed wat sjokolade eiertjies is. Of Paaseiers as jy dit in die hande kan kry.
Toe kry ek hierdie idee.
Soms moet ek kroek met Engelse woorde.
Ons het fondant wanneer dit verjaarsdae tye by ons is. Dis soos edible klei! Baie lekker om daarmee te rol en vormpies maak.
Speserye soos gemmer en kaneel kan werk. Vir sommige kinders.
Nog H idees iemand? Dit moet lekker wees en eetbaar. Heuning was al voorgestel maar dis te loperig. Mens moet die h kan skryf en dit bly daar. 😄
Hier is die Instant poeding wat ek vroer van gepraat het. Selfs in sy poeier vorm is dit lekker!
J vir jellie! Enige geur jellie is lekker!

Ek het ook appelkoos konfyt al probeer. Dit smeer bietjie moeilik maar mens kan k daarin skryf. Koffie  is nie vir kinders nie maar kan werk vir moë mammas.

Wat lyk vir jul beter? Litchis met skil of sonder skil?
Hier is waar ek krediet begin gee aan Christo en sy mamma Tanya.
Pienk Pronutro is ideaal om die p letter in te oefen. Kinders verwar dikwels die p met 9 of b. So, om die letter oor en oor te skryf met hul vinger in Pronutro pappies werk goed!
Dankie aan Christo Kemp vir die slim idee en foto!
Hierdie vlae kan ook werk vir letter v, maar ons het dit gebruik vir U vir Ultramel. 😄
V vir Versiersuiker
Dankie Kemps vir die twee! 👆
Asook die volgende twee 👇

Julle sal sien dat sodra jy jouself instel om te soek vir eetbare Alfabet idees, dan dink jy sommer baie daaraan! Ek loop deur die winkels en sien nuwe produkte of wonder dadelik waarmee begin daardie eetgoed. Of besef eers as ons klaar geëet het, dat dit perfek sou wees vir die Yummy Alfabet!

Lekker leer en lippe aflek!

2

C is vir China

So ek wou eintlik deur die alfabet werk met Bybelkarakters maar vind toe nie een met ‘n C naam nie! Selfs ‘Caleb’ in Engels word Kaleb in Afrikaans. Toe besluit ek om sommer oor China te leer! En ek en die kinders het so baie ontdek oor die land en haar mense!

En voor jy vra is China nie so gespel nie: Sjina? Dalk iewers, maar in al die naslaan boeke wat ek gelees het was dit met ‘n C gespel.

Alfabetland was die boek wat vir my eers laat besluit het om China te besoek. My 4-jarige moes die werk in die boek doen. Sy leer nou die alfabet klankies en skryf die letters vir die eerste keer.

2015/02/img_1400.jpg

En ons begin ons lapboek deur ‘n collage van die Chinese vlag te maak. ‘Collage’ is nog ‘n woord wat in Afrikaans met ‘n C begin!

2015/02/img_1401.jpg

Die Chinese skrif op die voorblad is die woord China! Wat ‘n opwindende ontdekking was die Chinese ‘alfabet’ of simbole nie! Elke simbool verteenwoordig ‘n woord in plaas van letters wat ‘n woord spel. My kinders was beindruk met die dissipline van die Chinese om lewenslank nuwe simbole aan te leer en dit so perfek en netjies te leer skryf. ‘n Baie oulike uitbeelding van die Chinese simbole vir kinders is te vinde hier.
Janéy moes 4 simbole teken en hul oorstemmende Afrikaanse betekenis vir ons lapbook. Vir die nuuskieriegie agies onder julle, die boonste woord is huis, derde een is water en die laaste simbool is boom.

2015/02/img_1275.jpg

Ons het agter op baie speelgoed gekyk om te sien of dit in China gemaak was en wraggies, was daar klomp ‘Made in China’ goed in ons huis! Dit het my dogter laat aflei: ‘Sjoe, China maak baie goeters!’ En toe kon ons massa produksie bespreek en die invoer van produkte en die feit dat hulle baie mense het, daarom baie werkers en baie fabrieke.

2015/02/img_1398.jpg

Ek lees toe uit ons pragtige ‘Kinders van die Wêreld’ boek oor kinders se lewens in China. Alhoewel die boek taamlik oud is, is die pragtige prentjies en stories tydloos.

2015/02/img_0759.jpg

Natuurlik moes ons gaan uiteet by ons naaste Chinese Restaurant. Daar gesels ons met die kelnerin en hoor sy heil uit Beijing waar haar ouers nou nog woon. Ons het lank gekyk na die manne wat sushi rol en hoe dit gedoen word. Daar het my kinders ook die Budda standbeeld raakgesien en ek verduidelik dat sommige Chinese glo in Jesus en Christene is terwyl baie in ‘n ander god glo.

2015/02/img_1399.jpg

Terug by ons lapbook en my kinders werk saam aan Feite van China. Ilani teken oor die kolletjies wat ek vir haar gemaak het en ook die mense wat die populasie van China verteenwoordig, die berge en riviere. Janéy skryf die feite onder die prentjies neer. ‘n Webwerf wat my nogal fasineer het is http://www.worldometers.info/world-population/china-population/ Dit wys die populasie telling van ‘n land en hoe dit ‘Live’ groei! (Wat is ‘Live’ in Afrikaans? Lewendig? Eerder werklik!) Ek wys die kinders hoe die 1, 398, 567, 424 voor ons oë oorslaan tot 1, 398, 567, 425! En vinnig gaan die telling op en op. Ek vertel my kinders dat baba’s NOU gebore word en so neem die populasie toe. Vir lapboek doeleindes het ons maar afgerond tot 1,4 biljoen. Die grootste volk in die wêreld!

Janéy skryf toe ook die naam van die grootste bergreeks en rivier.

2015/02/img_1273.jpg2015/02/img_1272.jpg

 

Ek het baie gebruik gemaak van die boek: Antieke Wêreld
Dit help om akkurate, tog eenvoudige feite aan my kinders oor te dra. Ook die korrekte Afrikaanse se woorde vir goed. Die prentjies is baie mooi ook. Hiervan, kies ek watse inligtingg gaan ons in die lapboek vertoon.

2015/02/img_1264.jpg2015/02/img_1265.jpg

 

Die Groot Muur van China moet verseker in kom en ons sny en vou papier om soos die Groot Muur te lyk. Janéy skryf so paar feite in en wou graag ook ‘n prentjie by elke feit byteken. Ek het nie geweet dat daar baie dele van die muur gebou was nie. Regoor China is daar lang stukke muur! Die langste stuk wat aaneen is, strek meer as 6000km maar al die dele muur saam is eintlik meer as 20 000km!!

Die Groot Muur van China

Die Groot Muur van China

China is bekend vir hulle uitvindsels en ontdekkings! Honderde, selfs duisende jare voor die res van die wêreld, het China papier ontdek asook ink en daarom het hulle boeke gebind en boekwinkels gehad jaaaare voor die Westerlike wêreld. Hoekom dink jy is hierdie nasie so slim?

Ons maak toe ‘n klein koevertjie en my kinders teken en skryf die uitvindings neer en plaas hulle in die koevert.

2015/02/img_1276-0.jpg

Ek was eers oppad om my kinders van die Chinese Zodiac te leer en die diere wat vir hulle belangrik is. Ek het ongemaklik gevoel met hierdie heiden lering maar het gedink die diere sou interessant wees om te teken. Gelukkig het my goeie vriendin Dominique my reggehelp! Sy behandel ook China in hulle tuisskool en sy fokus op die kultuur verskille van die land en nie die godsdiens nie. Sy vertel my toe van die Nasionale dier, boom, vrug en sport van China! En daar het ek weer baie inligting vir ons lapboek! Janéy teken toe lekker aan al die prentjies van goed wat belangrik is in China!

2015/02/img_1270.jpg2015/02/img_1269.jpg

My man se versameling van geld het so handig ingekom want toe kon ons na regte Chinese geld kyk, al is dit bietjie verouderd.

2015/02/img_1277.jpg

 

Janéy het ‘n Chinese huis geteken vanaf ‘n prent en Ilani het dit geverf.

2015/02/img_1199.jpg2015/02/img_1279.jpg

Toe ek sien dat die Chinese Nuwe Jaar op die 19de Februarie val, weet ek dat ons saam ons maats dit moet vier! So ek en Dominique sit koppe bymekaar en geniet ‘n prettige Chinese Nuwe Jaar saam! Kompleet met ‘fried rice’, chopsticks en lanterne! Ons kinders het karton rooi geverf en toe dit droog was, gesny. Die lanterne was so maklik om te maak en so feeslik!

2015/02/img_1243.jpg

2015/02/img_1252.jpg Eet lekker saam en met chopsticks!

 

Dominique het prawn chips gebraai en ek het rys en hoender in die wok gemaak. Ons het die kinders gelos om lekker saam te speel. Hulle het wel vir mekaar gewys wat hulle die week geleer het en gelag oor die ‘Ni hau’ Chinese groet.

Dominique het vir ons rooi koeverte gekoop en sjokolade geld daarin gesit omdat dit tradisie is om geld te gee vir kinders in rooi koeverte op Chinese Nuwejaars. Sy het ook haar voorraad uitgedrukte blaaie met my gedeel sodat ons lapboek lekker vol kon wees.

2015/02/img_1268.jpg2015/02/img_1274.jpg

IMG_1217

Prawn Chips

Fried Rice

Die eind produk!

Die eind produk!

2015/02/img_1251.jpg

Ons almal het opge’dress’ vir die geleëntheid.

My hart voel teer soos ek skryf. Die nasie van China is so ver verwyder van my lewe hier. Tog is daar amper 1,4 biljoen mense daar. Ek kan nie help om te voel dat hulle besige miere is in ‘n muurhoop wat rondskarrel en hulleself dood werk vir oorlewing. (Soos ons almal eintlik maar doen.) En tog kyk die Here neer en ken elkeen by naam. Weet van elke swart haar op elke mooi ronde gesig. Hy gee om. Hy weet van hulle. En dit is ‘n troos om te weet.

Kom ons bid vir die Kerk in China. Hulle het ons gebede baie nodig! https://www.youtube.com/watch?v=rxX2_D11qBw

1

Lekker lag L-week

Ek kan voel ek raak moeg. Ons is so halpad deur die kwartaal en ek wil net slaap. Dit help nie dat ek nog omtrent 4 keer ‘n nag opstaan vir liefiekind nie. Maar ek het ontdek wat my energie en lus maak vir homeschooling: ‘n lekker taak of klein projek. So lank ek iets interessants het om aan te werk, is my aandag daar! Ek is maar baie soos ‘n kind in die opsig, lol!

20140215-094439.jpg

Liniaal werk

Maandag het ons klomp liniaal werk gedoen. Ek het lyne in Janéy se boek getrek en en toe moes sy hulle meet met die liniaal. Dan loer watter lyn is die langste.

Die volgende dag moes sy items meet soos die uitveer, die CD en die potlood. Kleinsus Ilani het ook bietjie lyne getrek met ‘n liniaal. En haar naam geoefen.

20140215-095355.jpgAnder wiskunde werk is die nommerlyn wat ek aan my oudste bekendgestel het die week. Sy moes heelwat sommetjies uitwerk met die hulp van die nommerlyn.20140215-094943.jpg20140215-094954.jpg

Vir die lekker, het ons die L en l met litchis en liquorice lekkers uitgepak en toe geweeg watter van hulle is die ligste.

20140215-095013.jpg

Weeg die lekkers

Goeie luister vaardighede is prysloos vir grootmens lewe, so ons oefen gereeld om te luister en onthou. Hiers ‘n lysie luister oefening wat ons die week gedoen het.

Luister oefeninge:
Pak speelgoed wat ‘n geluid maak saam met enige musiek instrumente wat jy het langs mekaar uit. Laat sussie haar oë toemaak of blinddoek haar vir meer opwinden en dan maak drie geluide na mekaar. Kundiges sê ‘n kind moet soeveel goed kan onthou soos hul ouderdom. Dus 3 geluide as sy drie is en 6 as sy ses jaar oud is. Blinddoek kom af en dan moet sy die drie intsrumente/speelgoed uitsoek en in die regte vilgorde pak van die geluide wat sy gehoor het.

20140215-093638.jpg

Diere geluide Luister speletjie

Dis die lekkerste om met konkrete items te werk maar jy kan ook prentjies gebruik en die geluide maak met jou mond. Byvoorbeeld, ‘n plaas toneel met klomp diere in. Bespreek al die diere en maak die geluide saam terwyl haar ogies oop is. Maak dan ogies toe en jy maak weer drie of so dier geluide. Dan wys sy jou met jou vinger wat sy gehoor het. Die is ouditiewe geheue speletjie en help baie vir toekoms lees vaardigheid. Kinders moet klankies kan hoor en herken met hul oë en onthou om ‘n woord te bou.20140215-095035.jpg

Nog lekker luister en onthou speletjie is die waar jy winkel toe gaan en die inkopie lysie al hoe langer maak. Ons het dit gespeel met ons kos speelgoed. Janéy het haar oë toegemaak en ek het bv pizza, eiers, melk, lemoene en druiwe gekoop. Sy moes dan die kos uitpak in die regte volgorde.

Gebruik ook al die Luister en Lees CD-storieboek kombinasies wat jy jou hande op kan lê. En Lollos liedjies is altyd lekker! Hulle sing ‘Lief vir Lees’ op DVD 4.

Ons het lekker oor ons lyfies gesels. Ek het besluit om te leer oor die longe (al begin lippe en lewer ook met L). Die Klein Slimkoppies ontdek die Menslike Liggaam het een goeie prent in van die longe, maar die boek wat baie oulik gehelp het om te verduidelik wat die longe doen, was ‘How my body works – Breathing’.

20140215-095156.jpg20140215-095212.jpg20140215-095226.jpg

Daars ‘n goeie prentjie van die bloedselle wat koolstof dioksied kom aflaai in die longe en nuwe suurstof gelaaide bloed weer die bloedhaarvate binne loop. Ek het verduidelik dat daar nie regte sulke ‘mannetjies’ in ons lyfies is nie, maar dit help om ‘n visuele voobeeld daarvan te sien.

Ek het geGoogle om ‘n video te soek om vir die kinders te wys hoe werk ‘n long. Hiers die link. Toe wou ek ‘n eksperiment doen om te kyk hoe werk ‘n long. Dit was ook online. Ons het hierdie eksperiment probeer. Dis ‘n great webwerf! Science Sparks. Lekker loer!

Ons eksperiment het nie presies soos hulle s’n gewerk nie. Ek kon nie die ballon oor die onderste kant van die geknipte Coke bottel trek nie. Toe soek ek ‘n kleiner bottel en ‘n plastiek Energade het beter gewerk. Ons het ook nie ‘n strootjie gehad nie, toe gebruik ons sommer ‘n inspuiting sonder die in-spuit-ding. (Sien die foto.) Die ballon onder aan die bottel verteenwoordig die diafragma en soos mens inasem, rek jou diafragma afwaarts en jou longe word vol lug. Die een ‘long’ balon in die bottel het nie onsettend baie groter geword nie. Nie genoeg dat my kinders kon verbeel hoe die longe ‘expand’ nie. Maar as ons ons hande bo die inspuiting buisie plaas, dan kan ons voel hoe die lug weer uit’asem’ wanneer mens die diafragma-ballon los. So ek twyfel of hulle die hele konsep gesnap het. Hierdie was moontlik ‘n eksperiment meer vir mamma se genot as die liefie s’n.

20140215-133342.jpg20140215-133352.jpg

Ons het al die leeu boekies en stories wat ons het gelees. Ook van Daniel en die Leeukuil! Daar is heelwat programme oor Leeus op National Geographic op die oomblik, so toe ‘tape’ ek almal en sit een middag vir die kinders aan. Letwel, moet nie The Lion’s Game vir jou kinders wys sonder dat jy naby is nie! Dit kan nogal geweldadig raak! Leeus is wild en kan soms tot soos kannibale optree! Gelukkig was daar makker leeu stories. The Lion Whisperer is ons eie Suid-Afrikaner Kevin Richardson wat sommer saam met sy leeus lê en hulle lywe kielie! Glad nie die werklikheid van wilde leeus nie. Nie regtig my kinders se aandag lank behou nie.

20140215-095246.jpg20140215-095254.jpg

Toe onthou ek lensies! En het ‘n pak rooi lensies in die spens uitgehaal. 20140215-095308.jpg20140215-095324.jpgEn besluit om hartjies van lap te maak en te vul met lensies. So in plaas van boontjiesakke, is hulle harte-gevormde lensiesakke. 🙂

Ek het gesukkel om my oudste van die rekenaar speletjies weg te skeur. Ek en een keer in ‘n Kinderwerf pretpak, Loebie rekenaar speletjies ontvang. Ek is nie mal oor die draak karakter nie, maar hier bou sy lekker rekenaar Loebie en lyfie legkaart. Rekenaar vaardighede verskil natuurlik van ‘touch-screen’ vermoë, met die muis en beheer van die pyltjie. Maar ek moes giggel toe my drie-jarige haar vinger op die laptop skerm plaas en die pyltjie so probeer beheer.

20140215-095337.jpg

Die highlight van die week was verseker die Ligtoring! Een middag (sonder enige vooraf beplanning) het ons begin om te werk aan ‘n lighuis. Ons het al lank hierdie harde karton buise ontvang in die pos toe ek posters bestel by Immergroen Ouerskap. En gelukkig het ons wit en rooi verf gehad. Oupa Roy het foto gestuur van homself langs hulle plaaslike ligtoring daar op hulle Engelse eiland. Na die rooi en wit strepe geverf was, moes ons plan maak vir die lig gedeelte. Daar lê in die speelkamer al dae lank, ‘n kopflits hier agtergelaat deur my broer. Die liggie het nog gewerk en toe ons dit vasmaak aan Tenike se baba speelding, word dit dadelik ‘n lig wat selfs in die rondte beweeg en liedjie speel! Ons pak als buite saam en gebruik die opblaas skip op die toneel te sluit. Die lid wat na my toe kom wanneer ek saam die kinders die lighuis bou is Elvis Blue se lied: You are my Lighthouse. Luister daarna hier.  20140215-095451.jpg

20140215-095503.jpg

Ek het sticker bestel van Fantastick en op ons spaarkamer muur geplak. Dit lees: “Live well, Love much, Laugh often.”

20140215-095513.jpg

1

Nóg K-aktiwiteite

Ek geniet nou so baie die letter van die alfabet tema, dat ek sommer oor die naweek nog k-klankie aktiwiteite gedoen het, ek kan myself nie keer nie! 🙂

20140112-202423.jpg

Ek het my kinders die basiese beginsels van krieket geleer. Ek het gekolf, Ilani het geboul en Janéy was die veldwerker. Klein Tenike het aangekyk met koue appel in die hand. Ek het ‘n hele paar lopies aangeteken voor Janéy my uitgekry het, maar ander sus wou nie hê mamma moes uit wees nie, sy kry my te jammer. Janéy het die op en af hardloop in elk geval geniet so toe bly ons maar in daardie posisies. Dit was lekker pret!

‘n Baie oulike alfabet boek is ‘n Annerste ABC-boek vir aspatatte deur Maritha Snyman. Die kinders leer goeie woordeskat aan terwyl hulle na pragtige prente kyk. Die K-rympie is soos volg:

Krokodil kielie sy kitaar
En Koedoe pluk aan ‘n enkel-snaar.
Skril klink die klank uit Kanarie se keel.
Dalk moet sy eerder leer blokfluit speel.

20140112-203519.jpg

Ek het ook die baie oulike storie van Krisjan die Kameelperd vertel in die boek ‘Kameelperde kan nie dans nie’ deur Giles Andreae. Daar is klomp goeie k-woorde tussendeur die storie, bv knopperige knieë, knibbel en knak. Ek dink die skrywer was juis uit om so veel moontlik k’s in te sit!

Klere knip van felt is nog ‘n k-aktiwiteit. Ek sou graag meer tyd wou spandeer aan klere maak vir ons feltpoppe. Dalk kan ons nog meer kreatief raak en kraletjies vaswerk aan rokkies. Maar vir nou het ons mannetjie ‘n jas en das.

En toe moes ons Katjie maskers maak! Sommer van papier borde en eierhouers.

20140112-204133.jpg

20140112-204151.jpg

Ons katjies se ore was van oranje karton gesny so die katties word toe ook oranje- amper rooi (bietjie kwaai katjies hierdie).

20140112-205153.jpg

Om ons ander k-aktiwiteite te sien, gaan hier.

Ek sal nou ongelukkig die k-klankie moet koebaai sê vir ‘n rukkie, ons moet nou eers aangaan met A. 😃

20140112-220119.jpg

20140112-220130.jpg

2

K-klank Aktiwiteite

My idee vir klankies inoefen met my 6- en 3-jarige is om soveel sensoriese aktiwiteite te gebruik as moontlik. En juis die groot voordeel om by die huis te kan leer te benut! Daar is soveel bestandele in en om die huis wat kan bydra tot lekker voel, ruik en sien aktiwiteite. Eerstens moet dit met die tema klank begin, dan moet dit prettig wees en dit moet al die sintuie wakker maak!

So die hele Desember vakansie maak ek notas op my foon oor alles wat met k begin. En in Afrikaans is daar heelwat baie!  (K omdat ons skool Kieswetter Klaskamer is 🙂

Hier is my lysie: K letter

Kop, ken, kniëe, kuite
Maak die letter K met jou lyf

Maak n K met klei

Kruie – kaneel, koffie, kakao, kerrie, knoffel

Kwartels, Kanaan, Konings

Kangaroo, krokodil, kameelperd, kat, kameel, koei, krap, kriek

Koek, klapper koekies, karamel, koeksisters, kiwis, komkommers, koejawels

Klasie blaas die Kersie uit (storie)

“Koljander, Klojander loop deur die bos, my ma en pa kook lekker kos, my boetie verstik aan ‘n druiwetros [korrel], die laaste een se kop word afgekap.”

Skryf: Klein Kira klim en klouter op die die klimraam.

So die dag van die Kieswetter Klaskamer se Opening het ons heelwat van die aktiwiteite saam met die maats gedoen. Ek weet nie wie het dit meer geniet nie, ek of hulle 🙂

20140109-202937.jpg

Ons het die liedjie “Kop en skouers, kniëe en tone” aangepas na “Kop en ken, kniëe en kuite…” En vinniger en vinniger gesing.

Ons het Koljander Koljander se lied ook aangepas sodat niemand verstik nie maar eerder ‘kou aan ‘n druiwe korrel’ 🙂 Maar nogsteeds moes ‘die kop word afgekap!’

20140109-143446.jpg

Daarna het ons ‘n Ruik die Krui speletjie gespeel. Al die kinders kon eers ruik aan Kerrie, Knoffel en Kaneel en toe het ek een vir een geblinddoek en raai watse krui hulle toe ruik. Dit het heel goed afgeloop met die sterk reuke baie duidelik en anders genoeg om maklik te erken. Melk was toe bedien met aarbei strootjies omdat “Koeie vir ons melk gee”.

20140109-204408.jpg

Toe was dit die speletjie wat my dogter later gesê het haar gunsteling van die dag was: Kiki’s met ‘n Kamera. Die oudste maats wat bygewoon het was almal 6 jaar oud en weet hoe om foto’s te neem met ‘n smart foon. Ek het mamma’s vooraf gevra of dit sou reg wees dat hulle kinders rond stap en items wat met ‘n K begin afneem. Dus die kiki’s. Ek en my girls het geniet om die vorige dag die voorwerpe op sekere plekke in die sitkamer en kombuis te plaas. En so was my huis beset met 5 en 6-jariges met selfone in die hand en roepe van “Kyk, hiers ‘n koning!” En “Ek het die kragprop gesien!” En “Tannie, kyk my foto van die ketel.” Die maatjie met die meeste korrekte k-kiki’s het ‘n Kit Kat gewen!

Ek wil gereeld sulke speletjies speel wat my kinders se vermoë met tegnologie inkorporeer.

20140109-204432.jpg

My dogter se foto van die ketel.

My liewe Ma het ook deelgeneem vanuit Engeland deur om ‘n video te stuur van haar vertolking van die storie ‘Die Skewebekfamilie’. Nie Oupa Koos, Boeta Karel, Sussie Karen of Kietsie Kat kry dit reg om die kers dood te blaas nie. Die held Klaas blaas uiteindelik die kers uit! Dit het veral baie vir my beteken en goeie herhinneringe van my kinderdae geprikkel.

Klei moes natuurlik ‘feature’ in die K tema en die kinders moes die K op ‘n papier toepak. Mens kan natuurlik ‘n groot K lamineer en gebruik as plekmatjie vir die kleispel.

20140109-205208.jpg

Gelukkig vir ons begin daar baie heerlike soorte kos ook met ‘n K en ons het lekker geknibbel aan kolwyntjies, gevriesde kersies, koeksisters, karamel en kaaskoek en klapper koekies. Ek het tot koejawel gegeurde ysies gehad, maar van hulle vergeet in die vrieskas!

My pa grap dat ek nou gaan sukkel om so baie aktiwiteite uit te dink vir die volgende klank want ek het heelwat minder tyd! Ek knik, dis verseker, maar ek kan nie nou swyg nie, die koël is deur die kerk!