0

Leer jou kinders oor Kunsmatige Intelligensie

AI in Engels. Artificial Intelligence neem die wêreld oor. Ek weet nie eers in watse areas en fassette van die samelewing dit op ‘n daaglikse basis gebruik word nie. Vandag, wil ek net gesesls oor ai (of KI) op sosiale media.

Die laaste paar maande, het ek meer bewus geraak van foto’s en video’s wat gedeel word as die ware Jakob en net pleinweg, onwaar is! Sommige foto’s soos die een, is dit maklik om te sien dat dit nie eg kan wees nie.

Duidelik ge’Photoshop’

Maar gewoonlik, is dit baie moeilik om te sien of iets geskep is deur KI. Dan moet mens uitkyk vir die ‘handtekening’ of erkenning van die kunstenaar wat soms iewers in ‘n hoek hul naam gee soos @kari_bosch_ai_art

Dis ‘n nuwe veld van kuns! Maar my dogter, Ilani sê, dit neem nie noodwendig ‘skill’ of talent om sulke kuns te skep nie. Met ai apps (toeps) en gratis webwerwe soos chat.gpt, kan enige kind mooi prentjies plaas op sosiale media en voorgee dat hulle dit geneem het of gedoen het. Byvoorbeeld:

Nivea of ek of iemand wat die foto in die hande kry, kan sê dat sy die prent geteken het. Maar sy het nie. Sussie Ilani (13) het die foto vanaf Google gevind en geplaas in die raam met ‘n ai toep.
Hierdie is die oorspronklike ware prent! Nivea het self hierdie geteken vanaf die YouTube video Kids Art Hub wat haar begelei het en stap vir stap wys hoe.

Maar hoe sal julle weet wat is waar? Julle moet my woord daarvoor vat. En dit beteken dat julle webwerwe leer ken en net goed glo vanaf betroubare tuistes.

Vir al nuus. Toe ek op sosiale media sien dat daar ‘n vulkaan ontplof het in Ysland, toe ‘Fact Check’ ek dit. Kom ons vertaal dit na Feitesnuffel. Dis my opgemaakte woord, versprei dit maar. CNN is gewoonlik betroubaar. Of Sky News of Aljazeerha. As húlle sê daar is nuwe vulkaan uitbarstings in Ysland, dan glo ek dit.

Selfs om iemand se eie woorde te glo raak moeilik. Vanoggend het Facebook rapporteer dat Kate Middelton kanker veg! Dadelik soek ek of dit waar is. Sy het op X (voormalig bekend as Twitter) die video van haarself vrygestel. Waar sy erken dat sy chemo behandeling ondergaan vir kanker.

Maar ek het video’s al gesien waar woorde in iemand se mond geplaas word met kunsmatige intelligensie. As daardie persoon, byvoorbeeld President Doland Trump, genoeg woorde gesê het, (en presidente gee baie praatjies op kamera), kan iemand daardie woorde neem en manipuleer en in verkeerde volgorde plaas. Hulle kan die video van sy mond wat beweeg saam smelt met die opgemaakte praatjie. Hulle kan hom enige iets laat sê en baie mense sal dit glo. Wees asb waaksaam en moenie als glo wat ander mense (wie jy vertrou soos gebedsgroepe of kerkgroepe) aanstuur nie. Hulle kan verkeerdelik video’s en opnames aanstuur wat hulle opreg glo is korrek! JY sal eers moet Feitesnuffel en seker maak of dit wel waar is voordat jy dit aanstuur.

Mens kan leer om die ware foto’s van die onwaar herken. Die kaf van die koring skei.

Waar
Onwaar

Die webwerf https://blog.rhinoafrica.com/2023/09/07/how-to-spot-an-ai-generated-photo-of-an-animal/ leer vir ons om wild fotografie te onderskei. Dit kom neer op om regte wild prentjies en diere te ken! Ons as tuisskool ouers moet ons kinders reg leer sodat hulle weet hoe lyk wilde diere en nie mislei kan word nie.

Vergelyking teen die ware akkedis (links) en die ai een regs. Akkedisse se oë is nie so groot nie. Hulle het so paar oogklappe en hulle bekke is nie so plat nie. Onthou vir die toekoms, DALL-E is ‘n KI kunstenaar.

Ek waa self uitgevang met kunsmatige intelligensie video die jaar! Ek roep my kinders en wys vir hulle hoe ‘n meisie wys hoe koud is dit in Kanada. Sy maak ‘n ys spiraal met kookwater! Ek was heeltemal ingeneem! Maar my kinders was nie. Nee mamma dis nie moontlik nie. En hulle was toe reg! Gelukkig, plaas die vrou wat die ys spiraal gemaak het, ‘n video waar sy wys hoe sy dit reggekry het. Dit was baie moeite en taamlik ingewikkeld! Hulle het ongelooflike kennis van tegnologie en hoe om iets te redigeer sodat dit eg lyk!

Hier is die skakel vir die eerste video toe ek dink dis waar: https://www.tiktok.com/@whistle/video/7323211830908964142?lang=en Ek sien nou dat haar laggie aan die einde vir my ‘n leidraad moes gee! Kyk nou hoe verduidelik sy hoe sy die video gemaak het: https://www.tiktok.com/@gloss/video/7325772252866153771?lang=en Hoor dat die program ‘After Effect’ gebruik was. Dis net een van duisende nuwe KI programme wat vir flieks en video’s gebruik word.

Maar mens hoef nie eers so baie moeite te doen nie. Ek vra my Ilani om ‘n kort video op ‘n toep te maak wat nie waar is nie, om te bewys hoe maklik KI genereer kan word. Hier is die ONWAAR video van hoe dit is om langs ‘n vulkaan te bly. Gemaak deur middel van ai.invideo toep wat sy vinnig afgelaai het. Dit het haar letterlik vyf minute geneem! Sy tik in wat sy soek, en die video word vir haar gemaak.

https://ai.invideo.io/watch/bAhB-bgYYP_

Dankie tog vir webwerwe wat ook gestig was om die Fake goed op te tel en ons daarvan te waarsku. Gaan asseblief op enige van die volgende webwerwe as jy iets wil Feitesnuffel.

Snopes.com

FactCheck.org

Moenie geflous word nie. En kom ons leer ons kinders om te onderskei tussen waar en onwaar. Hoe doen ons dit? Deur om hulle die Fake goed te wys. Deur om dit te bespreek as julle iets saam kyk op televisie. Deur om elke nuusberig en hoofopskrif wat julle verbgry te bespreek en bepeins. Is dit sensasie? Is dit ‘kliekbait’? Wil hulle hê jy moet iets koop of glo?

Help hulle om die waarheid te ken. En wees bereid dat hulle goed bevraagteken. Dis nodig vandag.

0

Ons Seerower Week

Ek het ‘n idee gehad. ‘n Seerower tema! En hier is hoe ons week van 22-26 Augustus verloop het.

Maandag druk ek seerower werkkaarte uit. Knip uit sommige goed en lamineer. Meestal goed vir my 6-jarige tweeling. Ek het klomp gratis seerower tema werkblaaie by die volgende skakels gevind:

Michaela lief die ‘soek die een wat nie pas nie’ bladsy. Nivea wil altyd die somme en syfers werkkaarte doen. Michaela besluit self om ‘n seerower skip te teken. Een is lief vir teken en een is lief vir wiskunde. Altyd interessant om te leer hoe ‘n tweeling verskil.

Michaela (6) se seerower op skip.

Tenike spring aan die werk met haar Pirate Lapbook. Sy het elke dag bietjie vir bietjie daaraan gewerk. Sonder dat ek moes vra. Sy was so gemotiveerd omdat sy dit so geniet het! Sy get gesê: Mamma, ek love homeschooling! Sy het geniet om ‘n papier te verouder met ‘n teesakkie en op te vrommel en toe dit droog was, ‘n speel-speel ‘treasure map’ daarop te teken! Klink treasure map ook nie vir julle beter as ‘n skatkaart nie? 

Tenike se Pirate Lapbook

Hier is die lapbook vir julle om af te laai!

pirate-lapbook-color_9175c4aa-e14f-4fcd-8c52-15aadf42493c

Ons het biblioteek toe gegaan. Dit was teleurstellend. Baie min boeke oor seerowers. En die inligting van die twee wat ons gevind het was minder as ‘n YouTube video wat Ilani toe gekyk het. https://youtu.be/DZeJwNYIKbs Ilani (12) wou skryf oor vroulike seerowers. Sy het hierdie uitstekende video gebruik om ‘n praatjie te skryf daaroor. Sy het Google Translate gebruik om haar praatjie in Afrikaans te skryf. En daar is 3 vakke vlieë in een klap: Engels, Geskiedenis en Afrikaans. 

Seerower liedjies! Jong, ons luister die hele week na die lekker see shanty. Wellerman: https://youtu.be/yYx8RfROvUk 

Net Janéy, my oudste neem nie deel nie want sy het baie Graad 9 werk wat sy moet doen. Maar sy is daar om na Ilani se praatjie te luister sin vir sin soos Ilani dit baie stadig aanmekaar sit. 

Donderdag maak ons gereed vir ons Seerower Dag! Ek het onthou van die groot klimraam skip by Big Red Barn en toe besluit ek om so paar tuisskool maats soentoe te nooi om saam oor seerowers te leer. Die maats was seuns sowel as dogters sodat my spul girls bietjie blootstelling kry aan seuntjie maatjies. En ons mammas gesels saam op ‘n Whatsapp groep oor die werk en goed wat ons gaan bring vir seerower dag. 

Wel, my Tenike beplan lank aan haar seerower uitrusting en voel heel goed toe ons Vrydagoggend hier ry. Maar sy was so verbaas toe die maats opdaag en BETER as sy lyk!  “Mamma, hulle uitrustings lyk baie beter as myne!’ Ek moet sê: hierdie maats het so goed gelyk! Ek deel die fotos met toestemming. 

Die seerower skip by Big Red Barn was perfek gewees!
Ilani gee haar praatjie oor Bonny Reed.
Tenike vertel van haar lapbook.

Maatjie Adriaan het ‘n Pirate gedig opgesê. Maatjie Stefan het ons vertel van seerower Stede Bonnet. Dit was baie interessant gewees. En toe was dit Seuns teen Dogters met vasvrae, aangebied deur maatjie Claudia. Sy het moeilike vrae en makliker vrae opgestel sodat die jonger maatjies ook saam kon speel. Toe sy sê: Vraag vir die onder 7’s, spits my tweeling hulle ore. En Michaela was super trots gewees toe sy reg antwoord dat ‘n pappegaai die dier is wat sit op ‘n seerower se skouer.

Mamma Judy vertel my oor hulle besige week en hoe sy eendag huis toe kom van draaie wat sy moes ry om te vind dat haar 11-jarige seun sy eie seerower swaard gemaak het. Van metaal!

Juan in die rooi kep het sy cutlass self gemaak! Tuisskool is tops!

Toe was dit my skattejag se beurt. Ek het die kaart van Big Red Barn gevind op hul webblad en dit uitgedruk. Lekker gespeel met vuur om die kante te brand sodat dit outentiek lyk! En toe pas die kaart in ‘n bottel!

Die span kyk waar moet hulle gaan.

Om die skattejag uit te strek en sodat almal iets soek en vind, het ek eers legkaart stukkies weggesteek in drie verskillende plekke. Ek stuur toe elke span met hul eie kaart na ‘n plek in die woud waar hulle legkaarte sou vind. Toe al drie spanne terugkom, bou hulle die seerower legkaart. Agterop die legkaart is nóg ‘n kaart met die X marks the spot na die eintlike skat vol sjokolade muntstukke!

Waar moet die span gaan?
Hulle soek vir die legkaarte.
Ek het die vorige aand gewerk om die legkaart met kaart, op te sny.
Hulle bou die legkaart….
Sukkel om die draad wat die skatkis mee vas gemaak is, los te maak.
Vind die sjokolade muntstukke daarbinne!

Die kinders speel toe woes lekker seerower-seerower! En ek is trots om te raporteer dat al was daar baie stokke en swaarde, die seuntjies was versigtig om nie mekaar of die dogtertjies seer te maak nie. Oud en jonk het mooi saam gespeel en ons mammas kon sit en kuier sonder insident! DIT is nogals amazing!

4

My kinders is bederf

‘n Groot argument teen tuisskool is dat kinders blootstelling moet kry aan tawwe tye. Die uitdagings, swoeg en sweet van skool maak kinders sterker.

Ek moet sê ek bekommer soms dat my kinders erg bederf is. Hulle het ‘n woes lekker lewe! Kom ek wys jou.

Hulle kry soms ontbyt in die bed. Al is dit nie hulle verjaarsdag nie. Hier sommer wafels en roomys vir ontbyt!

My kinders hoef nie vroeg op te staan nie. Hulle gaan slaap tussen 20h00 en 22h00 (hang af van ouderdom) en word wakker tussen 7 en 8uur. Geen jaag nie.

Hulle kies wat hulle wil aantrek en ken nie die verantwoordelikheid van uniform mooi oppas en uitsit vir die volgende dag nie. Ek moes my skoolskoene polish. My girls sal nie weet hoe nie.

My tweeling mag stories kyk en kom eers bietjie later Klaskamer toe.  Hulle werk solank soos wat hulle wil, maar maak gewoonlik so paar werkkaarte klaar. Ek of sussies is naby om te help en verduidelk. En dan gaan speel hulle.

As hulle moeg of nie lekker voel nie, weet ek, en gee genade. Ek weet hoe was hulle nag en hoe vrolik het hulle opgestaan. So ek kan aanapssings maak aan die dag se werk sodat ek net vir hulle lees as hulle energie min is. Ek vra watse letter wil hulle leer? Ek toets sommer deur te vra wat ken hulle al en sien wat moet ek hersien.

Mamma is hulle Juffrou. Hier gooi Nivea dobbelstene en doen haar sommetjies.
Buite werk is ‘n welkom verandering.

Hulle speel so baie! Hulle doen geen huiswerk nie, so as skoolwerkies 11uur klaar is, mag hulle speel! Pouses kan halfuur tot ‘n uur duur. As ek sien hulle speel te lekker, los ek hulle en werk saam my oudste aan iets. Die dag is so aanpasbaar dat ons later verder kan werk of die werk uitstel tot more.

Lentedag tent in die tuin. Hulle speel graag ‘Survivor’.

So, my kinders weet nog nie mooi van sperdatums nie. Daars nie verpligte take nie. Net hier en daar vir drama of kuns (of Spaans vir my oudste) is daar ‘n taak wat hulle by die huis moet voltooi. Dan is dit so nuut en ongewoon dat hulle dadelik aan die werk spring en baie tyd en moeite gee daaraan. Hulle neem so baie trots daarin. Dis dan hul enigste werkies wat hulle vir ‘n ander Juffrou moet inhandig!

En dis hoe dit met eksamens gaan wees. My amper 14-jarige het nog nooit eksamens geskryf nie. So wanneer sy eventueel een moet skryf, gaan dit splinternuut wees! Sy gaan baie ou papiere oefen en seker maak sy dek al die inhoud. Sy gaan studie metodes opswot en baie gereed wil voel. Want sy wil haar bes doen in die nuwe ervaring en die groot toets van haar vermoë. Wel, dis wat ander tuisskool mammas getuig. Dis blykbaar wat met hulle kinders gebeur het.

Ons gaan dikwels met vakansie in die skool kwartaal.

Hier was ons by die see op ‘n Maandag.

My kinders sien ten minste een keer per week hulle beste maatjies. Hierdie week het dit gebeur dat ons by ‘n restaurant sit 10uur die oggend en hulle lek vrugte ysies.

En die ander dae kuier hulle met kinders van alle ouderdomme. Dit hang af van ons planne, naskool aktiwiteite en watse kuiers met nuwe tuisskool gesinne ek reël. So hulle speel maar met kinders wat daar is. Al is dit seuntjies wat 7, 5 en 3 jaar oud is. Of klein kleuters wat hulle meer oppas as mee speel. Of kinders wat nie hulle ouderdom is nie maar hulle vind vinnig goed wat hulle in gemeen het.

Maar my dogters is mekaar se beste maatjies. Hulle kliek so goed! Soms speel die middelkind met die oudste twee en ander kere speel sy met die tweeling. Soms speel die oudste met die tweeling of chat met haar tweede sus tot laat in die nag. Nommer 2 en 3 is baie geheg aan mekaar en gee drukkies na die een by drama of ballet was! En die tweeling is natuurlik mekaar se beste-este vriendin.

Hulle ken mekaar en weet presies wat maak mekaar lag of huil. Wat om te sê as die een kwaad is of hoe om aandag af te trek sodat die tantrum ophou. Hulle baklei ook, maar dis meestal oor dat die een nie genoeg luister of stilbly sodat die ander een kan praat nie. 🤭

Skoolkinders werk vir seker harder as my spul. Ek weet dit vir ‘n feit. As ek sien dat my Graad 5 kind moet sinne oorskryf met kommas by, dan sê ek, sy kan net komma inskryf waar dit hoort. Sy leer steeds oor die doel en plek van ‘n komma. Sy skryf net minder. Ilani en Tenike verkies ook teken as baie skryf, so as hulle eerder die prentjie kan teken, dan doen hulle. Of plaas van spelwoorde 5 keer uitskryf, is een keer genoeg solank hulle dit ken.

Baie van hulle werk, het hulle self gekies. Soms, druk ek hulle om die bladsy klaar te maak of werk te doen wat hulle minder geniet. Maar hulle is nuuskierig oor sekere goed en ek laat hulle dit navors en projek daarvan maak. Hulle werk langer en meer aan hulle gunsteling vakke en korter en minder aan dit wat hulle uitput en nie van hou nie. So ek maak die reëls. En dis altyd ten gunste van hulle.

Is julle al naar van al die bederf? Ek weet dis VET bederf. Ek glo ook te veel van ‘n goeie ding kan sleg wees. Ek moet soms deel met verkeerde gesindhede, ondankbaarheid of onvergenoegheid. Dis dan wanneer ek dink om hulle skool toe te stuur: sodat hulle smaakie kan kry van die ‘regte’ wêreld. Ek kry sulke dae. Ek worstel met sulke gedagtes. En dis nie eers al nie!

Ons het vir Brenda, ons voltydse bediende. So huistakies is minimaal. Hulle help net op naweke met skottelgoed en opruim. Brenda se hulp gee my baie tyd om met hulle te spandeer. Hulle is so gewoond aan my konstante teenwoordigheid dat ek ‘n groot welkom en drukkies kry as ek oor naweke terugkom van die winkels af!  O dit was Maandag toe ek gaan dans het. Het my girls by my man Timothy gelos en was weg vir 2 ure. Toe ek by die huis instap, is daar 5 liefies om my te verwelkom! Was die beste ‘group-hug’ ooit! 😄

So, ek weet nie presies wat gaan die uiteinde wees van al die bederf nie. Ek gaan oor ‘n paar jaar die vrug pluk van hierdie tydperk. Gaan dit vrot vrugte wees? Gaan ek berou oor al die liefde en aandag wat ek hulle gegee het? Wat gaan hulle maak met die vrye teuels wat ek vir hulle gee?

Hulle gaan iemand anders baie kan bederf, dis vir seker. Hulle gaan presies weet hoe!

O, en hierdie is my oudste dogter se stoel. Pappa kry ‘n nuwe een en bring die een huis toe. So sy sit en werk by haar lessenaar op die kantoorstoel. #nogbederf #luuksestoel😋
2

Help! Gesoek: ‘n Koeëlvaste Baadjie vir my Tuisonderrig

Die artikel is geskryf deur Karin van Oostrum, uitvoerende bestuurder van die Pestalozzi Trust en veteraan tuisskool mamma!

Op die een of ander stadium kom dit alle tuisskoolma’s oor: jy begin wonder of jy nie miskien jou kinders verwaarloos nie. Gaan dit nie miskien oor ‘n jaar of drie of vyf blyk dat dit ‘n groot fout was om hulle te tuisskool nie, en teen daardie tyd het jy moontlik alreeds jou kinders se lewens vernietig?… 

Of dit gebeur dat ‘n familielid of ‘n vriendin jou die “guns” doen om jou by die Welsyn te rapporteer, soos met die ma gebeur het wat nou die dag die kantoor geskakel het. Sy is gespanne, bekommerd, onseker. ‘n Vriendin het kom kuier, maar die kuier loop toe ongelukkig uit op ‘n meningsverskil. Die uiteinde is dat die vriendin dreig om haar te “rapporteer” omdat sy tuisskool; want “haar kinders het soveel potensiaal, en nou hou sy hulle by die huis”.

“Rapporteer” kan enigiets beteken, maar beteken gewoonlik “aangee by die Welsyn”. Uit ons ondervinding loop 99. 99% van sulke dreigemente op niks uit nie, maar ‘n ma is nogtans bekommerd. As die Welsyn so ‘n saak gerapporteer kry, moet hulle dit opvolg en uitsorteer, en dit sal beteken dat sy ‘n besoek van die Welsyn te wagte kan wees.

Die vraag is: Is ek miskien regtig besig om my kinders tekort te doen? Verwaarloos ek my kind? Die term “kinderverwaarlosing” sluit in dat fisiese en/of emosionele en/of opvoedkundige hulpbronne doelbewus van ‘n kind weerhou word, in ‘n geval waar ‘n ouer of versorger in staat is om dit wel te kan verskaf. Ons sal in ‘n volgende uitgawe die mening van ‘n maatskaplike werker hieroor inwin, wat dit vir ons uit die Welsyn se oogpunt kan verduidelik.

Kom ons kyk na ‘n paar koeëlvaste lagies wat jy kan aantrek om jou tuisonderwys te beskerm.

(1) Bestee genoeg tyd met jou kind

Die eerste beskermende lagie wat jy kan aantrek, is om baie tyd met jou kind te bestee. Dit beteken dat julle genoeg tyd saam deurbring dat jy jou kind kan leer ken. Dit klink vanselfsprekend dat ‘n ouer haar kind ken, maar as ‘n kind ‘n tyd lank in die skool was, moet ma en kind mekaar baie keer eers weer van vooraf leer ken: jy moet jou kind, en jou kind moet jou leer ken. 

In Artikel 29 van die United Nations Convention on the Rights of the Child (UNCRC), wat Suid-Afrika op 16 Junie 1995 geratifiseer het, word onderwys soos volg beskryf: 

“The education of the child shall be directed to the development of the child’s personality, talents and mental and physical abilities to their fullest potential.”

Daar is baie kennis wat ‘n ouer instinktief van haar kind weet, net omdat jy ‘n ma of pa is. Maar dit verg daadwerklike aandag en moeite van ‘n ouer om soos die kind ouer word die kind se persoonlikheid, talente en geestelike en fisiese vermoëns te leer ken en beter te leer ken. Die volgende stap is dan om alles in jou vermoë te doen om elke kind se persoonlikheid, talente en geestelike en fisiese vermoëns ten volle te ontwikkel of te laat ontwikkel. Dit is ‘n voorreg om so intensief en intiem met elke kind te kan werk: ek kry eintlik ‘n onderwyser jammer wat met so ‘n groot taak gekonfronteer word vir al die kinders in sy klas.

(2) Weet jy of jou kind vorder?

Die Kinderwet (38 van 2005) sluit in sy definisie van “sorg” of “versorging” die volgende in:

“leidinggewing, rigtinggewing en versekering van die kind se opleiding en opvoeding, insluitende godsdienstige en kulturele opleiding en opvoeding, op ‘n wyse wat paslik is by die kind se ouderdom, volwassenheid en stadium van ontwikkeling.” 

Deur aan jou kind leiding en rigting te gee met sy/haar opleiding en opvoeding, en te verseker dat die kind dit wel ontvang, help jy jou kind om sy reg op onderwys uit te oefen: elke mens het volgens die Artikel 29 van die Grondwet die reg op basiese onderwys. 

As jy moet seker maak dat jou kind opgevoed en opgelei word, impliseer dit dat jy moet weet of jou kind vorder. Dit is iets anders as om te wonder of jou kind op standaard is. Dit kan ‘n mens slapelose nagte gee en eintlik hele jou lewe bederf as jy begin wonder of jou kind “op standaard” is. Die vraag is: Op watter standaard? Of: Op wie se standaard? Volgens navorsing en informele waarneming haal ‘n geweldige groot persentasie ouers hul kinders uit die skool en begin tuisskool omdat die standaard van onderwys in die publieke of privaatskool of mikroskool waar die kind was, nie na wense is nie. As jy vermoed jou kind “is agter”, moet jy jouself afvra: “Agter wie?”

Ek is sekerlik nie die enigste ma wat voor kliniekbesoeke met haar oudste spruit haar naels gekou het oor die ontwikkeling van haar kind nie: Het haar kop genoeg gegroei? Weeg sy nie te min of te veel nie? Wat as haar lengte nie op standaard is nie? Het sy genoeg of miskien te min tande vir hierdie ouderdom? Moes sy nie lankal gesit/gekruip/gerol/geloop/gepraat het nie? Dan die groot verligting (of bekommernis) as die klinieksuster haar uitspraak gee: my kind is nog op standaard! Of, as die uitslag negatief was: Hoe gaan ek maak om my kind op standaard te kry? Eers met die volgende kinders begin jy stadigaan besef: my kind is enig in haar soort; sy het ‘n unieke vorderingspatroon, en dit is maar reg so. Dit is nie ‘n fout nie. Sy sal wel groot word, al behaal sy haar mylpale op ander tye en op ander maniere as haar boeties of sussies, of die bure se kinders. Dit help vreeslik baie om met ander ma’s te gesels; dan kom jy gou agter daar is eintlik maar min kinders wat presies volgens die grafiek van die klinieksuster of die kinderhandleidings vorder.

‘n Ouer leer baie gou: Elke kind het sy eie groeipatroon, en vorder teen sy eie tempo. Om moeilikheidmakers die mond te snoer, en om nog ‘n ekstra koeëlvaste lagie aan te trek, moet ‘n ma egter weet of haar kind vorder. Tuisskoolouers is net so uniek soos hulle kinders, en elke gesin werk hul eie manier uit om te meet en te weet of hulle kinders vorder. Hoe jy dit ook al doen – jy moet mooi duidelik weet wat kan jou kind nóú kan doen wat sy ‘n jaar gelede nie kon doen nie, ten opsigte van al haar verskillende vaardighede.

Dit kan ‘n ouer redelik maklik doen as hy/sy baie tyd by die kind deurbring en baie gesels met die kind. So vind ‘n mens uit hoe jou kind se gedagtes en redeneervermoë verander het, watter nuwe idees hy besig is om te ondersoek, of watter argumente hy besig is om op te weeg en vir homself uit te werk. As jy met ander ma’s gesels (nadat hulle al besef het hulle hoef jou nie te beïndruk met hoe vinnig hulle kinders vorder nie), sal hulle vir jou ook vertel dat die een kind vinniger met tale vorder, maar stadiger met wiskunde, en dat die ander kind weer die omgekeerde is. Kinders verskil nou maar eenmaal.

(3) Waarheen is jou kind oppad?

Voel jy soms of jy al in die rondte werk en nêrens kom met jou tuisonderwys nie? Ek onthou van tye wat dit vir my gevoel het ons trap bloot water met ons tuisonderwys en het geen rigting nie – daardie gevoel as mens om en om by ‘n verkeersirkel ry, sonder om een van die uitgangsroetes te kies. Miskien is dit hoe dit vir ‘n buitestaander lyk as hulle ‘n tuisskoolgesin beskou. “Weet die mense ooit wat hulle doen?…Weet hulle waarheen hulle op pad is?”

Dit is wel so dat daar soms tye is wat dit vir ‘n mens voel of jy in sirkels stap en geen vordering maak nie. Die werklikheid is dat g’n mens aan die begin van die jaar presies weet hoe jou pad deur die jaar gaan loop nie, wat nog te sê hoe die volgende vyf jaar gaan lyk. Die werklikheid is ook dat kinders se doelwitte verander. Die bonus van tuisonderwys is dat jy jou kind meer tyd kan gun om ‘n paar rigtings uit te toets, wat hy nooit sou kon doen as hy voltyds op die skoolbanke moes sit nie. Benut hierdie tyd ten volle om verskillende opsies uit te toets, om tyd en geld later te spaar.

Vir ‘n derde koeëlvaste lagie om jou tuisonderwys, en om te keer dat jy en jou kind te veel in die rondte loop, moet jy besluit op ‘n langtermyndoelwit waarheen elke kind mik, bv Matriek; of: Om ‘n eie besigheid te begin; of: Om die wêreld te sien; of: Om soveel moontlik tale te bemeester, of: Om te leer perdry, of: Om self my kar te kan diens. Hierdie doelwitte kan verander, en verander gewoonlik, soos die tyd aanstap, en soos die kind homself en die lewe beter leer ken. Dan is daar baie korttermyndoelwitte, soos om ‘n spesifieke handboek of interessante kursus deur te werk, of ‘n stuk praktiese werk af te handel. Die feit is dat as iemand jou voorkeer of wil vasvra oor wat jy met jou kind doen, het jy ‘n plan van aksie, wat jy glimlaggend met haar kan deel.

Kortom:

Sorg dus dat jy 

  1. Baie tyd met jou kind deurbring;
  2. Sy vordering kan meet;
  3. Lang- en korttermyndoelwitte het vir sy tuisonderwys.

Dan sal jy die meeste koeëls wat in die rigting van jou tuisonderwys afgevuur word, rustig kan afweer. 

Lees meer oor die Pestalozzi Trust op hul webwerf: https://pestalozzi.org/

0

Die Yummy Alfabet

Die idee is om so baie sintuie te betrek by die aanleer van die Alfabet as moontlik. En wat beter manier as soet, sappige eetgoed? Waarin jy jou vinger kan doop en die letter vorm en dan aflek! Dan proe jy die letter en sien dit en ruik dit en hoor dit as mamma dit vir jou sê en voel dit met jou vinger. Die Yummy Alfabet maak gebruik van al 5 die sintuie!

Ek werk al jare aan die alfabet en het dit laas jaar, 2020, voltooi. Ek het in die verlede, hier en daar fotos geneem van letters, maar nog nooit die hele alfabet week na week aan gewerk soos die jaar op my WhatsApp Klub nie. Met die help van ‘n sekere slim seuntjie! Christo Kemp het so ingekoop in die idee van eetbare letters dat hy vir my idees elke week begin stuur het. So kon ek Yummy goed kry vir moeilike letters soos Q en X! Wag en kyk hoe kreatief was Christo.

Baba kossies is ideaal vir die Yummy Alfabet. Dis lekker en loperig en kinders kan hulle letters daarin skryf.

Ek het sopas ‘n beter idee vir die Letter B gekry. Butterscotch geur instant pudding. Daardie vinnige mengsel met melk. Wat is Butterscotch in Afrikaans? Botterskorsie?

Hierdie idee is minder yummy. Watse kind hou van Butternut sop?
Soms mag jy die eetgoed uitpak.
Gonna, hierdie eier hoort ook moontlik nie op die Yummy Alfabet nie. Gebruik eerder die lekkergoed wat sjokolade eiertjies is. Of Paaseiers as jy dit in die hande kan kry.
Toe kry ek hierdie idee.
Soms moet ek kroek met Engelse woorde.
Ons het fondant wanneer dit verjaarsdae tye by ons is. Dis soos edible klei! Baie lekker om daarmee te rol en vormpies maak.
Speserye soos gemmer en kaneel kan werk. Vir sommige kinders.
Nog H idees iemand? Dit moet lekker wees en eetbaar. Heuning was al voorgestel maar dis te loperig. Mens moet die h kan skryf en dit bly daar. 😄
Hier is die Instant poeding wat ek vroer van gepraat het. Selfs in sy poeier vorm is dit lekker!
J vir jellie! Enige geur jellie is lekker!

Ek het ook appelkoos konfyt al probeer. Dit smeer bietjie moeilik maar mens kan k daarin skryf. Koffie  is nie vir kinders nie maar kan werk vir moë mammas.

Wat lyk vir jul beter? Litchis met skil of sonder skil?
Hier is waar ek krediet begin gee aan Christo en sy mamma Tanya.
Pienk Pronutro is ideaal om die p letter in te oefen. Kinders verwar dikwels die p met 9 of b. So, om die letter oor en oor te skryf met hul vinger in Pronutro pappies werk goed!
Dankie aan Christo Kemp vir die slim idee en foto!
Hierdie vlae kan ook werk vir letter v, maar ons het dit gebruik vir U vir Ultramel. 😄
V vir Versiersuiker
Dankie Kemps vir die twee! 👆
Asook die volgende twee 👇

Julle sal sien dat sodra jy jouself instel om te soek vir eetbare Alfabet idees, dan dink jy sommer baie daaraan! Ek loop deur die winkels en sien nuwe produkte of wonder dadelik waarmee begin daardie eetgoed. Of besef eers as ons klaar geëet het, dat dit perfek sou wees vir die Yummy Alfabet!

Lekker leer en lippe aflek!

4

Huil saam my kind

Ek soek vanoggend vir my 13 jarige dogter. Ek roep en roep na haar. Ek begin wonder of sy wegkruip. Dis hoe min lus is sy om te kom werk. Ek raak frustreerd. Die hele week moet ek roep en dreig en skel: Kom doen jou werk!!

En gister was sy geniepsig en nors met haar jonger sus. Ek het lank met haar gesels en probeer vasstel wat pla. Sy het nie veel geantwoord nie. Net dat hulle ‘annoying’ is. Ek sê vir haar sy moenie haar gevoelens opkrop nie. Sy mag vir my sê wanneer iets haar onstel.

Ek vra haar toe om koek te bak vir ons bediende. Sy het al voorheen die sjokolade mikrogolf koek gebak. Maar die keer flop dit. Sy voel teleurgesteld. Ek sê sy mag weer een bak. Ons sal die flop eet. Maar die volgende koek het ook een kant plat geval en snaaks gelyk. Ek sê dis dalk die bakpoeier wat oud is. Sy is naby trane. Sy tree baie kwaad op en storm weg. Ek begin dink die hormone pla.

Vanoggend, toe die sussies vra om eers te gaan stap voor skool, sê ek dis reg! Die buitelug sal hulle goed doen. Hulle kom vrolik terug en ons spring aan die werk. Maar Janéy is weer MIA. Ek roep en roep en soek haar.

Sy kom uiteindelik maar sukkel deur wiskunde. Elke som is vir haar erg moeilik. Sy vergeet basiese maaltafels en kan nie lang deel doen nie. Dinge wat ek 2 jaar gelede vir haar geleer het is net skoonveld. Ek doen my bes om nie uit te bars nie. Lelike gedagtes van haar IK begin deur my kop opkom. Ek byt op my tong. En toe bars haar damwal.

Sy ruk van die huil. My hart versag en ek hou haar vas. Sy huil my skouer nat. En begin stukkend vir my sê hoe sy sukkel. Hoe sy niks kan onthou nie. Hoe sy dinge nie kan verwoord soos haar jonger sussie nie. Sy sê sy stap saam Ilani en Ilani vertel als wat sy in ‘n video gekyk het. Sy klink so slim en kan als onthou. Vir Janéy is die woorde nie daar nie. Sy kan nie terugvertel wat sy geleer het nie. Sy kan skaars onthou wat sy geleer het. Sy voel dom. Toe verstaan ek hoekoms sy so stry met haar sussie. Sy voel minderwaardig teenoor haar. Sy kan sien dat Ilani duidelik presteer in areas waarin sy self baie sukkel.

Ek begin saam huil. Ek voel haar moedeloosheid en het nie dadelik antwoorde nie. Ek voel haar pyn en deel die angs. Ek hou haar vas en ons huil net saam.

En toe kom die woorde na my. Hoe goed is sy met haar tweeling sussas. Hoe kalm bly sy wanneer hulle tantrum gooi. Hoe net sy weet wat Nivea weer sal laat bedaar. Ek sê vir haar dat dit nie Ilani se talent is nie. Sy sê altyd iets wat die jongste juis kwaad maak. So, het elkeen sterk eienskappe en goed waarmee hulle sukkel. Dit het haar laat beter voel.

Maar dit was nie totdat ek laat sy die Nessy, Understanding Dyslexia kursus doen nie, dat sy regtig beter oor haarself begin voel het. Die kursus was klomp videos wat met animasie mooi uitbeeld hoe werk iemand met disleksie se brein. Dit het gewys hoe hulle sukkel met kort-termyn geheue en ouditiewe prosessering. Julle moes die lig in haar oë en die verligting beleef toe sy vir my kyk na die videos. “So dis hoe my brein werk!” En dis nie net sy nie. Sy kom agter BAIE mense se breine werk so. Hoekom anders sou hulle die videoreeks gemaak het?! Daars ‘n groot las van haar skouers af: sy is nie dom nie. Haar brein is net anderste bedraad.

Daar was dinge waarmee sy nie gesukkel het nie. Soos skryf. Haar handskrif is baie netjies. En ‘spacial awareness’. Sy kan haar kamer netjies organiseer – geniet dit eintlik baie! So, nie als op die disleksie lys, was van toepassing op haar nie. Sy kom agter dat daar ‘n glyskaal is, dat sommige mense meer sukkel as ander. Dat haar disleksie nie ‘n baie erge graad is nie.

Daar was ook strategieë om daarmee te deel. Baie breke. Herhaling. En ander wat ek weer sal moet besoek. Die Nessy kursus was ook goed vir my om te doen, saam Janéy. Nou kan ek meer geduld met haar hê. Om jou vinger op ‘n probleem te sit, is nie ‘n slegte negatiewe ding nie. Ja, dit maak seer om te druk daarop, maar dit bring verligting om aandag daaraan te gee. Om dit te identifiseer en n naam te gee.

Daarom, is ek van opinie dat kinders hulle diagnosis moet ken. Ek weet nie wanneer is die beste tyd om sulke goed met jou kind te deel nie. Seker elke situasie en omstandighede gaan vra dat gesinne dit sagkens en met wysheid benader. Ek kan net deel watse vrug en sonskyn het dit vir my dogter gebring.

Ek het begin dink ek was verkeerd. Dat sy nie disleksie het nie. So ek het aangegaan en haar gedruk om soos haar portuurgroep te vorder. Ek het gevoel sy moet harder werk en wonder hoekom snap sy nie die Wiskunde nie. Sy het onsteld gevoel. Sy kon die verskil tussen haar en haar suster agterkom. Dit het begin eet aan haar. Dit het haar kwaad en hartseer gemaak. Wat as sy haarself begin haat het?

Hierdie was in Februarie van 2021. Dis nou paar maande later. Dit gaan baie goed met Janéy. Sy kan nie vir ons sê wat sy in haar Spaanse lesse leer nie. Dit wil nie na vore kom as sy saam my in die kar huis toe ry nie. Maar toe sy daar was, het die woorde gevloei. Sy sê sy het slim gevoel. Sy het haar Juffrou verstaan en kon saampraat. So ek glimlag breed en sê ek is so trots op haar!

Ek het Wiskunde boeke (Maths Gaps van McMillian) gekoop wat by Graad 4 wiskunde begin en in die selfde dun boek vorentoe werk tot Graad 6 werk. Nou, sukkel sy nie met Graad 7 Wiskunde nie, sy vlieg deur Graad 4 Wiskunde. Sy lag dat sy al hierdie goed vergeet het. En doen 6 bladsye na mekaar. Sy blom met self-vertroue.

Sy weet waar lê haar kragte. In kinderoppassing en organisering. Sy maak lyste en hou kop van hulle besigheid. Sy skep sisteme met plakkers wat beteken wat met die produkte moet gebeur. Ek is beïndruk! Ons prys haar vir al die goed! En sy voel goed!

Om jou kind te help beteken soms om hulle bewus te maak van hulle diagnosis. Hulle swakhede staar hulle elke dag in die gesig. Hulle kan sien hoe is hulle anders. Hulle vergelyk hulleself met familie en mense op televisie elke dag. As hulle weet dat wat hulle mee worstel ‘n naam het en baie algemeen is, kan dit baie vrede bring. Baie gerusstelling! Hulle is nie weird of freaks of foutief nie. Net anders. En dis ‘n goeie ding!

0

Lui Dae

Daar is baie flukse tuisskool mammas!

Die wat dou voor dag opstaan en werk inpas voor die kinders wakker word. Ek dink aan boervrouens op die plaas wat die koei gemelk het en botter gemaal en brood gebak het voor die kinders kom sit vir ontbyt! Ek dink aan Rista wat saam haar man 4uur opstaan en sy kosblik pak en hom afsien werk toe terwyl dit buite nog donker is. Ek haal my hoed af vir die Supervrouens!

Ek is nie so mens nie. Ek het vanoggend tot 7:50 geslaap! Meskien haal ek nog slaap in van my kinders se babajare. Nie een het deur geslaap voor 2 jaar oud nie. Ek het elke aand telkemaal opgestaan. Ek slaap steeds nie deur nie, maar 2 wakker kere is vir my baie goed in vergelyking met 15 of meer kere opstaan.

Wat ookal die rede, ek begin sommige dae, vir al in die winter, baie stadig. En wat van Tuisskool? Elke dag hier by ons lyk anderste. Laas Donderdag het ek so lui gevoel. Dit was koud en ek het ‘n vuur aangesteek in die kaggel. Toe lees ek vir die kinders uit die pragtige boek: Joan of Arc. Dit is uitstekend geïllustreer en die woorde werk goed saam om haar storie akkuraat uit te beeld. Ek en my dogters was nogal opgesweep in haar saga. My tweeling is 5 en hulle het in ‘n fort gespeel wat die ouer sussies vir hulle gebou het in die sitkamer by ons voete. Ons is snoesig saam op die bank. Die passie en ywer van Joan d’Arc roer mens se binnestes. En toe sy doodbrand by die vuurstapel, eggo die woorde van die soldate, Jesus se eie soldate: ‘sekerlik het ons nou ‘n vrou van God doodgemaak’.

My enigste opdrag aan die kinders daardie dag, was om een van haar aanhalings mooi oor te skryf. Elkeen het iets anders gekies. Ek het Quotes of Joan of Arc geGoogle en my oudste het een van daardie gekies. Sommige het meer kuns inkorporeer as ander, maar die aanhaling was daar, en daarmee was die dag ook klaar.

En nou is dit weer Donderdag en ek staan laat op en wonder wat ons vandag gaan doen. 9uur het nog niemand ontbyt geëet nie, so toe begin ek deeg maak vir scones. As die brood klaar is, bak ek dikwels plaatkoekies of scones want EK hou van die eetgoed. Ek roep my 5 girls en ons klits room en dek die tafel vir tee!

Ek lees ook vir hulle humoristiese gediggies van Jaco Jakobs se boek: ‘Ek wil nou nie snaaks wees nie’. Die tweeling sê hulle wil ‘n gediggie leer, so ek stuur hulle met Ilani (11) om ‘n kort een te gaan leer. Janéy (13) bring haar wiskunde na my toe en ons pluis dit saam uit. Toe my 5 jariges vir ons ‘Krap in my neus’ kom opsê het, wys ek vir die kinders uit hoe die een woord verskillend verstaan kan word. ‘Krap’ kan ‘n werkwoord wees, soos die diere dit verstaan het, of ‘n selfstandige naamwoord – ‘n letterlike krap. Die spelling van die woord bly dieselfde!

Ilani voel toe geïnspireer en begin werk aan haar eie gedig. Sy vra oor rymwoorde en ons gesels oor die ritme van ‘n gedig. Wat doen Tenike (8) al die tyd? Sy gebruik my waterverf (waarvoor sy raas gekry het) en skilder ‘n prent!

So, my punt is hopelik vanselfsprekend. Lui dae is lekker! Dit lok gesprekke en kuns uit. Dit gee mens ‘n algemene gevoel van tevredenheid en welstand. V’middag ry ons rond na ballet en drama en winkels, maar ek sit nog in pantoffels en japon! 😊

4

Wag met skool

As jy nie ‘n keuse het nie; jy moet werk, daarom gaan jou kind skooltjie toe, is hierdie artikel nie vir jou nie. Ek verstaan dat met vandag se ekonomie, is ‘n een-inkomste huisgesin raar en ‘n groot voorreg. So, ek is nie hier om werkende mammas te laat skuldig voel nie. Dankie vir julle harde werk en bydra! Ons waardeer julle!

Ek praat met mammas wat druk voel vanaf die samelewing om hulle peuters en kleuters in die skool te sit. Ek praat met ouers wie oorweeg om hulle voorskoolse kindertjies te ‘tuisskool’. (Dis nie amptelik tuisskool nie, want die wet vereis eers dat kinders op 7 jaar in die skool moet wees. So voor 7, hoef jy NIEMAND se permissie te hê om jou kind tuis te hou nie.) Maar ons noem dit al tuisskool, want dit word al hoe meer abnormaal om voorskool kinders tuis te hê. Dis reeds baie op neergekyk!

Daar is baie druk op kleuter mammas om hulle kinders in die skool te sit. Sjoe! Ek lees op Bakkiesblad van ‘n ma van’ n 1-jarige wie se gesin haar druk om terug te gaan werk toe. Haar seun moet skooltjie toe gaan volgens hulle. Om maatjies te maak! Jinne ouens! 1 jaar oud! Hulle speel nie met maatjies op daardie ouderdom nie! Lyk dalk vir jou so maar dis parallel speel. Om langs ‘n ander kind te speel is nie sosialisering nie! Shame! Ek hoop die mamma geniet nog haar kindjie tuis vir so lank soos moontlik!

Ander mamma voel druk om haar 5 en 3-jarige seuntjies skool toe stuur. Terwyl sy ‘n pragtige kleuterskool geskep het by hulle huis! Maar kinders moet skool toe om maats te maak en te leer en voor te berei vir groot skool, dis wat ons vertel word.

Ek wil iets radikaals sê: ander kinders sit meer stres op’ n kind in sy vormingsjare as wat dit voordelig is!

Hoekom voel ouers hulle is nie genoeg vir hulle kinders nie? Is mamma alleen nie wat ‘n jong kindjie nodig het nie? Die een ma met wie ek gesels het, moes hoor dat haar seuntjies ook bietjie tyd weg van haar nodig het. Wow! Dis ‘n nuwe siening. Dr James Dobson sal stry. Sy boeke sê, kinders speel parallel tot 4 jaar oud. Dat 6-jariges deur ‘n tweede skeidingsangs gaan wat baie normaal is. Die jaar wat kinders Graad 1 toe gaan, is biologies ook die jaar wat hulle skeidingangs beleef! Arme kinders. Hier is navorsing daaroor as jy meer oor dit wil oplees.

‘Maar kinders moet leer deel en hulle beurt wag en vaardighede wat hulle net by ‘n skool gaan leer’, skree die pro-skool kant. Teen 4 jaar, het meeste kinders ‘n boetie of sussie met wie hulle hulle mamma, hulle kamer en hulle speelgoed moet deel. Daar leer hulle van geduld en onselfsugtig wees. In die veiligheid en bekendheid van hulle eie huis.

Dink aan jou werksomgewing. Daar is vriende en ‘buddies’ maar ook mense wie jou warm onder die kraag maak. Jy kan nie hulle vermy nie want hulle is elke dag daar in julle kantoor. So, jy hanteer opmerkings en sluk kwaad woorde elke dag. Dit skaaf aan jou en jy voel geïrriteerd en kwaad maar kan nie elke dag iets terug sê of skree wat jy sou wou nie. Jy probeer net deur die dag kom, sonder om jou koel te verloor.

Kinders beleef dit ook! En hulle emosies is meer intens en moeilik om te beheer. Daardie kind kyk hulle snaaks aan. Daai een vat haar pop. Juffrou sê sy moet kom storie luister maar sy wil nog eintlik klaar speel waar sy was. Daar is heeltyd ‘n getrek en stamp aan haar, fiesies maar ook emotioneel.

Die kleuters moet badkamer toe gaan wanneer hulle nie wil nie, hulle verf of klei wegpak wanneer Juffrou sê dis tyd; hulle moet in kom van buite af wanneer vir hulle voorgeskryf word. Nie wanneer hulle kies nie. As die sand of die wind hulle pla, wie kan hulle daarvan vertel? Dis nie ‘belangrik’ genoeg om vir een van die volwassenes daar te sê dat hy nie sy beertjie by die huis kon vind nie. So die kind loop rond met die bekommerde hartjie heeldag. En dan vra Juffie dat hy op een been staan so lank soos hy kan. Sy moet gou evalueer.

Hoe weet ek die goed? Want ek was ‘n kleuterskool juffrou gewees. Vir jare voor dit, ‘n assistent juffrou. Pragtige skool. Gawe Juffies. Speelplek wat kinders van kan droom. Ek het my als gegee. Die kinders drukkies en liefies gegee. Die lesse so prettig en interessant gemaak soos moontlik. Ek het gedramatiseer en stories uitgebeeld. Ons het liedjies gesing en speletjies gespeel. Maar ek kan die verskil sien tussen daardie kinders en my eie wat ek nou by die huis hou. Maak nie saak hoe oulik die plek is nie, dis nie tuis nie.

Ons het al gehoor dat kinders stouter is by hulle eie mammas as by ander mense of by die kleuterskool. Hoekom is dit? Want hulle kan ontspan en hulle self wees. Hulle kan tantrums gooi en mamma se aandag eis. Hulle kan kla en moan oor als wat pla. Wat doen hulle by die skool? Hulle hou dit in. Onderdruk daardie gevoelens en dit wat eintlik hulle onstel. Hoeveel ouers hoor hoe soet en goed gaan dit by die skool en dan slat die paw-paw die fan by die huis? Dis nie die ma se skuld nie, dis juis omdat daardie moë, oorgestimuleerde kind nou in hulle eie omgewing is waar hulle mag voel en wees en uithak. Onvoorwaardelike liefde maak dit moontlik. Als wat deur die dag opgebou het, loop nou oor. Al die onderdrukte emosies, borrel op eenslag oor. Hou hulle vas mammas. Sê jy kan sien hulle het ‘n rowwe dag gehad. Sjoe, hulle is baie onsteld. So baie gevoelens ~ dis moeilik om te verwoord wat hulle als pla. Hulle kan nog nie vir jou vertel van die honderde klein goedjies wat hulle deur die loop van die dag onstel het nie.

So, as jy kan mamma of pappa, hou jou kind by die huis. Waar hulle kan slaap tot hulle uitgerus is. Waar hulle rustig self kan aantrek en daardie knopie self vasmaak. Waar hulle saam jou plaatkoekies kan maak en kies wat hulle daarop sit. By die huis kan hulle self besluit waarmee hulle wil speel en hoe lank hulle daarmee wil speel. En toilet toe gaan wanneer hulle blaas vir hulle sê dis nodig. En glipsies maak sonder om skaam te voel. En op mammas se skoot klim wanneer hulle die behoefte kry. En net mamma se mooi, gawe gesig sien. Nie klomp vreemdelinge nie.

Ek sê vir mammas wie se familie hulle slegsê omdat hulle tuisbly met hulle kleuters, “HOU SO AAN!” Jy doen goed! Jou kinders weet nie om vir julle dankie te sê nie, so ek sê vir julle dankie! En vir die pappas wat hulle vrouens ondersteun en voorsien sodat hulle kan tuisbly: DANKIE!! Julle is helde!

Mamma, jy is die heel beste persoon vir jou kind. Jy is sy wêreld! En dis hoe dit hoort!

0

Maal Idees

Speletjies moet deel wees van leer, voel ek. Ek soek die lekkerste maniere om iets te leer. Oor die laaste ses jaar, het ek baaaaie metodes, webwerwe, boeke en prettige idees probeer om maaltafels vir my kinders te leer. Hier is ‘n lysie van hulle.

Begin by die begin. Leer eers in 2’e tel.

Ek gebruik ‘n dier speelding om te hop oor die ongelyke getalle. Die tier tel in 2’e.

Ek skryf met bordkryt op ons teëls 1 tot 20 sodat my dogter moet hop oor een teel en besef sy ‘skip’ elke tweede nommer. Sy spring van 0 tot 2 en van 2 tot 4 tot 6. Dit help die aanleer van die rympie, 2 4 6 8 10. Groot motoriese beweegings saam met die rympie help die brein dit onthou. En dis groot pret! 😄

Maar dit verduidelik nie wat maal is nie. Kinders moet groepies van goeters maak en dan tel. So ons het lekkers gebruik. Jelly tots of Astros of enige lekkertjies. Vanuit die bondel, groepeer twee twee sweeties saam. Dus kan die kind sien, nou tel mens hoeveel lekkers daar is, maar vinniger as een vir een. 2 4 6 8 10.

Tel in 3’e met lekkers

Eetbare Maaltafels

Jy kan ook krale, blokkies, rosyntjies, albasters, klippies, enig iets, gebruik om te groepeer. Oaties op ‘n sosatie stok of spaghetti is eetbare groepering. My voorbeeld is van sommetjies maar natuurlik kan mens dit in groepies van 2 of 3 ook maak en dan tel 2’e of 3’e.

Ons gebruik baie ons vingers vir maaltafels leer. Hier is die 9 maaltafel Vinger Metode! So helpvol! https://www.facebook.com/watch/?v=401957140396036

Nog lekker maalsomme.

Kompetisie Speletjies

Ek het al so baie speletjies met my kinders gespeel om hulle te help om die maaltafels te leer. So baie! Hier is een waar ek die antwoorde op stukkies lap geskryf het met ‘n merker. Die lap om teddiebere en sagtediertjies vasgemaak het. En dan die kinders hul maaltafels gevra. 7×7, 3×9, 7×8 ens, en dan moes hulle vinnig soek vir die beertjie met die antwoord. Twee sussies beteken ook kompetisie! So die eerste een om die antwoord te vind, wen! Later, bodder hulle nie om die speelding op te tel nie, hulle trap sommer daarop! Arme teddie!

Ander kompetisie speletjie was weer buite op die stoep. Twee sussies staan langs mekaar en ek staan 10 teëls weg van hulle af. Ek roep uit maalsomme: 2×8 is ? Eerste een om reg te skree, kan een teël vorentoe spring. Hulle was baie na aan mekaar. Dan kry Ilani een reg, dan is Janéy vinnigste. Eerste een by my wen! Dit was baie pret!

Kaart speletjie: 24

Kodes

Kodes is ‘n unieke manier om maaltafels te leer. Daars’ n spioen wat in ons almal skuil. So gebruik kodes om maaltafels vars te hou. Hier is twee voorbeelde:

Elke sweetie verteenwoordig ‘n nommer. Maal twee lekkers saam is dan dieselfde as om sekere nommers saam te maal. Selle met die plaasdiertjie speelgoed.

Melkbottel doppies

Ek het vir weke, (wel meskien net een week, want melk gaan vinnig in ons huis) melkdoppies en die skroefie waaraan hulle vasgedraai was afgehaal van die leë melkbokse. Julle het seker hierdie al op Pinterest of daardie oulike videos gesien. Dis baie moeite maar dit hou vir ewig. So nou kan die kinders dit doppies afskroef en daar lê die antwoord onder. Daarom was wit plakkers nodig. Ons het die name tag plakkers vanaf Pappa se kantoor gekry. Dit gebruik ek nogals gereeld vir tuisskool dinge. En dan die polystyreen weggooi bordjie. (Verskoon my Engels asseblief, ek ken nie al die mooi Afrikaanse terme vir die goed nie.)

My dramtiese kind. Sy sê sy wil nie hê dat die videos boring moet wees nie. 🙈😜

Speletjies

Ek het baie gebruik gemaak van speletjies wat ek aanlyn gevind het of in hierdie boek deur Peggy Kaye.

Peggy sê: Children throw themselves into playing games the way they never throw themselves into filling out workbook pages.

Daar is ook speletjies om te koop by Teachers pay Teachers. Ek het maaltafel speletjies soos hierdie afgelaai daar. Volg die skakel om dit self aan te koop. Of soek vir gratis speletjies op dieselfde webblad.

Nog ‘n speletjie was legkaart maaltafels. Ek knip en lamineer twee halwe van ‘n legkaart en steek hulle in die huis weg. Weer, kompeteer my meisies om so vinnig as moontlik die legkaart stukke te vind en dan te bou. Eerste klaar wen. Skakel vir die legkaart maalsomme is https://lifeovercsstore.com/products/multiplication-fact-puzzles-for-multiples-of-1-10

Rympies en Stories

Nog ‘n manier om maaltafels te leer is deur rympies en stories. Times Tales is’ n gewilde webwerf met stories vir elke maalfeit. En dit rym. Dis wel Engelse stories. Maar die prinsiep kan vertaal word na Afrikaans. Elke nommer het ‘n karakter.’ four’ is ‘n ‘door’, five ‘n hive en so word die stories gebou rondom die nommer karakters. Meskien moet ek bietjie dink aan Afrikaanse stories. 🤔’Maal Verhaal’ of ‘Malle Maaltafels’. Mens moet betaal vir Times Tales, maar as jy iets soortgelyks soek, heeltemal gratis, gaan kyk by https://www.multiplication.com/learn/learn-multiplication-facts

Janéy sê twee maal rympies op met beweegings.

Skootboek (Lapbook)

Janéy het ook ‘n maaltafel skootboek gemaak. Kunstige manier om al die maalfeite in klein boekies te sit binne in’ n plakkaat lêr. Dus knip en plak en gom sy die mini-boekies aanmekaar en leer hopelik die maaltafels soos sy dit doen. Ons het nog die skootboek iewers. Laai dit gratis af by https://www.homeschoolshare.com/multiplication_facts.html.php

Minecraft Multiplication

Vir die van julle wie se kinders ook Minecraft mal is, laai die speletjie af. Dit kombineer maaltafels en Minecraft! Dis ‘n bordspeletjie! Gratis, druk uit, knip uit en speel! https://royalbaloo.com/minecraft-multiplication-game/

Maal Apie

Ons het die maal apie apperaat aangekoop by Jolene Marshall 084 257 8790 vir slegs R250! Video van hoe dit werk is https://www.facebook.com/watch/?v=506765276933712

Tabel

Janéy het die tabel gemaak in 2018, toe sy 10 jaar oud was. Mens sit jou vinger op die dwars rye en die vertikale kolom en dan waar jou vingers ontmoet, is die antwoord. Dis ‘n wonderlike hulpmiddel vir wanneer die kind ander wiskunde doen en hulle maaltafels nog nie ken nie. Dan kyk hulle op die tabel. So 4×2, kind sit vinger op enige 4 bo en 2 aan die linkerkant. Volg die kolom met die vingers tot hulle ontmoet by 8.

Ek sou dit self netjieser kon doen of die uitgedrukte een gebruik. Maar Janéy het hierdie self gemaak, sodat sy dit meer geniet om te gebruik.

Toeps (Apps)

Soek vir Times Table games in die Play Store op jou foon. Ook onder Multiplication games is daar nog. Apps wat vandag se kinders se aandag behou en iets leer! My tipe toeps!

Dink julle sal saam stem dat ons baie kreatief was oor die jare en regtig hard gewerk het aan maaltafels. So ken my kinders hulle maaltafels? Nee! Steeds nie! Ek sug soveel keer terwyl ek hierdie blog post tik. Om te dink dat al hierdie buite-die-boks maniere nog nie my kinders gehelp het om hul tafels te ken nie! Ek dink my fout was om dit nie in te oefen nie. Ons sou een dag die aktiwiteit doen. Die speletjie een keer speel vir die video. Als net een keer op ‘n dag tussen weke van ander werk. Ek is nie konsekwent nie. Ek raak verveeld om die selle goed elke dag te vra. Of ongeduldig dat hulle steeds nie die selle maaltafel kan onthou nie! Ek het dan dit uit my kop geken teen… Kan nie onthou hoe oud was ek nie. Kan onthou hoe my pa my gevra het. Gereeld, oor en oor, voor bed tyd. Dink ek was 12 gewees.

Repetisie. Dis wat ek mis!

Liewe leser, hier is die oulike idees vir julle. Watookal julle doen, doen dit gereeld. Elke dag. En mag julle meer sukses behaal as ek!

0

Wat doen my Graad 7 dogter die jaar? (2021)

Sy moes haar eie doelwitte opstel. En ek help kies watse boeke en kursusse haar sal help om haar doelwitte te bereik.

Ek probeer nie vaskyk in haar een spelfout nie, het dit nie eers vir haar genoem nie. 🙂



Wiskunde: steeds Graad 6 Simply Maths met die plan om so gou moontlik Graad 7 boek toe te gaan. Maar sy sukkel met wiskunde so ons vat dit stadig.



Afrikaans: hierdie pragtige IGSCE Tweede-taal Afrikaans boeke tweedehands gekoop op Homeschool Exchange South Africa (New and 2nd hand educational material)

Ek weet nie of sy Cambridge roete gaan loop nie, maar ek hou van hierdie boek en werk en dink dis nou presies reg vir Janéy.



Engels: Writer’s in Residence vanaf https://cumbooks.co.za/products/gr-4-8-writers-in-residence-vol-1-apprentice-spiral-bound

Janéy hou van skryf, so ek wil haar help ontwikkel daarmee.



Bybel: Proverbs People vanaf https://oikosstore.co.za/product/proverbs-people-book-1/#:~:text=’Proverbs%20People’%20are%20character%20workbooks,children%20of%20around%205%2D10.



Aardrykskunde saam my Wêreldlande aanbieding wat sy as assistent werk met my met my kontak klasse. Lees meer oor hoe julle kan deel kan wees al bly julle nie naby nie. https://kieswetterklaskamer.wordpress.com/whatsapp-klub/



Sy stel belang in Onderwys en droom van Au Pair en met kleuters werk. So ek het haar ingeskryf vir kollege-vlak kursus: Childcare and Early Learning Diploma (baie bo haar vuurmaakplek so ek moet saam lees en verduidelik wat dit beteken maar dis okay. Sy sal daarin groei!) https://www.centreofexcellence.com/shop/childcare-early-learning-diploma-course/



So ek vra haar gereeld om lessies met my tweeling te doen en dan neem ek fotos daarvan. Dit gaan soos haar portfolio van ondervinding wees. Dis voorbereiding vir haar toekoms en dit help my baie! Wen-wen situasie!



Sy leer haarself Spaans op Duolingo.

En een van haar doelwitte is om haar eie kookboek uit te bring! So sy soek resep idees en pas hulle aan en eksperimenteeer, en tik dan die resepteboek op Word. Dis als haar eie inisiatief.



Wat is missing? Wetenskap vakke en Biologie. Maar dis nie waar haar belangstelling lê nie. So ons los dit vir eers. Meskien kom dit later by. Of meskien raak sy nooit daaraan nie. Sy loop in ‘n rigting en ek is trots op haar!