1

Hy is Sterk in my Swakheid

Ek vind dat as ek te trots of oor selfversekerd van my eie vermoë raak, kom ek met ‘n harde slag aarde toe direk daarna!

Vanoggend wou ek spog op Bakkiesboek oor die wonderlike tyd wat ek Maandag met my kinders spandeer het. So lekker geTuisskool deur die oggend en dan het ek nog geswem met hulle die middag. Ek het so goed gevoel as mamma. Die mamma wat SO baie tyd met haar kinders spandeer en dit geniet! Ek sou vertel het van ons lekker baljaar in die swembad. Hoekom geniet kinders dit so baie om met Mamma of Pappa te speel? Al 5 my dogters het op my gehang en geskree in my ore. (Ek moes paar keer vra dat die een spesifieke een nie so in my oor moet gil nie.) Ons het bal gespeel en lekker gelag. Ek sou ‘n foto wou neem maar ‘n swembad is nou een plek waar selfies nie werk nie.

Die mooi aanhaling wat ek wou kwoteer was: Tyd wat jy met jou kinders speel, is nooit gemors nie. Aah, so poëties.

Wel, gelukkig het ek dit nie geplaas nie. Maar die skade was gedoen. My hart lê bloot voor die Here. Ek dog ek kry iets mooi reg. Mag mens goed voel oor wat jy regkry? Vir seker! Mag jy spog daaroor op sosiale media? Umm, ek sou nie ‘n reël wou maak nie. God ken elkeen se hart. Ek lief dit as mammas iets great deel sodat ons dit saam hulle kan vier. Dis baie belangrik!

Vandag het ek weer geswem met my kinders. By swemlesse. En die keer was die geskreu en trek aan my net te veel. My senuwees was klaar.

Oppad huis toe, sien ek my 4-jarige tweeling is moeg. Dit was 15h00 maar ek gee nie om nie, ‘n middagslapie sal almal goed doen. Ek speel Enja musiek. Ek shush die ander sussies. Die oë raak swaar en begin toe gaan. Hulle s’n, ek kyk vorentoe en in my truspieëltjie. Soos ons in die motorhuis trek, vlieg die oë weer oop. Julle ken daardie ding van kleinsus is stukkend moeg, maar sy wil niks uitmis nie. Ek probeer vir haar rustig maak en sê ek sal by haar bly in die kar, sy kan maar slaap. Nee, sy wil uit. Maar die kind weet nie waar sy is nie, sy is so moeg. Ek tel haar toe op en lê haar neer op my pragtige mooi dagbed. (Weereens dankie Denell🌷) Dit lyk of sy gaan slaap. Ek gaan trek my nat kostuum uit en is nog halfpad aan met droë klere toe ek kinders hoor swem! Ek hardloop venster toe en sien my moë jongste kind sit op die rand van die swembad met haar vlerkies aan. (Darem het n ousus haar swemvlerkies aangetrek.) Maar ek dag ek bars ‘n aar.  Ek skree vanuit die eerste verdieping venster: WIE HET VIR JULLE GESÊ JULLE MAG SWEM?!

My maggies! Hulle kom nou net van swemlesse af!! Hulle WEET hulle mag nie swem sonder toestemming nie. En boonop die kleintjie ook daar sonder dat iemand my sê. Ek roep dat almal dadelik moet uitklim. Maar of hulle hoor nie of my gesag is verdun as gevolg van die afstand. Hulle splash voort. Ek sug. Die fight is uit my uit.

Ek fantaseer oor alleen uitgaan vanaand. Meskien is die flieks weer oop? Of ek kan alleen sit by n koffie shop. Ek moet net wegkom.

Soms is dit lekker om heeldag by my kinders te wees. Ek dink dit vir al in die oggende as ek hulle gesiggies soen en ons hoef nêrens te gaan nie. Dis so lekker dat ek hulle stemmetjies en gesiggies enige tyd kan hoor. Luister na wat hulle dink. Ek hou daarvan. Hulle persoonlikheid leer ken. Ontdek wat vir elkeen belangrik is. Hoe like  hulle hulle broodjies. Daai een eet tamatie maar nie daai een nie. Sy het van tamatiesous gehou maar dis nou verby.

En dan werk ek daaraan om sekere dinge te verbeter. Minder skermtyd is tans my groot uitdaging. Ek weet van die euwels van te veel. Ek sien dit eerstehands! Die tantrums en bakleiery sodra die TV af is. Die ure se gelukkige popspeel as hulle niks skerms voor hulle gehad het nie.

Wat ek wil sê is, ek het tonne empatie en genade vir ma’s wat hulle kinders seermaak. Ek kom soms baie naby om my pragtige, dierbare, soeteliefies pynlik te lyf te gaan. En ek is ‘n taamlik psigiese gesonde persoon. Ek moet myself inhou. Op my foon gaan.  Chocolate gaan eet.’n Ander sussie vra om te kom help. Wegstap.

Ek, as gesonde, sielsgelukkige mamma, voel soms so kwaad! Wat nog van ‘n depressiewe, eensame, alleen enkelma van 3 of 4 kleintjies?

Waarom vertel ek julle my skandige gevoelens en optredes?

Oor die vers:

Ek huil voor die Here vanaand. Ek het Jou nodig Here. Enige woord van bemoediging vir die moë mamma? En die woorde kom:

Ek het jou lief.

Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle.
1 PETRUS 5:7 AFR83
https://bible.com/bible/6/1pe.5.7.AFR83

Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan.”
DIE OPENBARING 21:4 AFR83
https://bible.com/bible/6/rev.21.4.AFR83

Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou.
JESAJA 41:10 AFR83
https://bible.com/bible/6/isa.41.10.AFR83

0

BANG vir foute maak.

Vraag vanaf ‘n nuwe tuisskool mamma: “Hoe kry mens die bangheid uit n kind om foute te maak? As my kind een fout maak (bv. spelling), dan raak sy so bang, sy wil glad nie aangaan met die werk nie.”

My antwoord: My oudste het ook so gevoel toe ons eers begin tuisskool. Ek moes omtrent 6 maande lank fokus op die sin: ‘Dis okei om foute te maak.’ Ons het n studie gemaak daarvan. Ek het doelbewus vir my kind begin leer dat foute’ n gesonde deel van menswees is. Ek het die volgende gedoen:

  • Ons het gekyk na uitvindings wat ontaard het uit foute. Die boek gelees: Mistakes that Worked  Een prettige voorbeeld is die donut! Die gatjie het per ongeluk in ‘n vetkoek gevorm en kyk hoe word die donut wêreldwyd geniet! 🥯
  • Ons het ook geleer van Bybel karakters wat groot foute gemaak het maar God het hulle steeds gebruik.
  • Vir kopiewerk, het my dogter aanhalings van bekende mense oorgeskryf. Elke kwotasie sê jy kan nie leer sonder om foute te maak nie. Hier is die gratis pakket wat ek gebruik het: https://rockyourhomeschool.net/growth-mindset-copywork-mini-book/
  • ‘Growth Mindset’ is ‘n konsep wat ek oor geleer het toe ek die aanlyn kursus daaroor doen deur Coursera. Die artikels oor die verskil tussen’ Fixed Mindset’ teenoor ‘Growth Mindset’ het my gefassineer! Daar is ‘n manier van dink wat’ n reuse impak op ‘n persoon se lewe kan hê. Dit beïnvloed sukses in die werkplek asook die huwelik. Growth Mindset speel’ n belangrike rol in’ n persoon se persepsie van hulle vermoë en daarom hulle toekoms.
  • Veranderde denke begin by veranderde woorde. Ouers kan hulle kinders help om minder te stres oor hul foute deur om hulle manier van praat eers te verander. Hier is ‘n tabel vanaf Carol Dweck.

* Praat oor die foute wat jy gemaak het en hoe jy daaruit geleer het. Jou voorbeeld is dikwels die magtigste leermeester!

* Ek het vir ‘n ruk opgehou kruisies maak by my dogters se werk. Ek sou net’ n syfer onderstreep of niks merk nie want sy kon nie kruise hanteer nie. Ek het net die fout vir haar uitgewys en haar gehelp verstaan wat sy gemis het.

‘n Wyse tuisskool pappa vra sy kinders na elke dag: watter foute het jy gemaak vandag? En wat het jy daaruit geleer?

My dogter het na baie geduld en liefde en die aanhoudende fokus op foute as ‘n geleentheid vir groei, ‘n nuwe sienswyse aangeleer. Ek is verstom oor hoe kalm sy nou is oor foute en hoeveel keer sy sal aanhou probeer.

Nog hulpbronne:

FANTASTIC FAILURES : True Stories of People who changed the world by falling down. https://ebookreader.digital/Fantastic%20Failures%20True%20Stories%20of%20People%20Who%20Changed%20the%20World%20by%20Falling%20Down%20First

The Ultimate list of free Growth Mindset Printables https://bitsofpositivity.com/the-ultimate-list-of-free-growth-mindset-printables-for-kids-and-adults/

https://fs.blog/2015/03/carol-dweck-mindset/
0

Leefstyl van Leer

Nóg ‘n kopskuif wat nuwe tuisskolers moet maak is die een van skooltyd tot leefstyl van leer.

Oor die algemeen, gebeur skool tussen 7:30 en 14h00. Dit is waar die leer plaasvind. In die skoolgebou. Huiswerk is blykbaar hersiening, (alhoewel ek weet dit al hoe meer nuwe werk en projekte is wat ouers hulle kinders mee help).

Dus, wanneer ouers begin tuisskool, soek hulle die skedule, die tydstip wanneer watse leerarea aan gewerk gaan word. Hulle vra my: “wat moet my kinders weet?” En “op watter ouderdom moet hy/sy kan…” vul in die res.

Die Departement van Onderwys het ‘n volledige, ingewikkelde Uitkoms tabel vir elke graad. Die jaar se temas en werk wat elke graad moet dek is als daar vir enige ouer om te gaan opswot. Die weke en dae, selfs tydstip wat aan lees en praat en skryf gegee moet word is daar. Hier is die skakel https://www.education.gov.za/Curriculum/CurriculumAssessmentPolicyStatements(CAPS).aspx

Maar wanneer jy begin tuisskool, is jy meeste van die dag, week, maand en jaar saam met jou kinders. Daar hoef nie spesifieke ure van die dag uitgeknip te word vir leer nie. Dit werk natuurlik lekker om roetiene te handhaaf en ietsie van ‘n plan te hê. Maar jy gaan sien die ‘skooldag’ is korter as die hoofstroom skole s’n, of konstant ~ hang af hoe jy daarna kyk.

Dis omdat leer die heeltyd plaasvind. En jy kan jouself instel daartoe. Baie leer vind plaas in ons kar. Ek vertel Bybelstories en die kinders luister graag. Ek vertel wat ek geleer het uit my kinderdae. Foute en lesse. Embarrassing moments, dan lag ons saam. Ons ry verby ‘n Engen petrol trok die ander dag soos hy petrol in die massiewe houers onder die grond by die petrolstasie ingooi. Ek wys die kinders gou in die verbygaan. Hulle is verbaas, het nie dit geweet nie!

Ons bespreek baie keer voëls. My jongste is mal oor voëltjies. Sy wil graag hulle uitwys vir my en dan vra sy die name. Soms ken ek die voël. Gewoonlik nie. Dan trek ons die voëlboek nader.

Ons hoor die geroep van ‘n Visarend en dan soek ons hom en voel verheug as ons drie sien sweef hoog in die lug. Hoe en hoekom sweef sekere voëls? Daar volg’ n bespreking en almal deel die kennis wat hulle het.

Gister by die danslesse, sien ons hoe eet Grys Loeries aan ‘n appel. Daars twee, so ons neem aan een is die wyfie en een die mannetjie. My dogter neem my foon en loop stilletjies nader om’ n foto te neem. Hoe het ek geweet dis Loeries? Toe ons kinders was, was my broers deel van ‘n orkes met die naam ‘Die Loeries’. Hulle het hemde en boeke met die prentjie van ‘n Loerie op. Ons het oppad na hulle blokfluit lesse, Loeries gesien in die omgewing en so het ek geleer hoe lyk die voëls. Maar ek het dubbel seker gemaak met Google dat hierdie wel Grys Loeries was. Daars ook helder groenes so kyk uit vir hulle!

Ilani se foto van ‘n Grys Loerie.

Met goeie toeps kan mens baie leer in die verbygaan. Of opsetlik. Ek soek nog `n goeie een om plante te identifiseer. Die Plant app wat ek gehad het erken net Amerikaanse plante. Maar mens kry die wat jy die plant afneem wat jy oor wonder en dan kom die naam op! Hoe cool is dit?!

Mens kan klasieke musiek luister in die kar of by die huis. Soos Beethoven of Chopin se bekende simfonieë opkom, kan julle gesels oor die komponis. Google as jy nie weet nie.

Ek lees vir my kinders baie stories en dit lei na die wonderlikste gesprekke! Voorlees is so ongelooflik vindingryk! Tog voel dit so passief. So min. Ons glo daar moet bladsye werk wees, wit op swart geskryf, om as leer te kwalifiseer. Dis hoekom daar so min tyd is vir speel of swaai of net dagdroom. Want dit lyk te lui om as skoolwerk te tel.

‘n Leefstyl van leer beteken jy (en jou kinders) kan enige tyd en enige plek iets leer. Ek deel die foto met toestemming. Pappa Jannes sê die perd staan vir ure stil terwyl sy ruiter so sit en lees. Wat ‘n salige prentjie om my punt te bewys!

As mens oop is om te leer, enige tyd, enige plek, leer jy baie en aanhoudend. Soos ‘n spons, slurp jy kennis op orals waar jy gaan. Met vakansie. Op uitstappies. By die winkels. In die kar.

Ons het gaan stap in’ n kwekery die week. My kinders besef mens kan jou eie waterval bou met kunsklippe. Hulle hoor ‘n papegaai en besef dit maak seker nie die stilste troeteldiere nie. Ons kom agter hoe duur hout trellis is en wonder of ons een kan bou uit kratte. 🤔

Blootstelling: een van die groot voorregte om in ons land te woon, is om baie geleenthede te hê vir leer ervarings. Mens kan bessies of aarbeie pluk. Skapies en plaasdiere by plase of opstalle besoek. Antieke by teetuine of markdae of museums aanskou. Koeie melk by melkerye. Wetenskap vertonings sien by universiteite. In grotte loop en berge opklim. Selfs die armoede om ons skep geleentheid vir leer. Nie almal in die wêreld weet van plakkerskampe of straat entrepreneurs nie. Ons kinders word geïnspireer om geld te maak sodat hulle kan gee aan die wie dit nodigste het.

Ek onthou nou van die trip na die hospice die ander dag. Ek het my dogters geneem opsoek na tweedehandse boeke want die biblioteek is nog toe. Daar sien ons allerhande outydse ditjies en datjies. Kantoor fone is reeds vir my kinders vreemd en antiek! Gramafoon plate en kasette! Daar was projeksie masjien en skyfies vir skyfievertoning. Dit was ‘n les in geskiedenis terwyl ons snuffel deur die rakke.

Wat het jy nodig om jou denke tot een van ‘n Leefstyl van Leer te verander?

~ nuuskierigheid

~ oop oë, oop kop

~ jou slimfoon gereed om te soek vir antwoorde.

En ‘n bereidwilligheid om te leer!

0

As jou dag nie gaan soos jy beplan het nie…

Gister was die loodgieters hier om vir ons ‘n nuwe geyser te installeer. Die ou een het gebars. Ons het bietjie wiskunde tussendeur gedoen. Ek het geweet dit gaan chaos wees. So, daar was reeds genade vir myself oor die ongewone dag.

Maar vandag was daar geen onderbrekings nie. Ons het niks aan nie. Hoef nêrens te gaan nie. Niemand kom kuier nie. Die ideale dag om baie werk gedoen te kry! En het ons? Nee! Ek is nie tevrede met hoe vandag se tuisskool verloop het nie. Hierdie is ‘n joernaal inskrywing om vas te stel wat verkeerd gegaan het en hoe ek dit kan regmaak.

1. Liaseer werk. Orals lê papiere. Papiere van laas week se skryf oefening en Wiskunde werkkaarte en prentjies wat hul geteken het. Ek wil hê my kinders moet leer om hulle werk self te bêre. Ek het gesê dat dit nie moontlik is vir my om almal se werk heeltyd in hul lêrs te bêre nie. Ons moet aanhou liaseer sodat daar rekord is van hulle werk. Hulle sê toe dat hulle nie weet watse lêr is hulle s’n nie. Ek handig toe almal se lêre uit. Dink hulle bêre toe hulle papiere. 🙄

2. Wiskunde. Janéy het 3 breuke werkkaarte gedoen terwyl ek langs haar gesit het. Netjiese werk. 👍 Ilani het 2 lang deel somme gedoen op haar eie. Daar was nog 3 op die bladsy. Net 2 somme! Dis te min! Hulle was wel reg gewees. Sy verstaan die lang deel darem. Hoe kan ek kry dat sy die bladsy voltooi? Sy werk so stadig. Ek weet sy moet net fokus. Dalk haar uitdaag om dit binne 10 minute klaar te doen? Horlosie by haar sit. En kyk of dit help.

Tenike het 4 wiskunde werkkaarte gedoen op haar eie. Laaste een het sy meestal als verkeerd gekry. 🙈 Maar sy wou nie korreksies doen nie. Sy wou haar breek neem, toe sê ek okay.  Ander werkkaarte het sy mooi gedoen en verstaan. Meskien was 4 te veel. As sy moeg raak, maak sy meer foute. Maar sy klink altyd so gretig, dat ek wil aanhou werk gee. Bak brood terwyl die oond warm is! Maar die foute is ‘n demper op haar entoesiasme. Meskien moet ek haar stop. Ek kan sê sy het pragtig gewerk en dis genoeg wiskunde vir die dag.

4. Lees: Net Tenike het vir my vandag gelees. Sy lief om vir my te lees! Ek het Ilani oor en oor geroep! Hoekom het sy nie vir my gelees nie? Haar leesboek lê op haar lessenaar. Dis Z vir Zackie boek. So een wat sy geniet en lekker kan lees… O wag, sy HET vir my gelees! Twee bladsye. Hoekom vergeet ek dit? Ek was op my foon gewees 🙈 Ai! Hoekom het sy so min gelees? Iets het ons onderbreek… Sy hou daarvan om my volle aandag te hê. Ek moet more meer fokus en luister terwyl sy lees.

Janéy wil iets vir my op Rivet lees. Onthou om more haar te herhinner. Sy kan ook die Tower Ponies vir my lees.

5. Toe het Ilani en Janéy ander planne. Ilani wou ‘n video opneem van Romeinse syfers. Sy het toe. Dit was baie mooi verduidelik. In Engels. Dis werk wat sy ken so sy leer dan niks nuut nie. 🤔 Wel mooi gepraat. Soos’ n 6 minute mondeling. Mmm, dis dan nie te sleg nie.

Janéy wou ‘n toneelstuk skryf. Sy het in Engels begin, maar toe sê ek sy moet in Afrikaans skryf. Toe vee sy haar Engelse opskrif uit en dink verder aan gaar storie. Toe ek weer kyk het sy niks geskryf nie. So, ek roep haar om Afrikaans se IGSCE werk te doen. Haar eerste op die vlak ooit. Sy het baie netjies geskryf. Ek moes baie help om die vrae te verduidelik en basies die antwoord vir haar gegee. Ja, ek het seker elke vraag vir haar geantwoord. Eish! Maar sy het nog nooit sulke vrae gesien nie. Begripstoets. Ek het verduidelik van vol sinne antwoord. Toe was sy baie versigtig om elke keer ‘n vol sin te skryf. Dis ver van klaar. Ons moet more daarmee aangaan. Hoe kan ek minder die antwoord gee en meer laat sy self dink? Dalk dink ek te min van haar vermoë. Sou sy die antwoord kon uitpluis? Ek wonder 🤔 Sal more laat sy self lees en antwoord. Kyk of sy kan.

My tweeling het mooi gespeel en prentjies ingekleur. Bietjie op my Reading Eggs app gespeel.

Dis nou 26 Augustus 2020. Die dag na gister se inskrywing. Die dag wat ek gehoop het gaan beter gaan. Maar ai, dit was erger! Ek het op die kinders geskree! My geduld was net te ver gestoot. Toe kook ek oor! 🙈 En dan moet ek huilende kinders troos.

Ilani het skielik gesukkel met die lang deel wat sy gister kon regkry! Ek kon dit nie verstaan nie. Sy vra my iets wat sy gister verstaan het! Ek het dit verloor! Die horlosie langs haar het net aanhou tiek terwyl sy bo in haar kamer gaan huil het. As julle gedink het dit gaan altyd klopdisselboom by ons, nou weet jy, dit doen nie.

En Janéy sukkel so met die breuke werk. Ek sê ons kan dit los en aangaan met ander wiskunde maar sy wil nie bladsye oorslaan nie. Sy wil sistematies deur die wiskunde boek werk. So, ons sukkel deur nog werk waar ek basies vir haar stap vir stap sê wat om te doen. Sy sê sy hoor die woorde wat ek sê maar sy verstaan nie hoekom sy moet doen wat sy doen nie. En hierdie is werk wat ek met Lego en magnete en tabelle wat sy vashou vir haar verduidelik het. Toe vra ek wat wil sy hê moet ek doen. Sy antwoord: “Wag tot ek gereed is. Tot ek dit verstaan.” En watse wiskunde doen ons tot dan, wonder ek.

En my 4-jarige Nivea het getantrum en gehuil. Sy wil hê haar tweeling sussie moet die Pappa wees maar Michaela weier. Nivea sê vir ons almal wat om te doen. Tot waar ek moet parkeer! Of waar ek haar kos moet neersit. En met watse lepel sy wil eet. So as haar sussie nie die Pappa rol wil speel nie, voel ek sy hoef nie. Maar Nivea hou nie op skree daaroor nie. So ek gee haar pak en plak haar neer op ‘n stoel in die badkamer. En maak die deur toe! Om die aanhoudende geskreeu bietjie uit te blok. Totdat my lankmoedige bediende Brenda, haar gaan haal en probeer troos. My hart versag en ek gaan gee haar n drukkie en hoor hoe kan ek help. Sy huil toe oor iets heeltemal anders. En ek kon dit beter maak.

Die einste Nivea kom later na waar ek met Janéy deur haar Afrikaans stoei. Sy bring vir my twee blommetjies. Sy sê as die een dood gaan, is daar nog een vir my. My hart smelt! Ek neem haar op my skoot en vra of sy jammer sê. Sy sê ja. Ek gee haar ‘n drukkie en sy hou my net vas. Ek sê dat dit aaklig was om met haar te raas en in die badkamer toe te maak. Sy sê dat sy gedink het dat ek die deur gesluit het en sy nooit sou kon uitkom nie! ☹️😭 Arme liefie! Ons neem toe die fotos saam en ek verseker haar van my liefde.

Ek is altyd die een wat ander mammas bemoedig om kinders nie te push nie. Ek gee gereeld raad om terug te staan en net boek te lees of asem te skep en die werk te los vir ‘n ander dag. Maar ek neem nie my eie raad nie! Ek wil sekere werk gedoen hê die week. Ek voel ons gaan later vakansie hou en rus en speel. Ek stoot nog my agenda op die kinders en dit het vandag lelik ge’backfire’.

Ek werk nou aan my Home Education Diploma deur The Centre of Excellence. Dis gratis beskikbaar die jaar. Dis ‘n uitstekende aanlyn kursus! Nou lees ek die woorde op my rekenaar skerm: “Eventually, even a child only learning what they want to learn will learn how to add, subtract, multiply and divide by a reasonable age. They will understand fractions, decimals, percentages and ratios through everyday life and practical problems. It doesn’t have to be forced, and in fact, you can’t force someone to learn something. In order for them to really understand it, they have to want to learn it.

My kinders speel nou so lekker met die buurkinders. Al die stoei en huil en druk van die oggend is, gelukkig, vergete. Ek sien uit om elkeen ‘n druk te gee en jammer te sê. Darem kry ons elke dag’ n nuwe kans.

0

Beatrix Potter verjaar!

28 Julie 1866 was Helen Beatrix Potter gebore in London, Engeland. Ek het nota gemaak hiervan ‘n paar jaar gelede en vier haar verjaarsdag nou elke jaar.

Hoekom? Want dis ‘n goeie manier om oor ‘n skrywer te leer! Julle wat my’ n rukkie al volg sal weet ons hou Dr Seuss partytjies op die 2de Maart en Winnie the Pooh se skrywer, A. A. Milne verjaar in Januarie. Die verjaarsdag skep die geleentheid om boeke te lees en oor skrywers se lewens te leer. En, lekkerste van als, saam ander tuisskolers te kuier!

Lockdown level 3 het ons nie gekeer om vandag so paar mammas en dogters te nooi vir ‘n gesellige Beatrix Potter dag! Ons eie klein privaat skool. 😜

Al die mammas het soveel moeite gedoen met die eetgoed! Kyk hoe mooi het ons tafel gelyk! Dankie aan die mammas wat dekor stukke gebring het soos koolkoppe en hasies en nessies en ‘n krat wat so goed gelyk het!

Groente is natuurlik ‘n groot tema in die Peter Rabbit storie. Die gulsige haas is heeltyd opsoek na sappige groente in Mr McGregor se tuin!
My Michaela liefie.
Ek het jellie gemaak en gevriesde ertjies in gegooi net vir die pret daarvan. En in die voorgrond is wortelkoekies. 😄

Nadat almal lekker geeet het aan wortel muffins en gesonde happies het ek vertel van Beatrix Potter. Ek het oor haar opgelees en interessante feite gedeel.

Ek soek vir baie van my fotos en hulpbronne op Pinterest. Ek het ‘n’ board’ daar getitel Beatrix Potter sou julle my wou volg.

Toe lees ek die storie van Mrs Tiggy-Winkle terwyl die meisies luister vir werkwoorde. Een mamma skryf toe die werkwoorde neer op papier. Ek stop soms terwyl ek lees en vra of hulle weet wat beteken die woord of daai woord. Dit was vir my kosbaar hoe ons die storie terdeë geniet het! Net soos Beatrix dit bedoel het.

Toe speel ons Stomstreke! Daardie werkwoorde was in ‘n mandjie gegooi en toe trek die kinders een uit en wys ons deur toneelspel wat die woord is. Selfs my tweeling wou’ n beurt hê!

Toe was dit tyd vir verf of teken! Een mamma het opgemerk hoe stil was die kamer vol girls want almal konsentreer so hard. 😍

Die inspirasie was opgesit vir almal om na te maak.

Toe was dit tyd vir groentesap kelkies kompetisie! Ek het drie sappe by Fruit en Veg gekoop en toe daag ek die meisies uit om te sien wie drink al drie soorte die vinnigste! Wortel sap, beet sap en groen groente sap! 😛 Die girls het twee-twee teen mekaar kompeteer en dit was so snaaks en groot pret! En boonop baie gesond!

Hier is skakels na bronne indien julle die sappige tema jul eenheid studie wil maak.

https://www.123homeschool4me.com/free-tale-of-peter-rabbit-printables_62

https://www.reallifeathome.com/free-beatrix-potter-printables/

https://etc.usf.edu/lit2go/148/peter-rabbit-and-other-stories/4923/the-tale-of-peter-rabbit/

https://youtu.be/wtWWxw05Rzk

My dogter Ilani (10) se Jemima Puddleduck.
My 5 wou aantrek vir die tema: Janéy (heel regs) is Mrs Tiggy-Winkle, Ilani (heel links) is Jemima Puddleduck en Tenike is Mrs Rabbit met my tweeling as haar hasies Flopsy en Mopsy.

Wat ‘n goeie dag! My hart is vol dankbaarheid, my sosiale beker weer vol en my maag, soos Peter Rabbit s’n, trommeldik geeet!

2

The White Bow

I go to William Frantz Elementary school. Or I did. Before Ruby Bridges came.


My name is Dorothy White amd I’m 6 years old. And I’m white. But Ruby is brown. Which seems to be very important to the grown ups these days. I wonder if I was brown, if my surname would be Brown?


I don’t really like school. You have to write a lot. And work hard. I’d rather play the whole day. But it looks like Ruby likes school very much. Because she keeps going even when the posters shout at her and tell her they don’t want her to go to school. I learned the word ‘Prosters’ from my mom. She said it means people who feel very strong about something. Then they go hold up signs telling other people what they feel. I’m still learning to read but I saw some signs at my old school. They said: “We don’t want to integrate.”


I can count by 2’s. Wanna hear? 2, 4, 6, 8, We don’t want to integrate.
Integrate is another big word. I think it’s when you mix things. Like carrots and cabbage to make coleslaw salad. I see my mom uses a grate to make it. I don’t really like coleslaw so I also don’t want to integrate either.


My mom took my hand and squeezed a bit too hard. She made me walk really fast. It was 14 November 1960. I remember because it was my birthday the next day. I was dressed in my Sunday best, but it wasn’t Sunday. It was a normal school day except it turned out not to be so normal.

My black shoes were really shiny. And my short white socks folded over two times. My school bag wasn’t heavy that day. And all these moms and dads and kids were standing outside my school. And shouting that 2, 4, 6, 8 song. I didn’t know what everyone was so excited about. I wanted to push to the front to see but mom held my hand so tight. Then she moved to a place where I could see and all we saw was Ruby walking with marshalls. Two in front and two behind her. I thought she looked like a princess and they were her footmen. When she came close, I waved at her and she smiled back at me. Mom grabbed me and pulled me away.
Mom said I was not to talk to Ruby. I asked her why not. She said because she is different and not to sass her. I tried to think what my mom meant. Ruby had a pretty dress like me. She had black shoes that were shiny just like mine. She had short white socks like me. The bow in her hair was very pretty. “Ma, is she a princess?” My mom looked at me funny when I asked her that.


So I went to my first grade class. Miss Peters told us to sit down. I looked all around but didn’t see Ruby anywhere. “Settle down and we’ll try to get some work done.” Miss Peters said. But as she started to take roll call, Molly Edward’s mom came to the door and asked that Molly go home with her. Molly went red and took her bag and went with her mom. Then came the dad of the boy with freckles, then came another mom to take the shortest girl in my class. So Miss Peters hardly had a chance to say the ABC’s ‘for all these moms and dads came to fetch their kids.
One boy put his hand up and said: “Miss, why is everybody going home? We just got here.” Miss Peters looked like she was a kettle starting to boil. She kept her lips together til they looked white and then she exploded: “Because, some people think they can just waltz into our school like they own it. And disrupt all our classes because the coloured school in town is too far. The Bible says that God made each tribe to stay together and not mingle with others and this is what comes from people wanting to mingle.” And then my mom was at the door calling me to go so I didn’t hear anymore. But Miss Peters was very mad.


When we walked past the Principal’s office, I saw Ruby sitting with her mom and just kicking her feet. She looked very bored. I wish we could play but mom yanked my arm and we went home.
That night my mom and dad were shouting at the TV. The TV was saying that 2,4,6,8 song again. It seems like everyone wants to learn counting by 2’s real bad. And they don’t want mixed salads. And my dad looked at me and said: “You don’t go near that Nigger ya hear?” and I just said “uh uh” cos I don’t know what a nigger is but I could tell my dad was super serious ’bout it.


The next day was my birthday like I said and I wanted to take cupcakes to my class like we did in Kindergarten. Mom said she wasn’t sure if that was a good idea. And I said “Of course it’s the best idea! Cos it my birthday!” But Dad said we could have a party on the weekend and mom said maybe she could bring some cake to school later. So we went to school with no cupcakes. And it’s maybe better because the crowds by the road and school were pushing and shoving. They were holding signs about God and some held Bibles up. But its very strange because it didn’t feel like church. Then I heard some big boys shouting “Go away Nigger! We don’t want you here!” I looked around to see who they were shouting at. That’s when I saw Ruby walking with her school case and white bow in her hair. “Did he mean her?” I wondered. “Mom, why is everyone so mad at that little girl?” but she didn’t hear me.

Then I saw it. A black box with a little baby in. It wasn’t a real baby. Just a doll. And the ladies holding the box were laughing. I just stared. Why did the grown ups want to play with a doll? Then I realized it was a coffin.

I’d seen one at my Meema’s funeral. It had been a very sad day. My mom cried a lot. Even my dad looked very sad. But these ladies holding the coffin were laughing so much. It was so confusing. Mom decided I wouldn’t go to school that day or the next. “It’s just too dangerous Dot.” she said.

“But why Mom? Why are there posters at my school every day?”

“Protesters honey. And they’re just mad that that little coloured girl Ruby Bridges is going to school.”

“But why Mom? Is she breaking the law?”

“No, the President actually said she may go to that school.”

“Then why? Is she bad? I don’t understand. The other moms had a baby in a coffin…”

“Hush Dot. That’s enough now. She’s not bad, she’s different and some people feel it’s better for her to go to a school with her own kind. Now go play.”

But I didn’t want to play. I felt bad for Ruby. I felt like I wanted to be her friend but I didn’t know how. And my dad had said I may not and he was real scary sometimes.

So I went to my room and got out my crayons and paper. And I drew a picture for Ruby. And I put it in my case. And when I finally went to school again, I slipped the picture underneath Mrs Henry’s door. (I had heard that Ruby was the only kid in Mrs Henry’s class.) And then I went back to my class.

My teacher did the roster and when she called my name, I put my hand up. “Dorothy White.” And for the first time in my life, I wished I wasn’t white.

In fourth period, I needed to pee so I asked Miss Peters for a hall pass. When I walked into the bathroom, I got a fright cos Ruby was drinking water. She hadn’t seen me yet and I thought of backing out and coming back later. But then I remembered the picture I drew for her and blurted out “Did you get my picture?” Ruby shot up and wiped her mouth on the sleeve of her jersey. “Did you draw it for me?” I nodded. I felt a bit shy all of a sudden. “It’s really nice,” Ruby said. “Thank you.” I looked down and then went into the stall. I didn’t know what else to say. When I came out to wash my hands, Ruby wasn’t there anymore. And then I saw it. Her white bow. I grabbed it and ran down the hall to Mrs Henry’s classroom. “Ruby, you forgot your bow!” I shouted. She turned just before going into her class. “I didn’t forget it. It’s for you.” Then she went in and closed the door.

That night I ate all my coleslaw. It was actually kinda nice.

Ruby Bridges
New Orleans
1960

Written by Janet Kieswetter in honour of George Floyd and all Africans who have been murdered or mistreated by whites. May good prevail over evil.

0

Tuisskool Mammas deel wat hulle oor hul kinders geleer het vanaf hulle tuisskool.

Ek het Pretoria tuisskool mammas gevra om my te vertel wat het hulle van hulle kinders geleer vanaf hulle tuisskool. Die antwoorde mag julle dalk verras!

Sarita sê: My een seuna kry vreeslike spier spasmas by ‘n tafel en stoel. Hy leer die beste op ‘n sagte stoel of bank. My ander seuna skryf ‘n barshou wanneer daar ‘n kat of 2 op die tafel lê saam met hom. Dis asof die teenwoordigheid van ‘n troeteldier die kreatiewe sappies laat vloei. 😉

Nanki deel: My seun wat Aspergers is wil werk doen terwyl musiek speel. Wanneer hy iets oor geskiedenis leer (hy is mal oor oorlog goed en my man leer hom toe van die Bidmark vegskip) dan bou hy dit met lego en speel wat hy geleer het. Hy wil ook dadelik as hy iets geleer het dit vir iemand anders vertel.

Talitha sê: So vêr in haar vroeë jare het ek geleer dat my kind met haar hele lyfie moet leer. As ek nie haar lyfie inkorporeer nie dan raak sy gou verveeld, kan nie konsentreer nie en sê werk is vervelig. Sy moet eintlik AL haar sintuie kan gebruik dan kan sy deelneem en leer met gemak. So ons leer oor die padda se lewenssiklus terloops toe ons een oggend ‘n padda helder inkleur. Ek teken die siklus vir haar en ons kleur hom in en kyk n video of twee daarvan. Toe speel ons dit uit op die grond waar sy n eiertjie in n bondeltjie is en groei tot sy hop. Sy kan maande daarna steeds dit verduidelik 100% omdat haar hele lyfie betrokke was.

Vidette vertel: Ek weet al lankal dat my kind se verbeelding gestimuleer moet word en mens moet baie “animated” wees om sy samewerking te kry of iets te leer. Hy hou nie van ñ somber atmosfeer nie~ hoe meer grappies, hoe lekkerder werk ons. By die skool het dit hom heeltyd in die moeilikheid gehad.
Ons geniet die tuisskolery want ek kan lekker soos ñ nar optree en hy geniet dit vreeslik baie! My glimlag seuntjie is terug, en die woede en hartseer wat begin opbou het omdat hy “stout” is, is nou weg ná net 5 maande se tuisskool.

Santie deel: Ek het altyd gedink dat my oudste dogter deurmekaar is, want met die stresvolle “kom by die skool betyds” oggende was daar nie tyd vir kamer opruim of bed opmaak nie. Dit het my frustreer dat nie ek of sy lekker kon byhou wanneer moet ons wat inpak. As ‘n mamma vra of ons omsend brief gelees het, dag ek sy verwys na die 1, twee briewe terug! Ons was altyd verstrooid! Toe dink ek sy is verstrooid en ek ook.

Toe begin ons tuisskool. Dit het nie dadelik gebeur nie, maar as ek terug kyk, staan ek verstom oor hoe sy in hierdie area gegroei het. Dit het begin met klein goetertjies. Ons moes die klokkie lui voor werktyd. Ek moes haar elke aand voor die tyd sê wat gebeur môre. Toe begin sy kalender hou op haar foon. Toe stel ek oggend roetine in en sy volg dit sonder boo of bah, om die waarheid te sê, sy dring daarop aan.

Ek was bang dat tuisskool hul struktuur gaan wegvat, maar al wat dit gedoen het is om hul te leer om hul eie te bou.

Mia deel: My oudste is nou 5 en as ek vra of ek haar iets kan leer antwoord sy heel bekkig: “Nee dankie, ek leer self!” As ek haar dan vra hoe leer sy haarself, is die antwoord: “My breintjie leer my.” Sy het tye van akademiese flare-ups wat jy voor moet regstaan en optimaal benut, want as dit oorwaai, is dit maande voor sy weer belangstelling toon.

Sy het haar alfabet geleer voor 4 deur my te vra om almal wat ons ken se name neer te skryf. Ek het dit onderskraag met gebaretaal wat sy baie geniet het. En toe vir maande niks. Sy het in 2 weke leer tel tot 20 en die getalle gelees. En toe het dit maande gevat voor sy verby 20 eers probeer tel het. Volgende stap was tel tot 100. Sy raak erg geirriteerd as jy met n werkkaart tipe opdrag kom. Sy maak eerder haar eie werkkaarte dankie. Sy het n massiewe verbeelding en speel heeldag, elke dag daarin. Dit was een van die redes hoekom ons haar nie skool toe gestuur het vir Gr R nie. Sy leer soos sy in haar speletjies in ‘mure’ vasloop. Sy wou vir haar Barbies laptops maak maar moes daarvoor kon skryf, en toe begin sy skryf. Sy leer deur observasie, on the fly en on the go. Dit daag my uit want ek soek struktuur en meetbare uitkomste en dit gee sy nie.

Laastens, Tehilla vertel:

My grootste les was dat my kinders nie soos ek is nie en ook nie soos ek gedink het hulle is toe hulle in ‘n skool was nie. Hul leer nie soos ek nie. Dit wat hul gelukkig maak is anders as wat ek natuurlik wil gee.
Dit wat hul laat leer is anders as die manier hoe ek natuurlik hulle wil leer.

Die kort van die lank….Ek moes groei! Baie groei! Ek moes aanpas! Baie aanpas! Ek moes nog meer leer luister en nog meer gee in areas waar ek nie noodwendig sterk in is nie…Ek het geleer dat ek nie als vir hulle kan wees of kan gee wat hul nodig het nie…maar ek het geleer dat Jesus genoeg is. Dat Hy hul ken..dat Sy genade genoeg is…dat ek nie sonder Hom kan nie..dat Hy “EK IS” is vir ons elkeen…So kort kort in n dag roep ek na Hom in my hart om te help! Dan kom Hy saggies met n gedagte of idee en lei my in daardie oomblik. Ek het geleer dat Jesus my bron is, vir my kinders en vir my, in elke oomblik. Ek het geleer dat my kinders Jesus nodig het! Meer as vir my.

4

Maak of breek jou kind

Ek lê nou wakker en dink hoe naby het ek gekom daaraan om my tweede dogtertjie se hartjie baie seer te maak. En toe onthou ek hoe hard ek wel was op my oudste. My hart klop met angs. Ek gaan more dit regmaak met haar.

Ek het amper vir my 9 jarige gesê dat die skryfstuk wat sy so hard aan gewerk het eintlik iets is wat kinders in Graad 2 skryf. Ek het gekyk na haar skryfstyl en woordkeuse en gewonder: Moet sy nie al beter skryf teen die tyd nie? Ek moet haar leer om meer byvoeglike naamwoorde te gebruik. Haar taal moet meer kleurvol wees. Hierdie is heeltemal te min. Eks seker ander Graad 4’s skryf heelwat beter. Gelukkig het ek niks van dit gesê nie!!

Ek besef nou dat die wortel van die gemene gedagtes is bekommernis dat ek haar nie genoeg leer nie. Dat ek haar faal. Ek vergelyk haar met wat ek dink die maatstaf moet wees. Dit gaan alles oor my.

Ek dink nou aan haar trotse gesiggie toe sy vir my teruglees wat sy geskryf het. Sy skryf nie baie nie want sy is nog nie lief vir skryf nie. So hierdie was ‘n opregte poging om my te behaag. Sjoe, ek gaan oor ‘n paar uur vir haar sê hoe ongelooflik trots is ek op haar werk gister. Ek gaan’ n goue ster by haar werk plak. Want sy vorder! Sy het goeie idees daar, goeie verbeelding en het haar beste gegee. Dit verdien prys!

En toe besef ek dat ek lanklaas goue sterre by my oudste se werk geplak het. Ek vergeet skoon om dit te merk! Die ander kry ‘Mooi so!’ en ‘Well done!’ na hulle werk. Hoekom het ek my oudste so afgeskeep?

My hart krul op om te besef dat ek baie hard op haar was. Wil net sê gister en eergister maar dalk is dit nog altyd. Want sien, ek is die oudste in my gesin. En ek het floreer op skool. Ek was omtrent elke Juffrou se gunsteling. Ek weet wat dit is om glimlagge van genot te ontvang. Ek was geseënd met sonstraal woorde en guns in elke klas. Dit het my net nog beter laat werk. Maar ek onthou dat selfs al het ek nie my beste gegee nie, was dit aanvaar en geprys. Ek was in die hoof se kantoor, nie om raas te kry nie, maar om sy goue stempel van Uitmuntende Prestasie te ontvang.

Nou vergelyk ek my akademiese vermoë met my dogter s’n. Ek was ‘n behoorlike boekwurm teen 12 jaar oud. Sy sukkel nog deur haar tweede hoofstuk boek. Maar hoe durf ek haar met myself vergelyk?! Sy is nie ek nie. Dankie tog! Sy is baie netjieser en meer georganiseerd! Maar daar vergelyk ek weer! Sy is haar eie mooi mens. En ek dink ek doen skade. Sy het mooi gewerk gister. Ek moet vir haar sê.

Ons woorde het krag. Ons weet dit. Maar in die tuisskool konteks, kan ons ons kinders maak of breek.

My man Timothy, was nie so gelukkig om gevleuelde woorde te hoor op skool nie. Hierdie is sinne wat werklik vir hom gesê was: “Ek hoop nie jy wil eendag ‘n skrywer word nie.” “Hier is heeltemal te veel oop gate vir’ n slim student soos jy… O, ek dog jy’s Anton.” “Jy gaan niks in jou lewe bereik nie.”

Sy ‘saving grace’ was sy ouers. Hulle het die olie salf van onvoorwaardelike liefde oor hom gedek. So die negatiewe woorde het afgegly soos die spreekwoordelike eend se rug. Niks wat hy by onderwysers gehoor het nie, het geplak. Sy ouers was trots op hom ongeag van sy skool vermoë. Hulle het nooit dat sy punte hulle opinie oor hom verminder nie. En nou is hy baie suksesvol in als wat hy doen!

So my punt is: waar ek die verkeerde ding gesê het, kan ek gaan regmaak. Waar ek afgeskeep het, kan ek opmaak. Ek kan jammer sê en daaraan werk om te verbeter. Meer komplimente gee, meer drukkies en trots oor my kind giet. Ek kan maak dat sy floreer. Dis nie te laat nie.

2

Live Webinar – Leer my Tuisskool

kinders klien

Live Webinar: Leer my Tuisskool

Deur Janet Kieswetter

Live op jou foon of rekenaar

Datum: 25 April 2020
Tyd: 15h00 
Koste: R50
Heelwat meer ouers oorweeg tuisskool nou. Ek wil graag julle vrae beantwoord!
Met die LIVE Webinar gaan Janet Kieswetter, Tuisskool mamma vanaf 2014 van vyf pragtige dogters, al die gereelde tuisskool vrae beantwoord.
1. Is tuisskool duur? Watse kurrikulum moet ek gebruik?
2. Hoe maak ek seker my kind bly by en weet als wat sy moet weet vir die jaar?
3. Wat van toetse en eksamens?
4. Hoe kry my kind dan Matriek?
5. Moet ek registreer by Department? 
6. Hoe tuisskool ek meer as een ouderdom gelyk?
7. Hoe lyk ‘n tipiese tuisskool dag? 
8. Wat van sport en maats en sosialisering? 
9. Wat maak ek as familie en vriende sê ek maak’ n fout?
10. Gaan ek hierdie kan doen? 
Janet help graag nuwe ouers op die avontuur! Skakel in Live of kyk die Webinar se replay. Volg die skakel om in te skryf.
My doel is om ouers in te lig, die vrees en angs weg te neem, inteendeel, hulle opgewonde maak om die Tuisskool reis aan te pak!
Kom leer lekker saam!
Datum: 25 April 2020 | Tyd: 15h00 | Koste: R50

Pay

AS JY SUKSESVOL BETAAL HET, SAL DIE WEBSITE JOU OUTOMATIES NEEM NA DIE REGISTRASIE BLAD TOE NEEM WAAR JY VIR DIE WEBINAR KAN REGISTREER.
Die terugvoer van die Leer my Lees Webinar was super positief! 
“Wow Janet, ek het jou webinar so geniet, en so insigewend gevind, baie dankie vir jou!” ~ Christine
“Wow! So insiggewend gewees jou Webinaar. Love love love dit! Voel of n hele nuwe wêreld vir my en familie oopgegaan het met homeschooling. So dankbaar vir mense soos jy wat ons  tools gee om die pad aan te pak wat God vir ons as Ma’s bestem het. Ek was my hele lewe gekant teen homeschool en nou is dit net amazing 🙏 ~Rene

 

Antieke Rome

Na afloop van ‘n wonderlike Romeinse Dag, deel ek graag ons Antieke Rome tema saam met julle.

Hier lê die kinders en eet soos die Romeinse dit gedoen.

En die fees het die mammas uitgesit volgens die resep in die boek ‘Spend the Day in Ancient Rome’. Die heerlike focaccia brood wat ek en Anina gebak het. Anina s’n was gluten-vry. Daar was ook spanspek, druiwe en aspersies. Dadels en olywe. Rys soutkoekies en maaskaas, eiers en hummus. Ons het onsself trommeldik geëet!

Die boek het klomp oulike aktiwiteite in! Ilani het ‘n sonwyser gemaak met die instruksies vanaf die boek.

Die oulike bronne wat ek vir die tema gebruik het.

My kinders geniet geskiedenis en ek dink een van die redes is omdat ons dit so prettig en prakties maak. Hulle geniet ook die skootboek (lapbook) wat ons maak. Dis gratis op Homeschool Share beskikbaar. Al die bladsye en inligting wat ons nodig het is ingesluit. Druk uit, knip uit en plak. Ons versier met prente uit ander boeke. Daar is soms iets wat mens moet invul of opsoek.

‘n Skootboek is’ n groot karton met kleiner mini-boeke daarin. Kinders geniet om die flappies te lig en te knip en plak. My oudste dogter se gunsteling deel is om al die boekies netjies in te pas. Sy lief organisering.

Iets wat ‘n baie groot indruk op ons gemaak het, was die dvd oor Perpetua. Sy was ‘n Christen in 203 n.C. wat gemartel was omdat sy geweier het om Jesus te ontken! Sy was saam met ander Christene in die arena gegooi om vertrap en verskeur te word deur wilde diere! Die dvd beeld dit baie versigtig en kinder-vriendelik uit. Nogtans is die emosie van haar pa wat haar smeek om die Here te ontken nogal traumaties. Perpetua het selfs ‘n klein babatjie gehad wat sy nog geborsvoed het. Sy moes hom gee vir haar ouers om te versorg, so oortuig was sy van die Evangelie. 7 Maart vier die Katolieke kerk die martelaarskap van Perpetua en Felicity, haar slaaf, heldinne van die Christen geloof.

Die dvds is nie orala beskikbaar nie. Ek het dit spesiaal aangekoop by ‘n privaat verkoper.

Ek het Asterix en Obelix boek vir my kinders gelees en hulle het so baie daaruit geleer! Dit het Ilani ge-inspireer om haar eie strokiesprent te maak. En wie anders maar oor Julias Caesar! En sy romanse met Cleopatra. Sy het besluit dit moet in Engels wees en daar leer sy Engelse woorde en spelling (ek skryf die sinne wat sy soek neer op weggooi papier en sy skryf dit netjies oor in haar spraakborrel. Sy moes feite opsoek in die Julius Caesar boek. Sy het hierdie oor ‘n paar dae gedoen en elke keer uitgesien om daaraan te werk. Dit was totaal haar idee van begin tot einde.

Een bladsy uit Ilani se strokiesprent getitel: Roman Romance

Ons het maats oorgenooi om saam met ons die Romeine Dag die hou. Almal het aangetrek met toga’s en stola’s soos dis tydperk dikteer.

Latynse frases
Die mammas
Tenike het die kunsprojek geniet. Mosaiek Parthenon.

Wanneer werk ons aan die Romeine tema vra jy? Wel, die tweede helfde van die oggend. Ons het altyd eers wiskunde en taalwerk. Maar na pouse kom ona terug na die lekker werk toe!

Een dag toe ons siek gevoel het en nie lus vir harde werk nie, het ons ‘n groot boks gevat en uitgeknip en plak aan die arena. Dit het goed gewerk om die strydwa’s se resies uit te beeld en speel. Toe die maats vandag kom speel, het hulle hul eie strydwa’ s gebring wat hulle by die huis gemaak het en om die baan gejaag met hulle.

Die seunsvriende het bietjie gladiator-gladiator gespeel met hul tuisgemaakte swaarde en skilde. Terwyl die meisies geskree het vir hul gunsteling vegter.

Daar is soveel inligting en interessante feite rondom die Romeine. Ek het vir die kinders die storie gelees van die oorsprong van die stad Rome. Die tweeling seuns Remus en Romulus wat deur ‘n wolf gevoed was. Wat by my dogters bly natuurlik, is die feite rondom meisies. Hoe hulle behandel was, hoe hulle geminag was en die tydperk se houding teenoor vrouens. En dit is meer as feite, dit veroorsaak emosie. En dit maak dat hulle dit nie vergeet nie!

Ilani wys haar Roman Romance strokiesprent.
Ek lees vir die kinders van Antieke Rome.