Uuuuu, wat begin met U?

Ek het die begin van die week op Facebook gevra wat begin met U en wil dankie sê vir die groot reaksie. Nou sien julle hoe verslawend dit kan raak om woordjies en dan aktiwiteite wat werk met daardie woorde uit te dink! Een vriendin sê “nou kan ek nie ophou U woorde uitdink nie”. Dis wat gebeur! En dis SO lekker!

Maar soos met ‘e’ het ‘u’ ook probleme gegee. Want daars baie min woorde waar die ‘u’ klank mooi uitgespreek word. Meeste woorde wat met ‘u’ begin, kry ook ‘n ‘i’ by en dan hoor mens die ‘ui’ klank en nie meer die ‘u’ nie. So wat staan my te doen?
Ek het besluit om soveel moontlik die ‘u’ klankie te oefen, ook in die middel van woorde en hier en daar die ‘ui’ klank toe te laat. Ek meen, kyk net na al die Afrikaanse alfabet posters en boeke en jy sal sien, hulle kies maar die Uil om die U letter te verteenwoordig.

So, ek skop af met Janéy se pragtige uil werk!

20140724-205230.jpg
Sy het die Uil en wat hy eet als self geteken. Ek het vir haar ‘n keuse gegee: om die woorde om die uil te skryf of die prentjies te teken. Dis wat ek geniet van tuisonderrig, die vryheid om te kies. En dis okay as sy eerder wil teken, sy kan ander dag weer skryf. Sy skryf reeds baie netjies so laat sy eerder doen wat sy geniet om te doen. En sy het dit baie geniet! Elke dier is op Google ‘step-by-step how to draw a…’ ge’search’ en sy het dit noukeurig gevolg. Sy vra of sy drie vissies hier mag teken. Ja! Mag sy ‘n dammetjie om die vissies teken? Ja! Is dit okay as die akkedis se stert so opswaai plaas van reguit lê? Ja ja ja! Lyk my daars nog ‘skool’ in haar kop want sy moet nog vir als permissie kry. (Of ek dikteer nog te veel!)

Nou dat ons al die klinkers goed ken, kan ons werkies doen wat al 5 inkorporeer. Sy moet nou fyn luister na watse klinker in die woord pas.

Slimkoppe Afrikaans Graad 1, bl 40

Slimkoppe Afrikaans Graad 1, bl 40

KIes die regte klinker

KIes die regte klinker

Sy moes woordjies lees wat ek uitpak, en woordjies uitpak wat ek vir haar vra.

20140724-211757.jpg

Woordjies by prentjies pas. Die werkkaart het ek gekry by www.leerafrikaans124.co.za

Woordjies by prentjies pas. Die werkkaart het ek gekry by http://www.leerafrikaans124.co.za

Dankie aan almal wie vir my herhinner het van die ‘uur’ of ‘ure’ woordjie. Janéy was gretig om te leer tyd lees, so ek het vroer vanjaar vir haar die ure geleer. Maar nou kon ons hersien en ook dit uitskryf. Ek gebruik oulike produk wat ek by Exclusive Books gekoop het: Kumon Flash Cards, Easy Telling Time, Write and Wipe.

20140724-212806.jpg

20140724-212833.jpg

Ons het gepraat oor uniforms, en hoekom mense hulle dra. Hulle moes puzzle stukkies uitsorteer en groepie maak van die loopbane waar mens uniforms dra en die sonder uniforms. Dit doen hulle sommer op die sitkamer mat terwyl tee drink. Daars ook ‘n gratis app op my foon, ‘Educational Games for Kids’ waar hulle mense met uniforms moet paar met ‘n stuk gereedskap. Byvoorbeeld, die soldaat met die tank en die verpleegster met ‘n inspuiting. Janéy het geniet om dit te speel.

Ons het gekyk na die lande op die wêreldkaart wat met U begin. Janéy wys na Uzbekistan.

20140724-213613.jpg

Toe lees ons in ons sendingboek, ‘Jy kan die Wêreld Verander’ deur Jill Johnston oor die Uzbeks. En vir hulle gebid.

20140724-213802.jpg20140724-213821.jpg

Ek het geleer oor die formele U form om die Here of iemand in gesag te addresseer. Toe sing ons ‘Hallelujah, U is Koning, ons aanbid U, in U woning…’

Ons het bietjie begin praat van Uitvindsels en begin lees in die pragtige boek: Die Storie van Uitvindings deur Anna Claybourne en Adam Larkum beskikbaar vanaf Galileo Books vir R130.  Maar ek het so skuldig gevoel oor die ‘ui’ klank plaas van ‘u’ dat ek op ‘n later stadium meer in diepte daardie boek sal bestudeer en moontlik ‘n projek daarvan maak! Sien UIT! :

20140724-214352.jpg

En, ook soos iemand slim voorgestel het, het ons Ultramel vlae by die Uniegeboue gaan eet! Saam met ultra (Engelse woorde, ek weet) cool vriende!

20140724-214736.jpg

20140724-214802.jpg

20140724-214830.jpg

Advertisements

8 thoughts on “Uuuuu, wat begin met U?

  1. Pingback: Vuur sonder vlam uu week | Kieswetter Klaskamer

  2. Pingback: Al die Letters van die Week 2014 | Kieswetter Klaskamer

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s