0

Die Yummy Alfabet

Die idee is om so baie sintuie te betrek by die aanleer van die Alfabet as moontlik. En wat beter manier as soet, sappige eetgoed? Waarin jy jou vinger kan doop en die letter vorm en dan aflek! Dan proe jy die letter en sien dit en ruik dit en hoor dit as mamma dit vir jou sê en voel dit met jou vinger. Die Yummy Alfabet maak gebruik van al 5 die sintuie!

Ek werk al jare aan die alfabet en het dit laas jaar, 2020, voltooi. Ek het in die verlede, hier en daar fotos geneem van letters, maar nog nooit die hele alfabet week na week aan gewerk soos die jaar op my WhatsApp Klub nie. Met die help van ‘n sekere slim seuntjie! Christo Kemp het so ingekoop in die idee van eetbare letters dat hy vir my idees elke week begin stuur het. So kon ek Yummy goed kry vir moeilike letters soos Q en X! Wag en kyk hoe kreatief was Christo.

Baba kossies is ideaal vir die Yummy Alfabet. Dis lekker en loperig en kinders kan hulle letters daarin skryf.

Ek het sopas ‘n beter idee vir die Letter B gekry. Butterscotch geur instant pudding. Daardie vinnige mengsel met melk. Wat is Butterscotch in Afrikaans? Botterskorsie?

Hierdie idee is minder yummy. Watse kind hou van Butternut sop?
Soms mag jy die eetgoed uitpak.
Gonna, hierdie eier hoort ook moontlik nie op die Yummy Alfabet nie. Gebruik eerder die lekkergoed wat sjokolade eiertjies is. Of Paaseiers as jy dit in die hande kan kry.
Toe kry ek hierdie idee.
Soms moet ek kroek met Engelse woorde.
Ons het fondant wanneer dit verjaarsdae tye by ons is. Dis soos edible klei! Baie lekker om daarmee te rol en vormpies maak.
Speserye soos gemmer en kaneel kan werk. Vir sommige kinders.
Nog H idees iemand? Dit moet lekker wees en eetbaar. Heuning was al voorgestel maar dis te loperig. Mens moet die h kan skryf en dit bly daar. 😄
Hier is die Instant poeding wat ek vroer van gepraat het. Selfs in sy poeier vorm is dit lekker!
J vir jellie! Enige geur jellie is lekker!

Ek het ook appelkoos konfyt al probeer. Dit smeer bietjie moeilik maar mens kan k daarin skryf. Koffie  is nie vir kinders nie maar kan werk vir moë mammas.

Wat lyk vir jul beter? Litchis met skil of sonder skil?
Hier is waar ek krediet begin gee aan Christo en sy mamma Tanya.
Pienk Pronutro is ideaal om die p letter in te oefen. Kinders verwar dikwels die p met 9 of b. So, om die letter oor en oor te skryf met hul vinger in Pronutro pappies werk goed!
Dankie aan Christo Kemp vir die slim idee en foto!
Hierdie vlae kan ook werk vir letter v, maar ons het dit gebruik vir U vir Ultramel. 😄
V vir Versiersuiker
Dankie Kemps vir die twee! 👆
Asook die volgende twee 👇

Julle sal sien dat sodra jy jouself instel om te soek vir eetbare Alfabet idees, dan dink jy sommer baie daaraan! Ek loop deur die winkels en sien nuwe produkte of wonder dadelik waarmee begin daardie eetgoed. Of besef eers as ons klaar geëet het, dat dit perfek sou wees vir die Yummy Alfabet!

Lekker leer en lippe aflek!

1

Afrikaans Alfabet Boekverslag

My HAT storie woordeboek R106,10

20140428-204926.jpg

My HAT Storie Woordeboek, geskryf deur Martine Letterie en Betty Sluyzer, (oorspronklink in Nederlands uitgegee deur Van Dale Uitgewers) is so ‘n oulike konsep dat sodra ek dit gesien het, wou ek een hê! Maar ek is bietjie teleurgesteld met die boek. Eerstens dis nie ‘n woordeboek soos ons een ken nie. Jy kan nie ‘n woord opsoek wat jy nie ken nie want daar is net so paar woorde onder elke letter, so daar was nog nie een keer die onbekende woord wat ons wou opsoek nie! Alhoewel daar ‘n duisend woorde altesaam is, en daars baie goeie woorde en die stories verbreed ‘n kind se kennis en woordeskat, vermoed ek dat jy deur die boek gaan moet lees en nuwe woorde aanleer, eerder as ‘n woord opsoek.

Die skrywer, het klomp oulikke stories, heelwat komies, sommige gediggies- geskryf. Dis verseker ‘n gesonde gehalte van Afrikaans! Maar wat ek voel nie gesond is nie, is die liberale inhoud van die stories. Deesdae is fantasie nie vir kinders vreemd nie. My kinders kyk ook flieks oor feetjies en drake, meerminne en prinsesse. Waar trek mens die streep? In die HAT is daar baie verbeeldingryke stories en karakters. Dwergies en elwe, meerminne en hekse. Heksieklein is ‘n karakter wat 9 keer verskyn in die boek. Al is Heksieklein uitgebeeld as ‘n oulike dogtertjie karakter is daar stories wat my ongemaklik laat voel.
Byvoorbeeld die een waar sy huil want sy is mooi. “Ek is te oulik,” sê Heksieklein hartseer. Ek wil net so lelik wees soos jy en Ouma.”

Op ‘n ander bladsy sê sy ‘n tower rympie om ‘n rimpel op haar gesig te kry.
Hierdie boek het my gedagtes rondom fantasie uitgedaag. Hoeveel fantasie is toelaatbaar? As ek feetjies en meerminne regverdig, hoekom is dwergies en hekse verkeerd? Ek gaan lank en hard moet dink hieroor. Ook bietjie luister wat die Here daaroor sê. Ek wil my kinders se verbeelding aanmoedig. En ek het nie iets teen bose karakters nie, want daar is sleg in die wereld. Maar ek trek die lyn by heksery. Selfs ‘n liewe heksie soos Heksieklein.
**

Alfabetland (R180)

20140428-205021.jpg
Die tweede alfabet boek wat ek oor wil praat is Alfabetland (uitgewer Alta Greyson) wat kompleet met ‘n werkboek asook alfabet flitskaartjies kom. Ek het hierdie boek op CNA se rak opgetel en dadelik gesien dis ‘n tuisonderrig moet-hé! Ek hou van die konsep van lees/gedig boek saam met werkboek. Dit oefen die kind in die konsep van luister vaardighede asook begripstoets. Die werkboekie is baie oulik saamgestel. Daars plek om die skrif van elke letter te oefen en soms ‘n prentjie te teken. Die vrae behels taal asook wiskunde probleme.

Die flitskaarte is op dik karton gedruk so dis nie eers nodig om te lamineer nie. Mooi kleurvolle prentjies om saam met elke letter te pas, maak dit moontlik vir kinders om oulike speletjies te ontwerp waarmee hulle hul klankies kan oefen.

Al kritiek is dat die vervaardigers klein foute in die produk laat deurglip het. Die flitskaarte behoort agterop dieselfde letter as voor te hê maar daar is sommiges wat duidelik verkeerd gedruk is. Agterop die d is f en agter die f is d.
Ook toe ons die m letter se werkies doen, is die een vraagie hoeveel miere loop voor Mamma Mol verby. Meskien verstaan ons nie mooi nie, maar ons tel 9 miere en die opsies wat ons moet sirkel is 7, 10 of 4. Meskien kan iemand vir my sê wat die antwoord moet wees?

Nogtans ‘n goeie kopie gewees! ***

‘n Annerste ABC-boek vir aspatatte

20140428-205227.jpg

‘n Annerste ABC-boek vir aspatatte (R80) geskryf deur Maritha Snyman en Karen Lilje (Uitgegee deur Lapa Uitgewers) is my gunsteling alfabet boek met ‘n gedig slegs oor diere vir elke letter van die alfabet. Daars ‘n geitjie en ‘n koedoe, njalas en vlakvarke – trotse Suid-Afrikaanse diere wat amok maak op die bladsye van die amusante alfabet boek.
Die boek is leersaam tog maklik om te verstaan met pragtige A4 illustrasies. Soveel woorde wat met die alfabet letter begin is gebruik in die gedig en ons het al ‘n gedig geneem en geleer as deel van ons tema.
Uitstekende Afrikaanse literatuur, ek gee die boek 5 sterre. *****

2

K-klank Aktiwiteite

My idee vir klankies inoefen met my 6- en 3-jarige is om soveel sensoriese aktiwiteite te gebruik as moontlik. En juis die groot voordeel om by die huis te kan leer te benut! Daar is soveel bestandele in en om die huis wat kan bydra tot lekker voel, ruik en sien aktiwiteite. Eerstens moet dit met die tema klank begin, dan moet dit prettig wees en dit moet al die sintuie wakker maak!

So die hele Desember vakansie maak ek notas op my foon oor alles wat met k begin. En in Afrikaans is daar heelwat baie!  (K omdat ons skool Kieswetter Klaskamer is 🙂

Hier is my lysie: K letter

Kop, ken, kniëe, kuite
Maak die letter K met jou lyf

Maak n K met klei

Kruie – kaneel, koffie, kakao, kerrie, knoffel

Kwartels, Kanaan, Konings

Kangaroo, krokodil, kameelperd, kat, kameel, koei, krap, kriek

Koek, klapper koekies, karamel, koeksisters, kiwis, komkommers, koejawels

Klasie blaas die Kersie uit (storie)

“Koljander, Klojander loop deur die bos, my ma en pa kook lekker kos, my boetie verstik aan ‘n druiwetros [korrel], die laaste een se kop word afgekap.”

Skryf: Klein Kira klim en klouter op die die klimraam.

So die dag van die Kieswetter Klaskamer se Opening het ons heelwat van die aktiwiteite saam met die maats gedoen. Ek weet nie wie het dit meer geniet nie, ek of hulle 🙂

20140109-202937.jpg

Ons het die liedjie “Kop en skouers, kniëe en tone” aangepas na “Kop en ken, kniëe en kuite…” En vinniger en vinniger gesing.

Ons het Koljander Koljander se lied ook aangepas sodat niemand verstik nie maar eerder ‘kou aan ‘n druiwe korrel’ 🙂 Maar nogsteeds moes ‘die kop word afgekap!’

20140109-143446.jpg

Daarna het ons ‘n Ruik die Krui speletjie gespeel. Al die kinders kon eers ruik aan Kerrie, Knoffel en Kaneel en toe het ek een vir een geblinddoek en raai watse krui hulle toe ruik. Dit het heel goed afgeloop met die sterk reuke baie duidelik en anders genoeg om maklik te erken. Melk was toe bedien met aarbei strootjies omdat “Koeie vir ons melk gee”.

20140109-204408.jpg

Toe was dit die speletjie wat my dogter later gesê het haar gunsteling van die dag was: Kiki’s met ‘n Kamera. Die oudste maats wat bygewoon het was almal 6 jaar oud en weet hoe om foto’s te neem met ‘n smart foon. Ek het mamma’s vooraf gevra of dit sou reg wees dat hulle kinders rond stap en items wat met ‘n K begin afneem. Dus die kiki’s. Ek en my girls het geniet om die vorige dag die voorwerpe op sekere plekke in die sitkamer en kombuis te plaas. En so was my huis beset met 5 en 6-jariges met selfone in die hand en roepe van “Kyk, hiers ‘n koning!” En “Ek het die kragprop gesien!” En “Tannie, kyk my foto van die ketel.” Die maatjie met die meeste korrekte k-kiki’s het ‘n Kit Kat gewen!

Ek wil gereeld sulke speletjies speel wat my kinders se vermoë met tegnologie inkorporeer.

20140109-204432.jpg

My dogter se foto van die ketel.

My liewe Ma het ook deelgeneem vanuit Engeland deur om ‘n video te stuur van haar vertolking van die storie ‘Die Skewebekfamilie’. Nie Oupa Koos, Boeta Karel, Sussie Karen of Kietsie Kat kry dit reg om die kers dood te blaas nie. Die held Klaas blaas uiteindelik die kers uit! Dit het veral baie vir my beteken en goeie herhinneringe van my kinderdae geprikkel.

Klei moes natuurlik ‘feature’ in die K tema en die kinders moes die K op ‘n papier toepak. Mens kan natuurlik ‘n groot K lamineer en gebruik as plekmatjie vir die kleispel.

20140109-205208.jpg

Gelukkig vir ons begin daar baie heerlike soorte kos ook met ‘n K en ons het lekker geknibbel aan kolwyntjies, gevriesde kersies, koeksisters, karamel en kaaskoek en klapper koekies. Ek het tot koejawel gegeurde ysies gehad, maar van hulle vergeet in die vrieskas!

My pa grap dat ek nou gaan sukkel om so baie aktiwiteite uit te dink vir die volgende klank want ek het heelwat minder tyd! Ek knik, dis verseker, maar ek kan nie nou swyg nie, die koël is deur die kerk!