Eende 

Ek volg my eie kurrikulum! Ek kies self wat my kinders gaan leer! Is dit scary? So bietjie in die begin. Ek wonder wat mis hulle; wat sou hulle by die skool geleer het. Maar dan hoef ek net terug te dink aan my skool loopbaan en kyk na wat ek daarvan onthou: bittermin! Ek besef toe dat wat my kinders leer moet sin maak! Dit moet bydra tot hulle lewens! Dit moet nie net ‘n klomp random feite wees wat by die een oor ingaan en weer by die ander oor uit nie. Dit moet hulle denkpatrone en lewenswyse vorm! 

So, hoe affekteer die nuwe kennis oor eende hulle? Hahaha, ek weet nog nie. Maar dit was pret!

 Ek lees laas week hierdie mooi boek oor eende vir my kinders en besluit ons gaan dit meer in diepte bestudeer. 

So ek soek vir ‘n lapbook oor eende en hierdie oulike een gekry:  http://files3.homeschoolshare.com/docs32466/ducks.pdf

Wat is ‘n lapbook (of skootboek soos ons dit in Afrikaans noem)? Ek sal jou wys!


Skootboek is maar net ‘n lêr met kleiner ‘boekies’ en gevoude papiere in wat inligting oor ‘n onderwerp op ‘n oulike manier rangskik. Maar ‘lig-die-flappie’ boekies bly prettig! 

Wat ek daarvan hou is dat dit kuns gebruik om droë feite op te kikker!


Ons maak gebruik van ander naslaan boeke en Google om die boekies in te vul. 

Die kinders leer nuwe woorde, oefen hulle skrif, lees kort stukkies, knip en plak, navors en soek in die natuur vir donsveertjies om in die skootboek te plak. 



Ek het dit self so interessant gevind dat Mallardse (Mallard) eende die mees algemeenste voël is in die wêreld en tog is hulle nie inheems nie! Hulle is eintlik ‘n ongewensde voël in Suid Afrika omdat hulle met ons inheemse eende paar en die integriteit van ons spesie dreig.  Daar is nou ‘n veldtog om alle Mallardse eende in ons land op te spoor! Die naam daarvan is Operation Mallard Allert en as jy so eend raaksien (meestal in die Weskaap en Gauteng) kan jy dit aanmeld by die webwerf: http://sabap2.adu.org.za/ 

Ons kon eend geluide maak deur om ‘n strooitjie se een kant te sny sodat dit ‘n punt vorm en dit plat te druk. As mens dan daardeur blaas, veroorsak dit vibrasie en ‘n lekker eendroep geluid! 

Janéy en Ilani het baie mooi hulle maatjies vertel oor hulle skootboek. 


Ons het nessies gemaak deur om die resep vir dadel bolletjies te volg en dan net in nessies te vorm. Klein sjokolade eiertjies het dit so mooi laat lyk, en proe!


Tenike het eendjies geverf en toe sing ons ‘Eendjies eendjies, stap in ‘n ry’ terwyl hulle eendjies deur ‘n E letter in ‘n papierbord waggel. 


My babas het ook van eendjies geleer: 


Ek sou graag nog eendjie kuns idees wou maak maar het nie daarby uitgekom nie. Ek heg hulle maar hier aan indien jy die oulike goed saam jou kinders wil maak. 

2 thoughts on “Eende 

    • Baie dankie Herma! Ek is gelukkig dat dit my gawe en roeping en passie is alles gerol in een! Ek waardeer so die mammas wie hulle roepings uitleef in die werkplek, want ons het hulle broodnodig! So voorreg om te kan doen wat ek geniet!
      Seënwense vir jou reis!

Leave a comment