0

Pret met P!

Ek is altyd op die uitkyk vir kreatiewe maniere om letters en klankies te leer!

Hoekom moet dit vervelig wees? Ons werk tog met kinders en hulle geniet prettige goed! Hier is so paar idees vir die letter p. Om dit te klank, te skryf, te onthou!

Die pennetjies en pennetjie bord het op die vloer gele. Ek pak toe p uit en maak ook ‘n Patroon.

Pak’ n patroon p met pennetjies op die pennetjiebord.

Toe gaan soek ek p bestandele in die kombuis. En daar is Paprika, papaya, piesang en peer baba kossies, pizza en pannekoek! O, en Pink Pronutro!

Pak papaya pitte in die vorm van ‘n P

Peer en piesang baba pappies werk lekker vir vingertjies om te oefen en lek!

En nou vloei die idees:

6. Gooi pannekoek deeg in’ n pan in die vorm van ‘n P.

7. Skeur pink en pers papiere en plak hulle op’ n P letter geskryf op’ n papierbord.

8. Sny ‘n p in die pizza.

9. Plant Petunias in’ n potplant en verf ‘n p op die pot!

10. Pak wasgoedpenne in die vorm van’ n P! En pink poms in die vorm van ‘n P! Laat kleuter die pink poms poms met die pennetjies optel tot op die papier!

Kyk hoe baie p pak ek nou in’ n sin! 😉

0

Middeleue Tema

Die voorreg om te kan tuisskool oorweldig my soms soos ‘n geskenk wat te groot is om vas te hou. Soos n jong kind wat’ n reuse teddiebeer kry vir Kersfees wat groter is as sy. My binneste gil met blydskap die hele week oor die geskenk.

Maandag het ons voorberei vir ons Middeleue Dag wat ons Dinsdag sou hou. Janéy het die instruksies gevolg om n kruisboog te maak. Kom Dinsdag kon sy vir haar maats wys hoe en toe was daar baie kruisboë. En hulle kon goed skiet hoor! Instruksies hier.

Ilani (9) vra dat sy iets kunstigs wil maak. “Watse kuns het hulle in die Middeleue gemaak Mamma?” Ek dink en dink en skielik pop daar ‘n idee in my kop. Ek het afskiet lap en lapverf! Ek vra of sy’ n tapyt wil verf en sy was onmiddelik baie entoesiasties.

Ons het gekyk na kunsstukke van die Middeleue maar als het te moeilik gelyk om na te maak. So Ilani het ‘n oorspronklike skildery geverf.

Tenike (6) wou weet wat kan sy doen? Ons het karton wat ophoop. So ek sny vir haar’ n skild uit en verduidelik van familiewapens. Google gou tipiese skildembleme van die 12de eeu en sy verf toe haar eie.

(Die kinders dra swembroeke want dit was warm en hulle wou deur die sproeier hardloop. Ek sê toe hulle mag sodra ons hier klaar is.)

Die tweeling het geen Middeleeu-relevante werk gedoen nie maar die landkaart het hulle gefasineer.

Dinsdag was dit tyd vir maats en Middeleue Dag!

Ek het die kinders vertel van kasteel aanvalle en hoe stede hulself verdedig het en hoe soldate en ridders aangeval het. Ons het gesels oor die ware beleg op Jerusalem in die jaar 1099. Dit was die Eerste Kruistogte en die Christene het die Moslems en Jode in die stad vernietig! Ek het eers ‘n video van die beleg gekyk en toe kon ek dit vir hulle verduidelik met prentjies vanuit’ n biblioteek boek.

Toe moes die kinders blou en groen lappe uit ‘n boks trek. Die groen span was die verdedigers wat die kasteel sou bou en die blou span was die aanvallers wat die wapens moes bou. (Die lappe word toe vlae!) Almal was baie gretig om aan die werk te spring!

Ilani het n valhek gemaak vir die hoofhek. En Claudia het die mure geverf.

Die verdedigers moes’ n goeie plek kies om die kasteel te plaas. Ons het gesels oor die voordele van koppies, riviere en bome naby die kasteel. Dit was ook baie warm, so ‘n plek in die skaduwee was ook n vereiste.

Water om die boom het as’ n grag gedien. En dit definitief moeiliker gemaak vir die aanvallers om naby die kasteel te kom.

Die aanval span het lank gewerk aan ‘n toring gemaak van Lego wat langs die mure kon staan en veilig die soldate tot op die muur kry. Hulle het af en toe kom meet en besef hulle toring is nie naastenby hoog genoeg nie. Hulle bou toe’ n leer gemaak van roomys stokkies om die toring te verleng.

Die katapulte en kruisboë was wenners! Die pyle het so sterk geskiet dat hulle nogals gevaarlike wapens was! Die seuns was baie bly oor die nuus dat nie net klippe as wapens gebruik was nie, maar oor byekorwe en dooie diere karkasse was ook in die katapult (slingerskiet) gelaai en oor die mure gestuur. Hulle gebruik toe geel pom poms as byekorwe en rooi poms poms as karkasse. En die geluide wat saam die bomme gelui het was so van pas! 😀 So bly as seuntjie maatjies met my dogters kom speel, hulle maak dit verseker meer pret!

Ek het vir die verdedigers gewone olie gegee om oor die kasteelmure op hul vyande te gooi. Hulle het mooi uitgehou maar toe vind die aanvallers ‘n swakplek in hulle mure en daar bestorm hulle die hoofdeur. Toe was dit tyd vir die’ battering ram’, die stormram?. En die weermag breek deur die deur en vernietig die valhek ook. Maar die meisies staan gereed met hulle skild en swaard en daar is groot geveg met karton swaarde. Dit was als wat ek gehoop het sou gebeur!

Die volgende dag het ons gewerk aan wiskunde en ons Maaltafel skootboek. Sien die video daarvan hier.

Toe wou ek hê dat die kinders nou hul kennis moes neerskryf en op papier vaslê deur middel van ‘n skootboek.

Ek gebruik klomp verskillende bronne om die plakkaat-soort projek te maak. Een wonderlike bron inligting en prente was Rosa Scheepers se My Geskiedenis Avontuur. Die prys vir n jaar se geskiedenis is baie goed en sluit aktiwiteit idees, vrae en pragtige geskiedenis in storievorm vertel in. Glad nie vervelig nie!

Besoek gerus gaar webwerf http://www.myafrikaanseavontuur.co.za

Die ander boek wat baie handig ingekom het was die skat van Usborne boeke.

Ons kon van die plakkers gebruik om die skootboek te versier en verbeter!

Ek het ook goed afgelaai van die Internet en uitgedruk.

‘n Skootboek is inligting oor n tema op kreatiewe manier saamgesit in n lêr. Daar is lig-die-flappie boekies, koeverte met inligting in en ander soort mini-boeke. Janéy het byvoorbeeld die mini-boek gemaak van belegwapens. Ek druk toe die fotos uit van ons eie kruisboë en katapultte en sy plak dit in die boekie, wat dan in die skootboek geplak word.

So lyk die voorblad:

Binne

Ek het hierdie week die waarde van menself inleef in geskiedenis! Dis een ding om te leer van droë feite en gebeurtenisse, maar om jouself in te leef as ‘n hofknaap of ridder wat’ n kasteel aanval is soveel beter!

Natuurlik moet leer soveel pret wees! Oorlog speletjies is wat my kinders gaan onthou. 😀

5

Wat onthou jy van skool? Studie uitslae.

Ek het die week, (laaste week van Augustus 2019), ‘n vraestel op Survey Monkey geskep. Ek wou uitvind wat onthou volwassenes die beste van hulle skooldae.

Ek het 33 respondente gehad, baie dankie aan hul elkeen, en die uitslae het my nogal verbaas!

Ek het die vraag ‘Watse les onthou jy die beste van jou skoolloopbaan?’ ook gevra op my Facebook blad, Kieswetter Klaskamer. Daar het 85 mense gestem. Maar daar was net 2 opsies. (Ek kon nie meer opsies maak nie. Twee is die limiet.) Dertig het gesê hulle onthou iets wat hulle verstaan het. En 55 sê hulle onthou iets wat baie prettig was.

Ek wou meer uitvind hieroor. Want as ek kan vasstel wat mense onthou, dan kan ek daarop fokus in my tuisskool.

Sekerlik as ek sien dat prettige aktiwiteite mooi vasplak in mense se geheue, gaan ek meer tyd aan fun goed spandeer!

En my ander teorie was, dat die juffrou ‘n groot rol speel in wat mens gaan onthou. Want EK onthou dinge wat gunsteling onnies vir my gesê het. Eintlik besef ek nou dat dit nie juis in n les of werk konteks gesê was nie. Dit was meer persoonlik vir my gesê. Woorde van tugting of bemoediging. Wyshede. Toe geniet ek daardie vak. Want ek hou van die onnie.

Maar ek wou fokus op skoolWERK. Sou die gawe onderwyser jou help om die werk beter te onthou?

Daarom my vraestel. Hier is die resultate:

Op die vraag: Waste les onthou jy die beste van jou skool loopbaan?

Watse les onthou jy die beste van jou skool loopbaan?

Die meederheid het toe gesê dat dit iets waarin hulle self belangstel!! Mense, hierdie uitslae wys na die waarde van ‘child-led learning’ en die unschooling beweeging. Net EEN persoon onthou iets wat baie prettig was. Aaaaaah! So al my speletjies en pret is meer vir myself as my kinders. Want hulle gaan die les nie noodwendig onthou nie! 🙃🙈 (Meskien was daar nie baie prettige lesse in die toetsnemers se skooldae nie? Meskien was hierdie onnies van oud se lesse verskriklik droog en vervelig. Dit moet ek ook onthou.)

Iets prakties het getel vir meer. So bak en brou lesse, bou en ontwerp lesse, naaldwerk, konstruksie, chemie en biologie waar hul eintlik die eksperiment self DOEN gaan help dat kinders die werk onthou.

Die een wat my meeste uit die veld geslaan het is ‘Die les deur ‘n onderwyser van wie ek gehou het’. Net 9 respondente kies die een. Op nadere ondersoek, sê hulle:

As die onderwyser gaaf en vriendelik was en van my gehou het was ek kalmer en kon meer konsentreer.
Ek het 2 onderwyseresse tussen graad 1 en destydse standerd 2 gehad wat ek nie van gehou het nie en ook nie veel kan onthou van daardie jare se leerwerk nie.

My matriek Wiskunde onderwyseres het in my geglo en my met respek en motivering so behandel. Sal haar vir altyd onthou asook haar lesse en omgee.

My een of twee mees geliefde onderwyseresse, het na ons opinies en gedagtes geluister, en hulle lesse interessant gemaak deur al ons sintuie te betrek. Op hierdie manier het hulle verseker dat ons van hulle gehou en hulle geniet het.

Ja, baie van my onderwysers het my geïnspireer en gemotiveer. Ek was egter lief om te leer, selfs in die simpel onderwysers se vakke.

Ek het baie van die vak gehou, maar nie baie van die onderwyser nie.

Hierdie en ander antwoorde laat my dink dat vir party van ons is verhouding met ons juffrouens van meer belang as ander. Dit hang maar af van persoonlikheid.

Die wenresep lyk my is soos volg: my kinders kies die leerinhoud, ek swot dit op en word passievol daaroor en help hulle om dit te leer in ‘n praktiese, prettige manier! 😀

Wat was jou gunsteling deel van skool?

Hoe harsteer dat 5/32 mense skool gehaat het! Dis 15%. As jou kind skool haat, oorweeg asseblief ‘n ander skool, kothuis skool, aanlyn onderwys, tutor, of indien moontlik, tuisskool!

Ook die vraag bo wys na belangstellings. Waarin die persoon belang gestel het as kind, is dit wat hulle die meeste geniet het.

Ek dink die opname het my werklik laat besef dat ek moet luister as my kinders sê hulle wil iets leer. Want dan is hulle nuuskierig en gemoetiveerd om dit te leer!

Ja, terwyl hulle jonk is, is daar goed wat hulle MOET leer. Maar kyk of jy hulle belangstellings kan gebruik om die les lekkerder te maak. By voorbeeld, ek het ‘n tuisskool mamma ontmoet wie se 5-jarige seun dol is oor dinosourusse. Hy teken 15 per dag sê sy. En nou dat die ouer boetie en sussie geleer het oor spysvertering en die liggaam, teken hy die dinosourus se spysverteringstelsel! 😀

My vierde vraag was: “Sou jy sê dat wat jy onthou van skool van kardinale belang is om te weet? Verduidelik asseblief hoekom jy ja of nee sê.”

Helfde het ja gesê en die ander helfde het nee gesê. Die gevoel was dat sekere basies beginsels is nodig om te leer, en dat skool mens help en voorberei vir jou toekoms. Tog het baie gesê dat hulle niks nou gebruik wat hulle geleer het nie en dat hul als wat hulle nou moet weet, self moes opswot.

So leer jou kinders hoe om te leer. Hoe om te soek vir inligting en dit te interpreteer. By voorbeeld, my man het die Afrikaanse weergawe van Catan gekoop. Baie lekker bordspeletjie maar ons was nie lus om die reëls te lees nie. So Pappa sê hulle moet ‘n You Tube video kyk van hoe om te speel en vir ons kom verduidelik. Hulle kom toe later terug en verduidelik die reëls aan ons. Dit het uitstekend gewerk! Hulle was so gretig en opgewonde om ons te vertel, en hulle moes nou in hulle eie woorde dit verduidelik. Goeie spraak oefening ook!

Ek sluit af met die aanhaling deur John Holt: “It is as true as it was then that no matter what tests show, very little of what is taught in school is learned, very little of what is learned is remembered, and very little of what is remembered is used. The things we learn, remember, and use are the things we seek out or meet in the daily, serious, nonschool parts of our lives.” (How Children Fail)

1

Luister mooi Afrikaanse stories aanlyn!

Afrikaans is so ‘n mooi taal! En ons wil dit aan ons kinders oordra. Baie buitelanders kan nie so maklik Afrikaanse boeke bekom nie, daarom soek ons aanlyn opsies!

Ek het die voorreg om twee aanlyn storie webwerwe te besoek, bepeins en bemark! LUISTERVINKSTORIES EN ANNA EMM POD 😀

Luistervinkstories

As tuisskool mamma van 5 kinders, het Hannekie Verwoerd die waarde van voorlees vroeg-vroeg gesien. Maar meer as dit, is Hannekie ‘n ervare spraak- en taalterapeut. Sy sê op haar webblad dat om vir jou kinders voor te lees onsettend baie help vir hulle taal ontwikkeling en later lees- en skryfvaardighede. Mens kan mos nie woorde skryf wat jy nie ken nie! Hannekie glo dat die epidemiese afmetings wat leesprobleme in die afgelope jare aangeneem het, gestuit en omgekeer kan word as daar meer aandag geskenk kan word aan jong kinders se taal ontwikkeling.

So hoe lees besige ouers meer storieboeke vir hulle kinders voor? Hulle sluit aan by Luistervinkstories waar hulle ‘n hele biblioteek vol pragtige, lewendige stories het tot hul beskikking! Hannekie kies taalryk en klassieke stories en fabels. Skrywers soos Freda Linde, CJ Langenhoven en die Broers Grim verleen tot vindingryke Afrikaanse stories wat net soveel leer as vermaak!

Hannekie het ‘n video biblioteek, waar kindertjies die prente van die boek kan sien terwyl hul luister na die storie asook’ n audio biblioteek met hoofstuk boeke (soos Maja se Avonture) sodat kinders langer verhale lekker kan luister. Sy het ook slim die stories in tydafdelings verdeel vir jong luisteraars (korter as 5 minute), die wat 5-9min wil luister of ouer kinders wie graag langer as n 9 minute wil luister en kyk (die videos stories wys die prente in die boek).

Hannekie laai gereeld nuwe stories op die webblad, so die maandelikse subskripsie van R80 is uit en uit die geld werd! Sluit nou aan by Luistervinkstories https://luistervinkstories.co.za/kontak-ons/ of epos Hannekie by luistervinkstories@gmail.com

Anna Emm Pod

NUUT!! DIE ANNA EMM POD!

Stream meer as 120x kinderstories live of laai die MP3’s af na jou device.

Registreer nou gratis by http://www.annaemmpod.co.za en ontvang 4x gratis stories om af te laai!

Ek was ook baie bevoorreg om 5 stories vanaf Anna Emm se nuwe potgooi webwerf as geskenk te kry! Een CD vir elkeen van my kinders.

My dogters het gekyk na die CD covers (al die stories is mos op CD beskikbaar en nou laai Anna al die stories op die webwerf sodat hulle aanlyn beskikbaar is.)

My dogters het soos volgende gekies:

Janéy: Speurder Morris Muis

Ilani: Vier Konings

Tenike: Lievelant

Michaela: Haai Sies, Jy Jok!

Nivea: Siebert Trapsuutjies

(Michaela sing graag Baby Shark doe doe doe doe, so sy het dadelik van daardie haai prentjie gehou. 😉)

Die stories is so kleurvol soos die voorbladprentjies verklap. Anna Emm is ‘n begaafde skrywer en die plotte en komplotte is so snaaks en interessant, dit strek jou kind se verbeelding tot by die sterre en verby!

Anna maak gebruik van talentvolle stemme om die stories te lees. Kunstenaars soos Anna-Mart van der Merwe and Anrich Herbst is van die beroemdes wie vir haar voorlees.

Anna sê dat sy al 3000 van haar stories mettertyd gaan oplaai op die webblad so almal gaan moeilik kies en keur tussen die skatte!

So tussen Luistervinkstories en Anna Emm Pod is ouers bederf met massas stories! Om na te luister op lang of kort reise, terwyl julle kuns doen of net saam snoenig lê in die bed en weggevoer word saam karakters op asemrowende avonture.

0

Foute Help jou Groei!

Ek wil graag met julle deel oor ‘n les wat ons die week in ons Kieswetter Klaskamer geleer het.

My oudste dogter het mooi gewerk aan haar wiskunde. Dit was’ n maklike bladsy. Sy moes eers die antwoord van die som skat en dan dit met haar sakrekenaar uitwerk. Dis mos pret! 😀

Die skatting het verander in ‘mental maths’ waar sy eers die som in haar kop vinnig uitgewerk het. Sy het haarself uitdegaag om so naby as moontlik aan die korrekte antwoord te kom. Die eerste groep somme was plus somme maar die tweede groep was minus. Sy werk so lekker en word so opgewonde oor haar skattings wat dikwels in die kol is, dat sy nie die klein minus teken sien nie. ‘n Fout wat ons almal al gemaak het. Sy werk al die somme soos plus somme uit. Toe tel sy hoeveel antwoorde het sy presies reg uitgewerk. Die skat kolom het 13 korrekte antwoord soos die sakrekenaar kolom. Sy spring op en roep na my, baie opgewonde en trots op haarself. “Kyk Mamma! Ek het 13 somme reg geskat! 😀”

Ek wens haar reeds geluk voordat ek haar fout raaksien. Ek gee haar ‘n druk en sê hoe slim sy is om dit so in haar kop uit te gewerk het! Sy gloei met blydskap!

Iets trek my aandag toe af en ek help eers’ n ander sussie. Ek gaan terug en merk Janéy se werk so rukkie later. Daar sien ek dat so 20 somme als verkeerd is. Die eerste lot optelsomme was reg en toe gaan sy aan om te plus en kry die tweede helfde verkeerd. Daar waar sy vir haarself reeds geskryf het: 13 reg! Ek besef dis so ‘n algemene fout. Ek roep haar en sê: “Aaah Liefie, jy het nie gesien hierdie is minus somme nie. Mmmmm… toemaar, maak al die minus tekens net plusse! Ek gaan nie jou vra om als weer oor te doen nie. Jy het so mooi gewerk hieraan.” Haar gesig val maar lyk weer vrolik oor my plan. Sy trek n vertikale strepie oor die ➖ sodat hulle almal nou ‘n ➕ is. Daarsy! Probleem opgelos. Ons gaan aan met ander werk.

Daardie nag is ek 2:30 wakker vir’ n 3 jarige wie my soek. Sy wil hê ek moet by haar sit. Soos ek sit is ek op my foon soos gewoonlik. Ek kyk na die Big Life Journal wat nou op spesiale aanbod is. Slegs $22 en mens kry The Kindness Kit pdf saam! Ek sien dat die dagboek eers middel Julie uitkom maar pos nie na Suid-Afrika nie. My jongste broer bly in Chicago en kom kuier in Augustus vir ons. So ek oorweeg om die dagboek na hom toe te pos. Gaan dit betyds by hom arriveer voor hy vlieg? Daar is preview bladsye van Big Life Journal. Ek blaai deur hulle. Dit lyk SO goed!

Dit tema is ‘growth mindset’ en al die waardes en woorde in die boek is positief en motiverend! Die een oor foute spring na my uit.

My kindjie slaap weer en ek gaan klim terug in my snoesige bed. Ek lê wakker en dink aan Janéy se wiskunde foute van die vorige dag. My houding was so vrolik en ontspanne. ‘Ons maak dit maklik reg om ons te pas.’ Dit het my laat dink aan my awesome pa. Hy was so met my bestuurderslisensie. Hy het my geneem vir lesse in n klein geleënde kar. By Waltloo. Baie van julle sal dadelik daardie toetsgronde in jul verbeelding kan sien. Ons oefen die handbriek wegtrek op die opdraende en die parkering by die parkeerarea. Als gaan so goed. My pa het hope geduld!

Ons kom by die robot en dis swart en af. Lyk stukkend. Ek en my pa neem dadelik aan dat die robot af is daardie dag maar gewoonlik ‘n kleur sal wys. Dalk is die krag net af? Hy help my deur om te sê ons kan maak of dit groen is. Ek ry stadig reguit oor die robot. Ons kom by nog een en die keer sê hy ‘dis rooi!’ al is daar geen liggie wat skyn nie.

So ‘n dierbare fout om te maak. My pa, in sy begeerte om my te help, vergeet wat ek moet doen by’ n stukkende robot: dit benader soos ‘n 4-rigting stop! Ek moes ook geweet het! (Het darem my leerling lisensie eerste keer gekry!) Maar kom toets dag en ek wag vir my toetsnemer meneer om vir my die kleur van die robot te sê! Ek ry al hoe stadiger na die robot toe en vra hom selfs, “What colour is the robot?” 🙈 Maar hy staar botstil voor hom en sê niks vir my nie. So ek ry stadig deur die robot en dop my toets!

Ek het eintlik by die tweede robot onseker gestop maar my examinator sê dat om deur die robot te ry is dadelik ‘n faal. Hoekom het ek by die tweede een gestop maar nie by die eerste robot nie, wil hy weet. Ek is te teleurgesteld en skaam om iets te sê. Die trane lê vlak.

My pa het natuurlik baie sleg gevoel. Die besef tref hom soos’ n ton bakstene. Ai, dis mos ‘n 4-rigting stop! Ons tel maar ons moed op en ek skryf/ry die toets weer en ek kry my lisensie. Ek kan jou nou sê dat ek nou altyd stop by’ n stukkende robot! Niks gaan my deur dit laat ry nie! So, les geleer.

Ek dink aan my dogter en hoe baie eksamens sy nog het wat voor haar lê. Ek wil nie hê dat sy ooit daardie somteken fout in ‘n eksamen moet maak nie. So ‘n eenvoudige, maklike foutjie om te maak, maar ook een waarvoor sy mooi moet kyk. ‘n Plus of ‘n minus sal ‘n groot invloed op die res van die som hê. So ek besef ek gaan haar moet reghelp.

Die volgende dag roep ek haar en haar sussies (die 9 en 6 jarige 🙂 nader. Ek vertel hulle van my bestuurderslisensie toets. Hoe my pa vinnig die situasie ge’fix’ het maar toe leer ek verkeerd. Ek sê vir Janéy dat ek gister gesê het dat sy al haar ➖ somme in ➕ e kon verander. Maar dat sy nou nie haar les sou geleer het nie. Ek wys vir haar hierdie plakkaat:

Ek sê toe vir haar dat ek verstaan dat sy baie opgewonde was om so baie somme reg te gekry het maar ongelukkig leer sy dan nie om mooi te kyk na die somteken nie. Daarom gaan ek haar vra om alles uit te vee en die somme oor te doen. As aftrek somme die keer. Sodat sy op die harde manier leer om versigtig te kyk. Sy het verstaan en die uitveër gaan soek. (Dis altyd weg!)

Vandag is ek dankbaar vir my pa se fout, want toe leer ek ‘n belangrike les. En kon dit vir my dogter leer. En ons almal groei nog vanuit ons foute.

3

Die arm mense pla my

Ons sal altyd die armes by ons hê. So het die Here self gesê. Mattheus 26:11

Die afgelope ruk is die nood om my meer ooglopend en begin my oorweldig. Dit druk op my emosies en my hart. Dis tyd vir introspeksie. Hierdie is ‘n doodeerlike opname van my gevoelens rondom die behoeftiges in ons gemeenskap.

My ouers het onlangs van Engeland kom kuier. Om hulle saam my in die kar te gehad het, het my meer bewus gemaak van die haweloses op die straathoeke. Die werkloses wat sit en wag vir ‘n bakkie om hulle te kom optel vir’ n dag se werk. My ma het my gehelp om die kinders se skoene uit te sorteer sodat ons ‘n sak vol skoene Saterdag kan neem na ‘n plakkerskamp.

Ek gaan deur ons klere en sorteer en versamel. Maak groot sakke vol gereed vir minder bevoorregte mense. Hoekom voel ek dan so omgekrap? Wat pla my?

Eks nie lus om te help nie. Ek wil nie gaan skenk nie. Ek wil nie my lekker lewe onderbreek om vir arm mense te sorg nie. Ek wil net aangaan om in my gemaklike koekon te bly en nie gesteur word deur ander se nood nie. Daar is dit. Ek het dit gesê.

Terselftetyd raak ek kwaad vir my kind as sy huil dat sy honger is. “Daar is brood, daar is die botter! Staan op en maak vir jouself ‘n broodjie! Saterdag neem ek jou na’ n plek waar kinders REGTIG honger is!!”

My 3-jarige wil nie haar speelgoed optel nie. Ek dreig weer: “As jy nie optel nie, sal mamma dit in ‘n sak sit en dit neem na kindertjies wat geen speelgoed het nie! Gaan jy optel? Nou goed!”

Ek is kwaad vir hulle lui selfsugtigheid terwyl ek met presies daardie gevoelens in my eie hart worstel.

Ek WIL beter as dit wees. Ek reël die uitreik! Ek lyk seker baie voorbeeldig want ek WIL my kinders goeie waardes leer. Ek WIL maak soos Jesus gesê het en gee en gee soos Jesus-volgelinge geleer is om te doen. Nie eers Jesus-volgelinge nie, net bloot mense met empatie! Ander mense kry swaar, iemand moet iets doen!!

Ek kyk na die klere in my kas. Hope truie wat ek jare laas gedra het. Tyd om uit te gooi! Iemand kan dit gebruik. Dan is daar elk geval meer plek vir nuwe klere. Splinternuwe klere. Nie tweedehands soos wat ek skenk nie. Die skuld pak my toe.

Dit is die lot van die mens. Die konstante stryd tussen die goeie mens wie ek wil wees en die eie ek wat veg vir sy regte. Die engeltjie op my een skouer wie my aanmoedig om te help en om te gee. En die duiweltjie wat sê “ry net verby, die kinders skree, jy het nie tyd om nou te stop en luister na die ellendes van ‘n bedelaar nie”.

Toe ek terug ry en dieselfde dame sien, het ek gestop en toe huil sy en toe parkeer ek en klim uit my kar en gee haar’ n drukkie. Ek hou die vrou met vrot tande en ‘n leë maag net vas en laat toe dat sy huil. En watse een, die engel of die duiwel sê vir my “Dis mooi, meskien neem iemand ‘n foto en post op Facebook”, en wie se gedagte is “Is dit al wat jy kan doen,’ n drukkie gee? Jou kar is vol inkopies, jy kan ry en nog gaan koop, wat help ‘n druk nou eintlik vir haar honger maag?” So ek gee haar’ n brood en ry weg en weet nie hoe moet ek voel nie.

Ek dink my probleem is ek wil baie gee of beter goed gee maar eindig om die minimum te doen en gee. Soos die ryk mense met hul sakke goud in die Bybel tyd. Hulle gee om goed te lyk terwyl dit hulle nie eintlik traak nie. Is ek soos hulle? Ek dink so. Sommige sal sê dis genoeg dat jy gee, moenie nou top oor jou motivering nie. Maar ek dink dit maak vir God baie saak. Hy sê mos ‘Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief.’
2 KORINTIËRS 9:7 AFR83

Wow, daardie vers help baie! Gee soos wat ek goeddink, en voel dan goed daaroor. Stem jy saam met my parafrase?

Die Boodskap vertaling stel dit pleinweg: Gaan besluit nou self hoeveel julle wil gee. Moenie ’n klomp geld gee en dan na die tyd daaroor spyt kry nie. Moet ook nie verplig voel om iets te gee nie. Onthou wat die Bybel sê: God is lief vir mense wat hulle geld met blydskap weggee.
2 Korintiërs 9:7 DB

Ek sien nou eers iets raak. God het die gewer lief! Met my vuil houding en lelike gedagtes? Meskien het Hy geweet ons gaan so dwars voel, die een oomblik vrygewig en gaaf, die volgende nors en suinig. En Hy gee raad. En Hy sê of ons nou baie of min gee, as ons dit doen met ‘n smile, laaik hy dit! Nee, meer as dit, Hy LIEF sulke mense.

Die vrygewige gier het my nou beet, so ek gaan sakke vol maak terwyl ek so voel. En dan as ek klaar gegee het, kan my gewete darem stil bly vir’ n ruk. Ten minste tot die volgende keer dat iemand op my skouer huil van hongerte.