0

Gedigte

Sondae is my kreatiewe dae. ‘n Geleentheid om skeppend te wees. Dis so nodig liewe mammas om iets te doen wat afsonderlik ‘jy’ is. Natuurlik toe die babas klein was, was daar nie tyd vir dit nie. Mens slaap of stort of eet dan. Soms was ek te moeg om kos te maak vir myself maar te honger om te slaap. 🙈 Dit was rof!

Nou speel my tweeling soet saam. Die ouer kinders is almal bedrywig. Manlief speel op sy skootrekenaar. So ek kan bak of skilder of lees! Hoe lekker!

Ek laai die Poetry app af. Die een gedig inspireer my om self te skryf. Die gedig was ‘In School-days’ deur John Greenleaf Whittier. My eie gedigte kom nie naby die gehalte van die een nie. Die digter is meesterbouer van katedrale teenoor my modder huisie. Maar dis okay. Mens moet nie net verf as jy soos Van Gogh kan verf nie. Of kos maak as jy soos Jamie Oliver kan kook nie. Jy probeer jou bes en geniet dit wat binne jou lê. So hier volg die poësie wat ek vandag geskryf het.

We measure the wrong thing

We measure the months, the years, the days
To determine if he progresses or stays;
The tests will show us what we find
Surely what he writes on paper must be what is in his mind?

We ask if he can read or spell or write
And what must be done if he can’t.
We worry that he doesn’t seem so bright,
Don’t want him to end up like his aunt.

Why can other one’s read by 4 or 5 or 6
But this child seems to struggle?
What should we do to fix
This problem, so he won’t get into trouble?

No one sees his curious inspections,
How he stops to study an insect.
He is just dragged from class to extra lessons
Exam results: most important aspect.

His mom nags, his father scolds
This child will do as he is told!
Now come inside, it’s not time to play,
Finish your work and here you’ll stay!

~ Janet Kieswetter
9 February 2020

Daars Hoop vir Kinders

Die skerms, die druk, die arme goed!
Is daar dan nog hoop vir onse bloed?
Ek sê: Ja, daar is, moenie vrees nie.
Ons is nie al wie vir hulle omgee nie.

Soos saadjies ontkiem
en die grond wegstoot,
so breek die kinders
deur al die ongesonde roet.

Hulle arms strek uit,
hulle glimlag breed;
Dit vat meer as tonne huiswerk
om kinders te oorreed.

Die liefde vir speel en hardloop
Koers sterk deur hulle are.
Solank die son skyn en bome groei
Sal kinders baljaar in herfsblare.

Die teenmiddel vir werk is speel.
Tegnologie word weggespoel in die natuur.
Al wat ouers nodig het om te doen
Is een uur buite wees vir elke binneuur.

~ Janet Kieswetter

Wat is jou tuisskool dans?

Die laaste ruk voel ek so frustreerd met myself. Ek is behoorlik ‘all-over-the-place’. Ek het min riglyne, ek vat en ek los weer ‘n ding, maak niks klaar nie, weet nie wat my kinders aan die einde van die dag regtig geleer het nie. Ek voel baie ontevrede met myself.

Maar ek hoef net vir’ n paar sekondes te dink aan ‘n boks kurrikulum of vaste roetiene en dan weet ek; dis nie vir my nie. Ek gaan dit nooit kan volhou nie. My spontaniteit is my sterkte! Ek spog vir’ n vriendin hoe rustige persoon ek is; hoe ek maklik op die bank kan lê as ek moeg voel. Maar in werklikheid ry ek wipplank van emosies. Bly oor my een kind wat mooi werk, kry dan later skaam vir ‘n ander kind wat houding gooi voor gaste. Trots die volgende dag en dan totaal verslae net ure later. My meisies is nog nie tieners nie, maar die emosies en trane in die huis is reeds vollop! Ek weet nie hoe gaan ek cope oor ‘n paar jaar nie.

Dis SO uitputtend om so te lewe. Die innerlike worsteling van myself aanvaar of verander maak my moeg! Soos ek dink oor hoe ek moet maak, fluister die Here vir my oor dans! Die heen en weer getrek wat ek voel is soos die swaai van ‘n dans. En Hy wys my: elke tuisskool gesin het hulle eie tuisskool dans!

Die Rooi groep is die ballerinas! Hulle dans streng en met baie dissipline. Sjoe, ek het baie aansien vir die groep getroue dansers! Hulle werk baie hard! Hulle tone is soms blou en bloedig gedans en tog bind hulle dit net toe en gaan weer voort! Hulle hou hulle arms en hulle kinders se arms omhoog en hulle oë op die doel. En die konsert is ongelooflik indrukwekkend. Mamma, as julle ballet dans, wees baie trots op jouself!

Dan die oranje gesinne dans moderne ballet. Die kurrikulum is nog daar soos die kern bewegings van ballet. Die magies en boutjies moet knyp en die spiere is mooi intoom gehou. Maar daars sekere toelatings gegee soos voete wat nie heeltyd hoef te punt nie, maar soms flexxed mag wees. Julle dans is ook mooi en die moderne insette is welkome verrassings. Mammas wat moderne ballet dans, wees baie trots op julself!

Nou kom ons by die Jazz dansers. Julle gebruik gekoopte kurrikulum vir kern vakke maar voeg werkkaarte by en soek in biblioteke vir ander vakke se boeke. Julle dans het die ‘jazz’ hande. Uitgesprei en styf, tog vriendelik. Julle waai ‘n stok wat praat van daardie huishoudelike take en “chores” wat jul kinders so pligsgetrou doen en jul waai daai hoed by die uitstappies wat julle gewilde gaste by al die museums maak! Mammas wat Jazz dans, wees trots op julself!

Die Cha Cha is die dans wat ek dink ek doen. Daars nog stappe om te leer en boeke om te volg. Maar daars ruimte vir ‘n draai daai kant toe of die kant toe. Ek hou nog my kinders se hande vas maar die leiding is soms naby my en soms verder weg van my af. (Dalk is dit hoekom ek so deurmekaar voel oor hoe ek my kinders lei.) Dan gaan ons vorentoe en dan weer agteruit! Twee tree links en een weer regs! Maar ons is ‘in-tune’! Daars tog ritme hier en dit lyk seker mooi van buite af. Maar weet dat ons ook op mekaar se tone trap en dit voel dikwels of ons misluk. Mammas wat Cha Cha, wees ook trots op julself!

Die volgende pragtige danstyl is die Ierse tap dans! Die kliek van die skoene is die Wiskunde, Lees en Skryf wat pragtig elke dag gebeur. Kliek, kliek kliek maak die skoene se melodie. Die hande lê pap langs die lyf en die ouers voel hulle doen dalk nie genoeg nie maar daardie voete! Hulle beweeg so eegalig en ritmies en vinnig!! Dis die gesinne wat woerts deur die werk vlieg en die res van die dag tyd het vir hulle eie choreografie! En dan tap mamma, en dan tap die kinders. Die voorbeeld is gegee en die kinders kan duidelik en maklik volg! Mammas wat Tap dans, wees trots op julself!

Die style raak losser maar nie minder mooi of talentvol nie. Ek geniet om hip hop te kyk net soveel soos ballet! Die Hip Hop kinders dra bandannas of gekleurde hare. Hulle vertel hul ouers van cool apps en aanlyn kurrikulums wat hulle wil doen. Hulle leer hulself ‘n ander taal praat. Hulle volunteer om ander gesin se troeteldier op te pas. Hulle maak maklik geld. Hulle kan hoog spring of agteroorbuig en dit imposant laat lyk! Ouers wat Hip Hop dans, wees trots op julself!

Dan is daar Freestyle! Dis die Unschoolers onder ons. Die musiek is nie almal se smaak nie maar die dans bly verruklik! Dit trek jou in en hou jou aandag. Wow, hoe doen hulle dit? Dit lyk of hulle nooit ‘n boek optel nie maar hulle is dan so suksesvol! Hulle WEET net hoe om als te doen! Van wiel omruil tot huis versier tot boer! Hulle tree vroeg in hulle loopbaan in en dan wonder almal hoekom het hulle so geworry oor hûlle tuisskool pad! Freestylers, wees trots op julself!

Elkeen se dans los hulle moeg en sonder asem. Elkeen neem energie, fokus en passie! Daarom moet die applous groot wees! Daarom moet ons vir mekaar knik en glimlag, nie wonder of ons hulle move in ons dans moet sit nie. Ons moet mekaar se danse kan aanskou en beïndruk voel sonder om aan ons s’n te wil verander.

Kom terug na jou dans toe. Jou kinders warm nog op. Hulle staan gereed om jou choreografie te leer.

3

Klankland ~ Resensie

Erich Posthumus is baie bekend vir sy voltydse kinderbediening in ons land! Kinders oral het al saam hom gesing en dans, gelag vir sy snaakse stemme en grappige geluide maar ook diep hartsbesluite gemaak om Jesus vir ewig te volg. Nou het hy saam met Adriana Muller en haar gesin gewerk aan ‘n finominale produk wat leer lees ‘n fees maak!

Toe Erich hierdie produk in my hand sit, het ek sommer geweet, hierdie gaan ‘n kwaliteit produk wees! En dit het my verwagtinge oorskry!

Toe ek eers die advertensie daarvoor kyk, sien dit sommer op hul Facebook blad dink ek dadelik aan die Engelse Letterland met al die letter van die alfabet wat karakters is. Letterland het my nog altyd beïndruk en nou is daar ‘n Afrikaanse weergawe: Klankland!

Die eerste stel wat nou beskikbaar is, kom met 2 oudio CDs met stories oor 6 letters (A, T, K, I, M en S) en hulle karakters. Die stories is so oulik geskryf sodat jy oor en oor die letter hoor deur die loop van die storie. Byvoorbeeld, Arie soek appels tussen die asters.

My tweeling (nou 3 en ‘n half) het op my skoot kom sit en al 3 die episodes van ‘Arie soek sy maats’ saam met my geluister. Hulle aandag was heeltyd op die storie! Hulle wou nie hê dit moes ophou nie. 😄

Die klank van die CDs is ongelooflik goed met musiek, liedjies, stemme van ouers en kinders en byklanke wat jou help om jouself in die storie in te leef! Dis regtig top gehalte kwaliteit en die R350 verseker werd!

Klankland is’ n kinder-vriendelike, fonetiese, leer-lees program wat fokus op fonemiese en fonetiese bewustheid, woordeskat, en luisterbegrip. Die program bestaan uit interaktiewe klankstories in radio-kinderteater styl. Dit kom saam met ‘n klein boekie (handleiding) met vraagies oor elke storie wat die ouers die kinders kan vra om seker te maak dat hulle mooi geluister het.

Kinders wat na Klankland luister verbreë hulle woordeskat, verbeter hulle luister- en praatvaardighede asook hulle algemene kennis en kreatiewe denke!

Ek sou dit aanbeveel vir kleuters en voorskoolse kindertjies as inleiding tot klankies. Hoe meer hulle klankies hoor, hoe makliker gaan hulle later leer lees!

My 6-jarige het gevra of sy bietjie daarna kan luister en halfpad vra ek haar wat wil sy sê oor die stories wat ek in my resensie kan sit? Sy sê toe: “Ek dink ek weet wie die kroon en die koek gesteel het, dit was die kok!” Ek lag toe lekker en besef sy geniet die storie vreeslik baie!

Om die produk in die hande te kry, stuur ‘n whatsapp na 0834196262 en hulle sal met jou reël vir aflewering of Paxi.

11

My response to this very poor article in the Centurion Rekord titled: The Pros and Cons of Schooling at Home

The article

My response in an email to editorial@rekord.co.za
Dear Rekord

We as a homeschooling community (200 000 strong in South Africa) are perturbed by your very poor article titled: Pros and Cons of Schooling at Home, published in your Centurion Rekord on the 29th of November 2019.
I’ve been homeschooling my daughters for 6 years so I’d like to help set the rec[k]ord straight.
You list the Pros as follows: “It provides a place to better concentrate for learners with special needs when it comes to reading and writing.”
It certainly does help children concentrate on their learning when it is only them and their mom or siblings working in a room together. Homeschooling is wonderful for children with ADHD because they can bounce on a ball while they work or get up from time to time or work outside under a tree or jump on a trampoline while they answer their times tables. It’s also perfect for children with autism who don’t like the over-stimulation of a crowded classroom and noisy, disruptive children or a teacher that shouts or the sound of chalk on a blackboard. It’s true that home education is ideal for children with special needs like my daughter who I found was dyslexic. She found reading very stressful and could not keep up with the mainstream pace. Normal reading lessons were not suited to her differently-wired brain and so I got creative and taught her to read using unconventional methods and strategies. Early intervention and out-of-the-box ideas helped her to enjoy learning and reading and she now reads for pleasure. She was never stigmatized or labeled; never put in a special-needs class or school. No concessions were necessary for her to write tests or exams because I was there to go through any test with her. She is the most confident 12 year old I know! So yes, home education is great for children with special needs but not only those special children.
In fact all children benefit from the peaceful and supportive environment that home education presents. Gifted children also thrive because they can advance in their studies and select other subjects that interest them and graduate sooner than public school allows. Artistic children enjoy homeschooling because they can spend more time doodling and pursuing any art project that their hearts desire. Sporty children can spend more time on their sport and pursue their athletic goals any time of day because of homeschooling. Extroverted children love homeschooling because they can chat with the teacher all day or engage with the plumber, the gardener, the building contractor or any other person who happens to drop in without getting into trouble!
Your second advantage is listed as “There can be a higher standard of education and deeper concentration of the learner.” Yes, as stated in advantage number 1, we have established that home education is well-suited for concentration. Let me help you with some more advantages: Because of the ratio of one-to-one learning that home education provides, the parent can exactly pin-point the specific learning requirements of their child. They can discover what their child enjoys and finds interesting. They can provide them with more books on their favourite subject and incorporate that topic into other subjects. They can stand still on an area of work that they struggle in and source other worksheets or videos to explain that concept. There’s time to pursue a passion or area of interest. If a child has a love for Science for example, they can spend hours experimenting or learning about that particular subject matter. Every home educated child can become an expert in their chosen field of study before they graduate, perhaps for instance in journalism and then write and research articles better than the one that was written in this publication.
You are correct that the standard of education is a lot higher than most mainstream schools because homeschoolers can choose from any curriculum in the world! Internationally accredited courses are available to homeschoolers and not simply the CAPS curriculum that mainstream schools have to use. Online Master classes are used by home educated students as well as the cream of American curriculums. Homeschool parents spend hours researching a plethora of curriculums to select the one that would perfectly suit their child’s personality and learning style. So children are exposed to a variety of teachers, tutors and learning approaches from all over the world. My daughter once joined an online mathematics class taught by an American teacher (Outschool).
Your last advantage speaks to the negative influences that home educated children are shielded from: “Some negative influences may be absent including drugs, drinking and pornography.” Also bullying, bigoting, racism, sexual abuse, occultism, kidnapping, slandering, gossiping, cheating, stealing and swearing can be avoided.
I feel I need to address your disadvantages list because it is so grossly incorrect. The article states that Linda van Niekerk lists the disadvantages of homeschooling as “siblings who are taught together often have no friends but each other.” Even if this were true, I would count this as a wonderful advantage. My five daughters are the very best of friends. They share lots of time together, true, and so know each other very well. They understand their strengths and weaknesses and practice conflict resolution often. They know how to pursuade one another or calm each other down. They know how to appease their sister or make her laugh. They care deeply for each other and understand one another. I would certainly count the emotional intelligence that my children have learnt by being with their siblings every day as a big advantage!
They do, however, have many other friends as I do not keep them locked up at home. They have forged friendships at dance practice, drama and modeling lessons. Their best friend is Yeya who lives two houses away. My daughters visit at least once a week with other homeschoolers and then their interactions are for hours together, not 20 minute intervals.
Second disadvantage of schooling at home: “Children often don’t get the interaction and memories that comes with attending school outside the home.” Once again, the interaction speaks to the first disadvantage already discussed. So, I feel the speaker is grasping at straws by repeating herself. And then memories. Memories?! Is this really a disadvantage? What memories is Van Niekerk referring to? Good ones like taking part in a school play, or the Matric Dance? Homeschoolers have a thriving social network that provides all the ‘memories’ that one may want such as public speaking, sports events, drama concerts and even Matric dances. As mentioned in the previous point, homeschooled children do have friends so many ‘memories’ like crushes on boys and friends’ birthdays still occur.
Other memories that may be lacking are hours of free periods because the teacher was busy or absent; a teacher scolding you for homework not done; a class laughing at a mistake you made; having no friends to sit with at break time. Yes, homeschooled children won’t have these memories.
And finally: “These children are not given an opportunity to be a child.”
FACEPALM EMOJI.
I stuggle to address this point because it is EXACTLY what homeschooling DOES provide: an opportunity for children to be children.
Please in future, consult an actual homeschool, not an educational psychologist who has no children, when writing an article on homeschooling.
Yours sincerely
Janet Kieswetter
(home educating mom of 5 from Boschkop, Pretoria)
0

My skaam kind se drama konsert

My kinders is almal op ‘n wandelpad van waagmoed en self-vertroue. Ek het al geskryf van my oudste se voorspoed in haar menswees al is sy akademies agter haar portuurgroep.

Vandag wil ek skryf oor my 6-jarige se ontwaking en blom in self-vertroue die afgelope jaar.

Sy was nooit in ‘n speelgroepie of kleuterskool nie. Sy het die wonderlike voorreg en troos om in my skaduwee groot te word. Sy is 2013 gebore en ons het 2014 begin tuisskool, so sy sit saam ons in die klaskamer en teken en verf van kleintyd af.

Eintlik is sy glad nie skaam nie. Almal wie haar ken, weet hoe kan sy jou kop afpraat. Sy is ons bekkige kind. Sê die oulikste goed! En praat graag! Haar gunsteling woord is die Engelse een ‘literally’. Sy rol die l’e so lekker oor haar tong. “En mamma, ek het ‘literally’ gevoel ek gaan omval. Ek bedoel, daardie wind was ‘literally’ so sterk soos ‘n orkaan!” Ja, sy gebruik ook groot woorde. Wat ek nie geweet het sy ken nie. Haar geselsies laat my altyd glimlag.

Maar sy is skaam vir groot groepe mense en vreemdelinge. ‘n Huis vol mense onstig haar. Dan kruip sy bo weg by die TV. Of sy bars in trane uit en klou aan my. Dan is my babbelbekkie weg en daars ‘n onsekere babatjie op my skoot. Dis so normaal en algemeen vir kleintjies om so verbouwereerd te voel en tog voel ons as ouers soms verleë of ons wil hulle afstoot van ons skoot en vir mense wys wie one kind regtig is. “Sy het SO ‘n goeie woordeskat, sy is net nou baie skaam.”

Ek was so begin van die jaar. Die drama queen van my wil drama doen soos haar ouer sussie. Sy sien sooooo uit na haar eerste les. Sy praat non-stop daaroor die hele 2 weke voor die les. Ons tel die slaapies af. Sy en ouer sussie vra my om scenario’s vir hulle te gee wat hulle kan uitdramatiseer, in voorbereiding. Ek sê, ‘jy het nou net jou voet gestamp teen die bed en dis vrek seer’. Daar speel hulle toneel in die uiterste mate en dis skreeusnaaks. Of hulle is baie kwaad oor iets of hulle is spioene in Frankryk. So gaan dit aan. Ek voel seker dat die kinders van my uitgeknip is vir dramalesse!

Tot die dag aanbreek. Kleinsus sluit aan by groepie met net 5 ander maatjies wat ook 6 jaar oud of jonger is. Ek dink dis ideaal. Sy hak vas. “Daars so baie kinders!” (Ek wonder hoe sou sy in ‘n klaskamer vaar!) Sy klou aan my vas: “Mamma, moet my nie los nie.” Gelukkig sit ander mammas saam hulle kinders, so ek maak myself tuis.

Drama Juffrou Lily Albertyn is baie gaaf. Sy nooi al die maatjies om hulle naam te sê en hoe oud hulle is. My Tenike sê nie ‘n woord nie. Ek wag so bietjie en besluit toe ek antwoord maar vir haar. Sy het nie ‘n woord gepiep die hele klas deur nie!

Toe ons in die kar klim, vra ek wat dink sy. “Ek love dit!” jubel sy baie entoesiasties! Ek moes glimlag. Wel, dis seker goed.

Maar so gaan die stomheid aan. Week na week. Een week se les gaan oor om jou stem te projekteer. Sy luister elke keer so aandagtig, maar as dit kom by die praktiese uitvoering daarvan, weier sy volstrek. Al die ander maatjies skree en gil en oefen hulle stembande, myne bly sit langs my op die bank.

Soms kry sy moed om iets saggies vir Juffrou te fluister. Soms wag sy met ‘n briefie wat sy gemaak het en wanneer sy dit vir Juffrou gee (na die klas verdaag het natuurlik), praat sy lang sinne. Juffrou kan hoor daar is potensiaal!

Ses maande in die jaar en die ander maatjies se mammas kan hulle nou net aflaai. Hulle sit nie meer daar nie maar ek moet sit soos kiepie en saam drama doen. Ek probeer my kind oortuig dat ek sal buite sit in die kar en wag. Maar eers wil sy niks weet nie. Later is ousus goed genoeg verplasing vir mamma. Later mag ek sit in die kar maar nie weg ry nie. Maar elke keer hoor ek hoe LOVE sy drama! “literally love dit!” Haar gesiggie sprankel en oogies skitter! Sy doen altyd haar huiswerk soos sy by die huis aankom. Sy neem soveel trots in haar drama lêr. Hierdie is die foto aan die voorkant van die lêr.

Gekreukel met gebruik.

So begin die repetisies vir die drama konsert. Tenike is uit haar kassie uit van opgewondenheid! Sy ken haar twee ‘lines’ op die dag wat sy hulle kry. Sy oefen meer as honderd maniere om die sinne te sê.

Ek wonder of sy hulle op die verhoog voor ‘n gehoor sal kan sê. Want toe sy’ n gedig moes opsê in dieselfde saal vroeg in Augustus, kon sy nie. Sy ken haar poësie baie goed. Sy is goed voorberei, maar die senuwëe terg te veel en sy vou. Sy sê wel die gedig op alleen vir die drie beoordelaars toe die saal leeg was, na afloop van die Poësiedag. En sy kry goud!

Juffrou Lily doen baie goed om Tenike en al die kinders baie goed voor te berei vir die drama konsert. Die dag van die konsert, 15 November 2019, is die atmosfeer elektries! Ons daag vroeg op sodat hulle nog so paar keer deur kan hardloop. Tenike gee een kyk na die 120 stoele wat uitgepak is in die saal en bars uit in trane. “Daar gaan so baie mense wees!” Ek hou haar net styf vas op my skoot. Ek dink as sy geoefen het, sal sy beter voel. Ek besef sy moet uiting gee tot haar emosies. Sy mag skrik. Sy mag bang voel. En soos sy klaar huil, voel sy beter. Juffrou roep almal verhoog toe en grootsus Ilani, neem Tenike se hand en lei haar verhoog toe. Ek is so dankbaar vir Ilani! Sy is so liefdevolle, vrolike sussie. Ek ry weg en gee die repetisie kans.

Na make-up en hare lyk my engeltjie so.

Sy voel gereed en sien baie uit. Sy wil hê ek moet heel voor sit en videos neem vir al die Oupas en Oumas wat vêr bly.

Die konsert is getitel ‘Die Belegging’. Dit gaan oor die skat wat ons in die hemel moet opgaar eerder as op die aarde. Want diewe breek in en steel aardse besittings, maar ons dade van liefde en goedheid word soos goud gestoor in die hemel, waar dit nooit vergaan nie.

Hier is ‘n foto van die gehoor soos hulle sitplekke inneem.

Hier is die engeltjies wat kaarte speel in die hemel en wag dat hulle Mnr Smit iets doen of sê wat’ n goue baksteen verdien.

En hier is my skaam kind se vertoning

Ek het seker die videos al 20 keer gekyk. Ek kan nie glo dis my kind wat haar stem daar projekteer nie! Van stomgeslaan voor 5 maatjies, staan sy vorentoe en praat kliphard voor ‘n hele gehoor! Sy is AMAZING!

1

Pret met P!

Ek is altyd op die uitkyk vir kreatiewe maniere om letters en klankies te leer!

Hoekom moet dit vervelig wees? Ons werk tog met kinders en hulle geniet prettige goed! Hier is so paar idees vir die letter p. Om dit te klank, te skryf, te onthou!

Die pennetjies en pennetjie bord het op die vloer gele. Ek pak toe p uit en maak ook ‘n Patroon.

Pak’ n patroon p met pennetjies op die pennetjiebord.

Toe gaan soek ek p bestandele in die kombuis. En daar is Paprika, papaya, piesang en peer baba kossies, pizza en pannekoek! O, en Pink Pronutro!

Pak papaya pitte in die vorm van ‘n P

Peer en piesang baba pappies werk lekker vir vingertjies om te oefen en lek!

En nou vloei die idees:

6. Gooi pannekoek deeg in’ n pan in die vorm van ‘n P.

7. Skeur pink en pers papiere en plak hulle op’ n P letter geskryf op’ n papierbord.

8. Sny ‘n p in die pizza.

9. Plant Petunias in’ n potplant en verf ‘n p op die pot!

10. Pak wasgoedpenne in die vorm van’ n P! En pink poms in die vorm van ‘n P! Laat kleuter die pink poms poms met die pennetjies optel tot op die papier!

Kyk hoe baie p pak ek nou in’ n sin! 😉

0

Middeleue Tema

Die voorreg om te kan tuisskool oorweldig my soms soos ‘n geskenk wat te groot is om vas te hou. Soos n jong kind wat’ n reuse teddiebeer kry vir Kersfees wat groter is as sy. My binneste gil met blydskap die hele week oor die geskenk.

Maandag het ons voorberei vir ons Middeleue Dag wat ons Dinsdag sou hou. Janéy het die instruksies gevolg om n kruisboog te maak. Kom Dinsdag kon sy vir haar maats wys hoe en toe was daar baie kruisboë. En hulle kon goed skiet hoor! Instruksies hier.

Ilani (9) vra dat sy iets kunstigs wil maak. “Watse kuns het hulle in die Middeleue gemaak Mamma?” Ek dink en dink en skielik pop daar ‘n idee in my kop. Ek het afskiet lap en lapverf! Ek vra of sy’ n tapyt wil verf en sy was onmiddelik baie entoesiasties.

Ons het gekyk na kunsstukke van die Middeleue maar als het te moeilik gelyk om na te maak. So Ilani het ‘n oorspronklike skildery geverf.

Tenike (6) wou weet wat kan sy doen? Ons het karton wat ophoop. So ek sny vir haar’ n skild uit en verduidelik van familiewapens. Google gou tipiese skildembleme van die 12de eeu en sy verf toe haar eie.

(Die kinders dra swembroeke want dit was warm en hulle wou deur die sproeier hardloop. Ek sê toe hulle mag sodra ons hier klaar is.)

Die tweeling het geen Middeleeu-relevante werk gedoen nie maar die landkaart het hulle gefasineer.

Dinsdag was dit tyd vir maats en Middeleue Dag!

Ek het die kinders vertel van kasteel aanvalle en hoe stede hulself verdedig het en hoe soldate en ridders aangeval het. Ons het gesels oor die ware beleg op Jerusalem in die jaar 1099. Dit was die Eerste Kruistogte en die Christene het die Moslems en Jode in die stad vernietig! Ek het eers ‘n video van die beleg gekyk en toe kon ek dit vir hulle verduidelik met prentjies vanuit’ n biblioteek boek.

Toe moes die kinders blou en groen lappe uit ‘n boks trek. Die groen span was die verdedigers wat die kasteel sou bou en die blou span was die aanvallers wat die wapens moes bou. (Die lappe word toe vlae!) Almal was baie gretig om aan die werk te spring!

Ilani het n valhek gemaak vir die hoofhek. En Claudia het die mure geverf.

Die verdedigers moes’ n goeie plek kies om die kasteel te plaas. Ons het gesels oor die voordele van koppies, riviere en bome naby die kasteel. Dit was ook baie warm, so ‘n plek in die skaduwee was ook n vereiste.

Water om die boom het as’ n grag gedien. En dit definitief moeiliker gemaak vir die aanvallers om naby die kasteel te kom.

Die aanval span het lank gewerk aan ‘n toring gemaak van Lego wat langs die mure kon staan en veilig die soldate tot op die muur kry. Hulle het af en toe kom meet en besef hulle toring is nie naastenby hoog genoeg nie. Hulle bou toe’ n leer gemaak van roomys stokkies om die toring te verleng.

Die katapulte en kruisboë was wenners! Die pyle het so sterk geskiet dat hulle nogals gevaarlike wapens was! Die seuns was baie bly oor die nuus dat nie net klippe as wapens gebruik was nie, maar oor byekorwe en dooie diere karkasse was ook in die katapult (slingerskiet) gelaai en oor die mure gestuur. Hulle gebruik toe geel pom poms as byekorwe en rooi poms poms as karkasse. En die geluide wat saam die bomme gelui het was so van pas! 😀 So bly as seuntjie maatjies met my dogters kom speel, hulle maak dit verseker meer pret!

Ek het vir die verdedigers gewone olie gegee om oor die kasteelmure op hul vyande te gooi. Hulle het mooi uitgehou maar toe vind die aanvallers ‘n swakplek in hulle mure en daar bestorm hulle die hoofdeur. Toe was dit tyd vir die’ battering ram’, die stormram?. En die weermag breek deur die deur en vernietig die valhek ook. Maar die meisies staan gereed met hulle skild en swaard en daar is groot geveg met karton swaarde. Dit was als wat ek gehoop het sou gebeur!

Die volgende dag het ons gewerk aan wiskunde en ons Maaltafel skootboek. Sien die video daarvan hier.

Toe wou ek hê dat die kinders nou hul kennis moes neerskryf en op papier vaslê deur middel van ‘n skootboek.

Ek gebruik klomp verskillende bronne om die plakkaat-soort projek te maak. Een wonderlike bron inligting en prente was Rosa Scheepers se My Geskiedenis Avontuur. Die prys vir n jaar se geskiedenis is baie goed en sluit aktiwiteit idees, vrae en pragtige geskiedenis in storievorm vertel in. Glad nie vervelig nie!

Besoek gerus gaar webwerf http://www.myafrikaanseavontuur.co.za

Die ander boek wat baie handig ingekom het was die skat van Usborne boeke.

Ons kon van die plakkers gebruik om die skootboek te versier en verbeter!

Ek het ook goed afgelaai van die Internet en uitgedruk.

‘n Skootboek is inligting oor n tema op kreatiewe manier saamgesit in n lêr. Daar is lig-die-flappie boekies, koeverte met inligting in en ander soort mini-boeke. Janéy het byvoorbeeld die mini-boek gemaak van belegwapens. Ek druk toe die fotos uit van ons eie kruisboë en katapultte en sy plak dit in die boekie, wat dan in die skootboek geplak word.

So lyk die voorblad:

Binne

Ek het hierdie week die waarde van menself inleef in geskiedenis! Dis een ding om te leer van droë feite en gebeurtenisse, maar om jouself in te leef as ‘n hofknaap of ridder wat’ n kasteel aanval is soveel beter!

Natuurlik moet leer soveel pret wees! Oorlog speletjies is wat my kinders gaan onthou. 😀

5

Wat onthou jy van skool? Studie uitslae.

Ek het die week, (laaste week van Augustus 2019), ‘n vraestel op Survey Monkey geskep. Ek wou uitvind wat onthou volwassenes die beste van hulle skooldae.

Ek het 33 respondente gehad, baie dankie aan hul elkeen, en die uitslae het my nogal verbaas!

Ek het die vraag ‘Watse les onthou jy die beste van jou skoolloopbaan?’ ook gevra op my Facebook blad, Kieswetter Klaskamer. Daar het 85 mense gestem. Maar daar was net 2 opsies. (Ek kon nie meer opsies maak nie. Twee is die limiet.) Dertig het gesê hulle onthou iets wat hulle verstaan het. En 55 sê hulle onthou iets wat baie prettig was.

Ek wou meer uitvind hieroor. Want as ek kan vasstel wat mense onthou, dan kan ek daarop fokus in my tuisskool.

Sekerlik as ek sien dat prettige aktiwiteite mooi vasplak in mense se geheue, gaan ek meer tyd aan fun goed spandeer!

En my ander teorie was, dat die juffrou ‘n groot rol speel in wat mens gaan onthou. Want EK onthou dinge wat gunsteling onnies vir my gesê het. Eintlik besef ek nou dat dit nie juis in n les of werk konteks gesê was nie. Dit was meer persoonlik vir my gesê. Woorde van tugting of bemoediging. Wyshede. Toe geniet ek daardie vak. Want ek hou van die onnie.

Maar ek wou fokus op skoolWERK. Sou die gawe onderwyser jou help om die werk beter te onthou?

Daarom my vraestel. Hier is die resultate:

Op die vraag: Waste les onthou jy die beste van jou skool loopbaan?

Watse les onthou jy die beste van jou skool loopbaan?

Die meederheid het toe gesê dat dit iets waarin hulle self belangstel!! Mense, hierdie uitslae wys na die waarde van ‘child-led learning’ en die unschooling beweeging. Net EEN persoon onthou iets wat baie prettig was. Aaaaaah! So al my speletjies en pret is meer vir myself as my kinders. Want hulle gaan die les nie noodwendig onthou nie! 🙃🙈 (Meskien was daar nie baie prettige lesse in die toetsnemers se skooldae nie? Meskien was hierdie onnies van oud se lesse verskriklik droog en vervelig. Dit moet ek ook onthou.)

Iets prakties het getel vir meer. So bak en brou lesse, bou en ontwerp lesse, naaldwerk, konstruksie, chemie en biologie waar hul eintlik die eksperiment self DOEN gaan help dat kinders die werk onthou.

Die een wat my meeste uit die veld geslaan het is ‘Die les deur ‘n onderwyser van wie ek gehou het’. Net 9 respondente kies die een. Op nadere ondersoek, sê hulle:

As die onderwyser gaaf en vriendelik was en van my gehou het was ek kalmer en kon meer konsentreer.
Ek het 2 onderwyseresse tussen graad 1 en destydse standerd 2 gehad wat ek nie van gehou het nie en ook nie veel kan onthou van daardie jare se leerwerk nie.

My matriek Wiskunde onderwyseres het in my geglo en my met respek en motivering so behandel. Sal haar vir altyd onthou asook haar lesse en omgee.

My een of twee mees geliefde onderwyseresse, het na ons opinies en gedagtes geluister, en hulle lesse interessant gemaak deur al ons sintuie te betrek. Op hierdie manier het hulle verseker dat ons van hulle gehou en hulle geniet het.

Ja, baie van my onderwysers het my geïnspireer en gemotiveer. Ek was egter lief om te leer, selfs in die simpel onderwysers se vakke.

Ek het baie van die vak gehou, maar nie baie van die onderwyser nie.

Hierdie en ander antwoorde laat my dink dat vir party van ons is verhouding met ons juffrouens van meer belang as ander. Dit hang maar af van persoonlikheid.

Die wenresep lyk my is soos volg: my kinders kies die leerinhoud, ek swot dit op en word passievol daaroor en help hulle om dit te leer in ‘n praktiese, prettige manier! 😀

Wat was jou gunsteling deel van skool?

Hoe harsteer dat 5/32 mense skool gehaat het! Dis 15%. As jou kind skool haat, oorweeg asseblief ‘n ander skool, kothuis skool, aanlyn onderwys, tutor, of indien moontlik, tuisskool!

Ook die vraag bo wys na belangstellings. Waarin die persoon belang gestel het as kind, is dit wat hulle die meeste geniet het.

Ek dink die opname het my werklik laat besef dat ek moet luister as my kinders sê hulle wil iets leer. Want dan is hulle nuuskierig en gemoetiveerd om dit te leer!

Ja, terwyl hulle jonk is, is daar goed wat hulle MOET leer. Maar kyk of jy hulle belangstellings kan gebruik om die les lekkerder te maak. By voorbeeld, ek het ‘n tuisskool mamma ontmoet wie se 5-jarige seun dol is oor dinosourusse. Hy teken 15 per dag sê sy. En nou dat die ouer boetie en sussie geleer het oor spysvertering en die liggaam, teken hy die dinosourus se spysverteringstelsel! 😀

My vierde vraag was: “Sou jy sê dat wat jy onthou van skool van kardinale belang is om te weet? Verduidelik asseblief hoekom jy ja of nee sê.”

Helfde het ja gesê en die ander helfde het nee gesê. Die gevoel was dat sekere basies beginsels is nodig om te leer, en dat skool mens help en voorberei vir jou toekoms. Tog het baie gesê dat hulle niks nou gebruik wat hulle geleer het nie en dat hul als wat hulle nou moet weet, self moes opswot.

So leer jou kinders hoe om te leer. Hoe om te soek vir inligting en dit te interpreteer. By voorbeeld, my man het die Afrikaanse weergawe van Catan gekoop. Baie lekker bordspeletjie maar ons was nie lus om die reëls te lees nie. So Pappa sê hulle moet ‘n You Tube video kyk van hoe om te speel en vir ons kom verduidelik. Hulle kom toe later terug en verduidelik die reëls aan ons. Dit het uitstekend gewerk! Hulle was so gretig en opgewonde om ons te vertel, en hulle moes nou in hulle eie woorde dit verduidelik. Goeie spraak oefening ook!

Ek sluit af met die aanhaling deur John Holt: “It is as true as it was then that no matter what tests show, very little of what is taught in school is learned, very little of what is learned is remembered, and very little of what is remembered is used. The things we learn, remember, and use are the things we seek out or meet in the daily, serious, nonschool parts of our lives.” (How Children Fail)

1

Luister mooi Afrikaanse stories aanlyn!

Afrikaans is so ‘n mooi taal! En ons wil dit aan ons kinders oordra. Baie buitelanders kan nie so maklik Afrikaanse boeke bekom nie, daarom soek ons aanlyn opsies!

Ek het die voorreg om twee aanlyn storie webwerwe te besoek, bepeins en bemark! LUISTERVINKSTORIES EN ANNA EMM POD 😀

Luistervinkstories

As tuisskool mamma van 5 kinders, het Hannekie Verwoerd die waarde van voorlees vroeg-vroeg gesien. Maar meer as dit, is Hannekie ‘n ervare spraak- en taalterapeut. Sy sê op haar webblad dat om vir jou kinders voor te lees onsettend baie help vir hulle taal ontwikkeling en later lees- en skryfvaardighede. Mens kan mos nie woorde skryf wat jy nie ken nie! Hannekie glo dat die epidemiese afmetings wat leesprobleme in die afgelope jare aangeneem het, gestuit en omgekeer kan word as daar meer aandag geskenk kan word aan jong kinders se taal ontwikkeling.

So hoe lees besige ouers meer storieboeke vir hulle kinders voor? Hulle sluit aan by Luistervinkstories waar hulle ‘n hele biblioteek vol pragtige, lewendige stories het tot hul beskikking! Hannekie kies taalryk en klassieke stories en fabels. Skrywers soos Freda Linde, CJ Langenhoven en die Broers Grim verleen tot vindingryke Afrikaanse stories wat net soveel leer as vermaak!

Hannekie het ‘n video biblioteek, waar kindertjies die prente van die boek kan sien terwyl hul luister na die storie asook’ n audio biblioteek met hoofstuk boeke (soos Maja se Avonture) sodat kinders langer verhale lekker kan luister. Sy het ook slim die stories in tydafdelings verdeel vir jong luisteraars (korter as 5 minute), die wat 5-9min wil luister of ouer kinders wie graag langer as n 9 minute wil luister en kyk (die videos stories wys die prente in die boek).

Hannekie laai gereeld nuwe stories op die webblad, so die maandelikse subskripsie van R80 is uit en uit die geld werd! Sluit nou aan by Luistervinkstories https://luistervinkstories.co.za/kontak-ons/ of epos Hannekie by luistervinkstories@gmail.com

Anna Emm Pod

NUUT!! DIE ANNA EMM POD!

Stream meer as 120x kinderstories live of laai die MP3’s af na jou device.

Registreer nou gratis by http://www.annaemmpod.co.za en ontvang 4x gratis stories om af te laai!

Ek was ook baie bevoorreg om 5 stories vanaf Anna Emm se nuwe potgooi webwerf as geskenk te kry! Een CD vir elkeen van my kinders.

My dogters het gekyk na die CD covers (al die stories is mos op CD beskikbaar en nou laai Anna al die stories op die webwerf sodat hulle aanlyn beskikbaar is.)

My dogters het soos volgende gekies:

Janéy: Speurder Morris Muis

Ilani: Vier Konings

Tenike: Lievelant

Michaela: Haai Sies, Jy Jok!

Nivea: Siebert Trapsuutjies

(Michaela sing graag Baby Shark doe doe doe doe, so sy het dadelik van daardie haai prentjie gehou. 😉)

Die stories is so kleurvol soos die voorbladprentjies verklap. Anna Emm is ‘n begaafde skrywer en die plotte en komplotte is so snaaks en interessant, dit strek jou kind se verbeelding tot by die sterre en verby!

Anna maak gebruik van talentvolle stemme om die stories te lees. Kunstenaars soos Anna-Mart van der Merwe and Anrich Herbst is van die beroemdes wie vir haar voorlees.

Anna sê dat sy al 3000 van haar stories mettertyd gaan oplaai op die webblad so almal gaan moeilik kies en keur tussen die skatte!

So tussen Luistervinkstories en Anna Emm Pod is ouers bederf met massas stories! Om na te luister op lang of kort reise, terwyl julle kuns doen of net saam snoenig lê in die bed en weggevoer word saam karakters op asemrowende avonture.

0

Foute Help jou Groei!

Ek wil graag met julle deel oor ‘n les wat ons die week in ons Kieswetter Klaskamer geleer het.

My oudste dogter het mooi gewerk aan haar wiskunde. Dit was’ n maklike bladsy. Sy moes eers die antwoord van die som skat en dan dit met haar sakrekenaar uitwerk. Dis mos pret! 😀

Die skatting het verander in ‘mental maths’ waar sy eers die som in haar kop vinnig uitgewerk het. Sy het haarself uitdegaag om so naby as moontlik aan die korrekte antwoord te kom. Die eerste groep somme was plus somme maar die tweede groep was minus. Sy werk so lekker en word so opgewonde oor haar skattings wat dikwels in die kol is, dat sy nie die klein minus teken sien nie. ‘n Fout wat ons almal al gemaak het. Sy werk al die somme soos plus somme uit. Toe tel sy hoeveel antwoorde het sy presies reg uitgewerk. Die skat kolom het 13 korrekte antwoord soos die sakrekenaar kolom. Sy spring op en roep na my, baie opgewonde en trots op haarself. “Kyk Mamma! Ek het 13 somme reg geskat! 😀”

Ek wens haar reeds geluk voordat ek haar fout raaksien. Ek gee haar ‘n druk en sê hoe slim sy is om dit so in haar kop uit te gewerk het! Sy gloei met blydskap!

Iets trek my aandag toe af en ek help eers’ n ander sussie. Ek gaan terug en merk Janéy se werk so rukkie later. Daar sien ek dat so 20 somme als verkeerd is. Die eerste lot optelsomme was reg en toe gaan sy aan om te plus en kry die tweede helfde verkeerd. Daar waar sy vir haarself reeds geskryf het: 13 reg! Ek besef dis so ‘n algemene fout. Ek roep haar en sê: “Aaah Liefie, jy het nie gesien hierdie is minus somme nie. Mmmmm… toemaar, maak al die minus tekens net plusse! Ek gaan nie jou vra om als weer oor te doen nie. Jy het so mooi gewerk hieraan.” Haar gesig val maar lyk weer vrolik oor my plan. Sy trek n vertikale strepie oor die ➖ sodat hulle almal nou ‘n ➕ is. Daarsy! Probleem opgelos. Ons gaan aan met ander werk.

Daardie nag is ek 2:30 wakker vir’ n 3 jarige wie my soek. Sy wil hê ek moet by haar sit. Soos ek sit is ek op my foon soos gewoonlik. Ek kyk na die Big Life Journal wat nou op spesiale aanbod is. Slegs $22 en mens kry The Kindness Kit pdf saam! Ek sien dat die dagboek eers middel Julie uitkom maar pos nie na Suid-Afrika nie. My jongste broer bly in Chicago en kom kuier in Augustus vir ons. So ek oorweeg om die dagboek na hom toe te pos. Gaan dit betyds by hom arriveer voor hy vlieg? Daar is preview bladsye van Big Life Journal. Ek blaai deur hulle. Dit lyk SO goed!

Dit tema is ‘growth mindset’ en al die waardes en woorde in die boek is positief en motiverend! Die een oor foute spring na my uit.

My kindjie slaap weer en ek gaan klim terug in my snoesige bed. Ek lê wakker en dink aan Janéy se wiskunde foute van die vorige dag. My houding was so vrolik en ontspanne. ‘Ons maak dit maklik reg om ons te pas.’ Dit het my laat dink aan my awesome pa. Hy was so met my bestuurderslisensie. Hy het my geneem vir lesse in n klein geleënde kar. By Waltloo. Baie van julle sal dadelik daardie toetsgronde in jul verbeelding kan sien. Ons oefen die handbriek wegtrek op die opdraende en die parkering by die parkeerarea. Als gaan so goed. My pa het hope geduld!

Ons kom by die robot en dis swart en af. Lyk stukkend. Ek en my pa neem dadelik aan dat die robot af is daardie dag maar gewoonlik ‘n kleur sal wys. Dalk is die krag net af? Hy help my deur om te sê ons kan maak of dit groen is. Ek ry stadig reguit oor die robot. Ons kom by nog een en die keer sê hy ‘dis rooi!’ al is daar geen liggie wat skyn nie.

So ‘n dierbare fout om te maak. My pa, in sy begeerte om my te help, vergeet wat ek moet doen by’ n stukkende robot: dit benader soos ‘n 4-rigting stop! Ek moes ook geweet het! (Het darem my leerling lisensie eerste keer gekry!) Maar kom toets dag en ek wag vir my toetsnemer meneer om vir my die kleur van die robot te sê! Ek ry al hoe stadiger na die robot toe en vra hom selfs, “What colour is the robot?” 🙈 Maar hy staar botstil voor hom en sê niks vir my nie. So ek ry stadig deur die robot en dop my toets!

Ek het eintlik by die tweede robot onseker gestop maar my examinator sê dat om deur die robot te ry is dadelik ‘n faal. Hoekom het ek by die tweede een gestop maar nie by die eerste robot nie, wil hy weet. Ek is te teleurgesteld en skaam om iets te sê. Die trane lê vlak.

My pa het natuurlik baie sleg gevoel. Die besef tref hom soos’ n ton bakstene. Ai, dis mos ‘n 4-rigting stop! Ons tel maar ons moed op en ek skryf/ry die toets weer en ek kry my lisensie. Ek kan jou nou sê dat ek nou altyd stop by’ n stukkende robot! Niks gaan my deur dit laat ry nie! So, les geleer.

Ek dink aan my dogter en hoe baie eksamens sy nog het wat voor haar lê. Ek wil nie hê dat sy ooit daardie somteken fout in ‘n eksamen moet maak nie. So ‘n eenvoudige, maklike foutjie om te maak, maar ook een waarvoor sy mooi moet kyk. ‘n Plus of ‘n minus sal ‘n groot invloed op die res van die som hê. So ek besef ek gaan haar moet reghelp.

Die volgende dag roep ek haar en haar sussies (die 9 en 6 jarige 🙂 nader. Ek vertel hulle van my bestuurderslisensie toets. Hoe my pa vinnig die situasie ge’fix’ het maar toe leer ek verkeerd. Ek sê vir Janéy dat ek gister gesê het dat sy al haar ➖ somme in ➕ e kon verander. Maar dat sy nou nie haar les sou geleer het nie. Ek wys vir haar hierdie plakkaat:

Ek sê toe vir haar dat ek verstaan dat sy baie opgewonde was om so baie somme reg te gekry het maar ongelukkig leer sy dan nie om mooi te kyk na die somteken nie. Daarom gaan ek haar vra om alles uit te vee en die somme oor te doen. As aftrek somme die keer. Sodat sy op die harde manier leer om versigtig te kyk. Sy het verstaan en die uitveër gaan soek. (Dis altyd weg!)

Vandag is ek dankbaar vir my pa se fout, want toe leer ek ‘n belangrike les. En kon dit vir my dogter leer. En ons almal groei nog vanuit ons foute.