Wat onthou jy van skool? Studie uitslae.

Ek het die week, (laaste week van Augustus 2019), ‘n vraestel op Survey Monkey geskep. Ek wou uitvind wat onthou volwassenes die beste van hulle skooldae.

Ek het 33 respondente gehad, baie dankie aan hul elkeen, en die uitslae het my nogal verbaas!

Ek het die vraag ‘Watse les onthou jy die beste van jou skoolloopbaan?’ ook gevra op my Facebook blad, Kieswetter Klaskamer. Daar het 85 mense gestem. Maar daar was net 2 opsies. (Ek kon nie meer opsies maak nie. Twee is die limiet.) Dertig het gesê hulle onthou iets wat hulle verstaan het. En 55 sê hulle onthou iets wat baie prettig was.

Ek wou meer uitvind hieroor. Want as ek kan vasstel wat mense onthou, dan kan ek daarop fokus in my tuisskool.

Sekerlik as ek sien dat prettige aktiwiteite mooi vasplak in mense se geheue, gaan ek meer tyd aan fun goed spandeer!

En my ander teorie was, dat die juffrou ‘n groot rol speel in wat mens gaan onthou. Want EK onthou dinge wat gunsteling onnies vir my gesê het. Eintlik besef ek nou dat dit nie juis in n les of werk konteks gesê was nie. Dit was meer persoonlik vir my gesê. Woorde van tugting of bemoediging. Wyshede. Toe geniet ek daardie vak. Want ek hou van die onnie.

Maar ek wou fokus op skoolWERK. Sou die gawe onderwyser jou help om die werk beter te onthou?

Daarom my vraestel. Hier is die resultate:

Op die vraag: Waste les onthou jy die beste van jou skool loopbaan?

Watse les onthou jy die beste van jou skool loopbaan?

Die meederheid het toe gesê dat dit iets waarin hulle self belangstel!! Mense, hierdie uitslae wys na die waarde van ‘child-led learning’ en die unschooling beweeging. Net EEN persoon onthou iets wat baie prettig was. Aaaaaah! So al my speletjies en pret is meer vir myself as my kinders. Want hulle gaan die les nie noodwendig onthou nie! 🙃🙈 (Meskien was daar nie baie prettige lesse in die toetsnemers se skooldae nie? Meskien was hierdie onnies van oud se lesse verskriklik droog en vervelig. Dit moet ek ook onthou.)

Iets prakties het getel vir meer. So bak en brou lesse, bou en ontwerp lesse, naaldwerk, konstruksie, chemie en biologie waar hul eintlik die eksperiment self DOEN gaan help dat kinders die werk onthou.

Die een wat my meeste uit die veld geslaan het is ‘Die les deur ‘n onderwyser van wie ek gehou het’. Net 9 respondente kies die een. Op nadere ondersoek, sê hulle:

As die onderwyser gaaf en vriendelik was en van my gehou het was ek kalmer en kon meer konsentreer.
Ek het 2 onderwyseresse tussen graad 1 en destydse standerd 2 gehad wat ek nie van gehou het nie en ook nie veel kan onthou van daardie jare se leerwerk nie.

My matriek Wiskunde onderwyseres het in my geglo en my met respek en motivering so behandel. Sal haar vir altyd onthou asook haar lesse en omgee.

My een of twee mees geliefde onderwyseresse, het na ons opinies en gedagtes geluister, en hulle lesse interessant gemaak deur al ons sintuie te betrek. Op hierdie manier het hulle verseker dat ons van hulle gehou en hulle geniet het.

Ja, baie van my onderwysers het my geïnspireer en gemotiveer. Ek was egter lief om te leer, selfs in die simpel onderwysers se vakke.

Ek het baie van die vak gehou, maar nie baie van die onderwyser nie.

Hierdie en ander antwoorde laat my dink dat vir party van ons is verhouding met ons juffrouens van meer belang as ander. Dit hang maar af van persoonlikheid.

Die wenresep lyk my is soos volg: my kinders kies die leerinhoud, ek swot dit op en word passievol daaroor en help hulle om dit te leer in ‘n praktiese, prettige manier! 😀

Wat was jou gunsteling deel van skool?

Hoe harsteer dat 5/32 mense skool gehaat het! Dis 15%. As jou kind skool haat, oorweeg asseblief ‘n ander skool, kothuis skool, aanlyn onderwys, tutor, of indien moontlik, tuisskool!

Ook die vraag bo wys na belangstellings. Waarin die persoon belang gestel het as kind, is dit wat hulle die meeste geniet het.

Ek dink die opname het my werklik laat besef dat ek moet luister as my kinders sê hulle wil iets leer. Want dan is hulle nuuskierig en gemoetiveerd om dit te leer!

Ja, terwyl hulle jonk is, is daar goed wat hulle MOET leer. Maar kyk of jy hulle belangstellings kan gebruik om die les lekkerder te maak. By voorbeeld, ek het ‘n tuisskool mamma ontmoet wie se 5-jarige seun dol is oor dinosourusse. Hy teken 15 per dag sê sy. En nou dat die ouer boetie en sussie geleer het oor spysvertering en die liggaam, teken hy die dinosourus se spysverteringstelsel! 😀

My vierde vraag was: “Sou jy sê dat wat jy onthou van skool van kardinale belang is om te weet? Verduidelik asseblief hoekom jy ja of nee sê.”

Helfde het ja gesê en die ander helfde het nee gesê. Die gevoel was dat sekere basies beginsels is nodig om te leer, en dat skool mens help en voorberei vir jou toekoms. Tog het baie gesê dat hulle niks nou gebruik wat hulle geleer het nie en dat hul als wat hulle nou moet weet, self moes opswot.

So leer jou kinders hoe om te leer. Hoe om te soek vir inligting en dit te interpreteer. By voorbeeld, my man het die Afrikaanse weergawe van Catan gekoop. Baie lekker bordspeletjie maar ons was nie lus om die reëls te lees nie. So Pappa sê hulle moet ‘n You Tube video kyk van hoe om te speel en vir ons kom verduidelik. Hulle kom toe later terug en verduidelik die reëls aan ons. Dit het uitstekend gewerk! Hulle was so gretig en opgewonde om ons te vertel, en hulle moes nou in hulle eie woorde dit verduidelik. Goeie spraak oefening ook!

Ek sluit af met die aanhaling deur John Holt: “It is as true as it was then that no matter what tests show, very little of what is taught in school is learned, very little of what is learned is remembered, and very little of what is remembered is used. The things we learn, remember, and use are the things we seek out or meet in the daily, serious, nonschool parts of our lives.” (How Children Fail)

5 thoughts on “Wat onthou jy van skool? Studie uitslae.

Leave a comment